Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Johannes 20:19-31 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Johannes 20:19-31 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Johannes 20:19-31 PowerPoint agtergrond
Abstract light, die eiendom van Sebastian Dooris. Foto is geneem op 25 November 2010 met ‘n Olympus E-3. Kopiereg nie ter sprake- publieke domein. Dit is beskikbaar by Of Titel: “hand”, die eiendom van spazbot29. Foto is geneem op 26 Mei Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Dit is beskikbaar by Johannes 20:19-31

2 Titel: “hand”, die eiendom van spazbot29. Foto is geneem op 26 Mei Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Dit is beskikbaar by Johannes 20:19-31

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede F230. Ek het vir die Heer gesê (Here U Is My Lewe) [Psalm 16] of Psalm 16 (Krog Beryming) Votum Psalm 16 1 Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U. 5Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 6’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. 7Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. 8Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. 9Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig. 10U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie. 11U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Seëngroet Die Here groet julle vanoggend soos Jesus sy dissipels kort na sy opstanding gegroet het: “Vrede vir julle!” Lofsang F358. Koning van die Konings (Niemand Soos Hy) of Lied 421 Die Here Jesus lewe Toe-eiening 3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop 4op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. 6Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 8–9Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap. Geloofsbelydenis Voorganger: Jesus sê aan ons soos vir Tomas: Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar gelowig. Gemeente: My Here en my God! Kom ons twyfel tegemoet soos vir Thomas (uit Joh 20:27, 28). (Uit Bybelmedia se Woord en Fees ) Lied 499 Die Heer is God, en niemand meer God nooi ons uit en ons kom tot rus

4 God praat met ons en ons luister
Gebed Lied 178 Dona nobid pacem Skriflesing Johannes 20:19-31 Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

5 Johannes 20:19-31 Fokusteks: Johannes 20:19-31
Jesus verskyn aan sy dissipels (Matt 28:16–20; Mark 16:14–18; Luk 24:36–49)  19Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: "Vrede vir julle!" 20Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. 21"Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook." 22Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: "Ontvang die Heilige Gees! 23As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie." 24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: "Ons het die Here gesien!" Maar hy sê vir hulle: "As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie." Jesus en Tomas 26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by julle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: "Vrede vir julle!" 27Daarna sê Hy vir Tomas: "Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig." 28En Tomas sê vir Hom: "My Here en my God!" 29Toe sê Jesus vir hom: "Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo." 30Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. 31Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. Johannes 20:19-31

6 Familie-oomblik Familie-oomblik
Onthou, dis nie altyd nodig om ‘n “lessie” uit ‘n teks te haal nie. Kinders moet gewoon die Bybel leer ken! ‘n Paar lesers wat vandag se teks as verskillende karakters lees, kan goed werk. Carolyn Brown sê: The story of Thomas is important to children who already ask lots of questions about everything and to those who will ask deep questions as they get older. If we want to encourage children to ask their questions, we must not label Thomas a doubter. No amount of explaining can make doubter into a positive adjective – especially in this story. So describe Thomas as a curious person who wanted to see for himself what others had already seen. Recall what it is like when everyone is talking about an exciting event that you were not at. Insist that Jesus welcomed Thomas’ questions and ours. There is no honest question God/Jesus cannot handle. Sy stel dan voor dat jy vandag vraag-Sondag maak. Nooi mense om vrae te vra – verbaal of op papiertjies. Lees die vrae. Brei uit deur nog verwante vrae by te voeg. Vier die vrae. Moenie vrae antwoord nie – selfs al kan jy. Beloof eerder om dit in die volgende weke te hanteer. Hier is heerlike aktiwiteit-bladsye, inkleurprente ens, wat jy kan uitdeel vir kinders om tydens die preek in te vul. Familie-oomblik

7 Twee maniere van glo… Preekriglyn
Hoe is dit moontlik dat ons vandag in die opgestane Here Jesus kan glo? Johannes vertel in ons teks daar is twee maniere waarop mense kan glo: eerstens deur Jesus direk en persoonlik te ontmoet, te sien en selfs aan Hom te raak. Dit is die manier waarop Maria, Petrus, Johannes en ook die twyfelende Thomas leer glo het. Sedertdien is daar miljoene mense wat nie die voorreg het om in die binnekamer saam met pas opgestane Jesus te wees nie, op "daardie Sondagaand", die aand van die eerste dag waarop Hy opgestaan het, waarvan ons in ons teks lees nie. Hoe kom mense soos ons dan tot geloof? Johannes skryf in verse 30-31: "Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê" (20:30, 31). Ons teks bestaan uit twee episodes: eers die ontmoeting tussen Jesus en sy dissipels op die Sondagaand van sy opstanding uit die dood. Die tweede episode is 'n week later wanneer Thomas Jesus ontmoet. By albei hierdie geleenthede kom mense tot geloof in Jesus. Jesus sluit ons teks af met 'n saligspreking: Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.(29). Hy praat oor ons. En oor hoe ons tot geloof kom. Twee maniere van glo…

8 Eerste episode: Die bovertrek
Die eerste Sondagaand na die opstanding is die dissipels bymekaar. Die deure is gesluit, want hulle is bang vir vervolging deur die Jode. Vrees vul die lug. Daar is ook ongeloof in die lug, want hulle het nie geweet wat om te maak met berigte dat Jesus vroeër die dag uit die dood opgestaan het nie. Dis nie net die deure wat toe is nie. Die dissipels se harte en hulle geloofsoë is ook toe, dig gesluit. Hulle is verward en vol vertwyfeling. In hierdie geslote, vreesagtige ruimte verskyn Jesus plotseling. Hy het nie die deure nodig om binne te kom nie. Sy teenwoordigheid oorskry alle menslike beperkinge, vrees, pogings om weg te kruip en jouself van die omgewing af te sluit en te beskerm. Te midde van hierdie angs bring Jesus vrede. Twee keer sê Hy: "Vrede vir julle!" Vrede, shalom, was die gewone manier waarop Jode mekaar gegroet het. Hier is vrede veel meer as net 'n gewone groet. Jesus sê nie net "goeienaand" nie, maar deel werklik die diepste vrede van God met hulle. Dit is 'n roerende toneel. Die dissipels is verward en deurmekaar. Maria het vir hulle gesê sy het die Here gesien (18), en hulle weet nie wat om daarvan te maak nie. Dalk is hulle bang dat Jesus hoegenaamd aan hulle sal verskyn. Hulle het Jesus kort tevore verloën, gevlug toe Hy gevange geneem is, hulle moed het hulle totaal begewe en hulle wou net wegkruip tot dinge oorgewaai het. Hulle was bang vir die Jode, maar dalk amper net so bang vir Jesus. Skielik staan Jesus daar tussen hulle. Hulle hou asem op, die spanning is tasbaar. Die dissipels wonder wat kom volgende. Is dit nou die oomblik van afrekening? Dan sê Jesus: "Vrede vir julle!" Daar is geen teken van verwyt of sarkasme nie. Verrassend! Dalk was die enigste geluid die dissipels wat 'n gemeenskaplike sug van verligting slaak. Eerste episode: Die bovertrek

9 Twyfel en versekering Twyfel en versekering
Net soos in Matteus 28:17 is hier ook ongeloof aanwesig in die blye weersiens. Is dit regtig Jesus? Soos in ander vertellinge oor Jesus se verskyning na sy dood, bly twyfel aanwesig. Blote sien is nie genoeg nie. Sensitief vir die dissipels se behoefte aan versekering, wys Jesus vir hulle sy hande en die wond in sy sy. Dit word nou duidelik Jesus is nie 'n gees, 'n verbeeldingsvlug of 'n hallusinasie nie. Dit is die Gekruisigde wat nou liggaamlik hier voor hulle staan. Hy dra steeds die wonde van sy dood met Hom saam, maar Hy lewe nou! Die opgestane Jesus is steeds die gewonde Jesus, al lewe Hy nou weer omdat God Hom lewend gemaak het. Daar is 'n verband tussen sy wonde en sy nuwe lewe. Dit hou diep troos in vir ons wat ook worstel met wonde en liggaamlike gebrokenheid. Die opgestane Jesus weet wat dit beteken, en dra ons wonde waarvoor Hy vir ons deur sy wonde genesing gebring het met Hom saam. Jesus se wonde verbind sy dood en opstanding tot een tema. Hy, die Lewende anderkant die dood, is die een wat gesterf het. Selfs in sy opstandingsgloed is die kruis steeds sigbaar. Kruis, leë graf en opstanding lê mekaar uit, en is die bron van diepe vrede vir diegene wat Jesus as Koning volg. Twyfel en versekering

10 Vreugde Wanneer die dissipels Jesus werklik eien, is hulle baie bly. Die somber toon word deur blydskap vervang. Nooit weer in die Nuwe Testament lees ons dat gelowiges se vreugde geblus kan word nie, selfs nie al gaan dit hoe swaar nie. Die dissipels ervaar wat miljoene sedertdien beleef: selfs al gaan dit hoe swaar, met spanning, onsekerheid en dinge in 'n warboel, bring die teenwoordigheid van Jesus vreugde en vrede. Vreugde

11 Gestuurdheid Gestuurdheid
Met sy tweede "Vrede vir julle!" gee Jesus die groot opdrag vir die dissipels: "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook." Om gestuur te wees, is 'n sentrale tema in Johannes. Gestuurdheid behoort tot die wese, identiteit en karakter van God. Die stuur van die dissipels het sy oorsprong in die missionale aard van God. Die Vader stuur die Seun, en Vader en Seun stuur die Gees. Die dissipels ontvang die Heilige Gees as deel van hulle gestuurdheid na die wêreld. Die rol van die Heilige Gees in ons lewe is missionaal. Let op dat die dissipels gestuur word "soos" die Vader die Seun gestuur het. Hulle word in dieselfde lyn as die Seun gestuur. Dit beteken ons gestuurdheid vind in dieselfde toonaard as Jesus se sending plaas. Om gestuur te wees, is die hart van Christelike dissipelskap. Gestuurdheid

12 Die asem van God Die asem van God
Jesus blaas oor die dissipels en gee vir hulle die Heilige Gees. Dit herinner ons aan Genesis 2 waar God lewensasem in dooie materie geblaas het om 'n lewende mens te skep. Die asem van God deel die Gees mee. Die Gees bring nuwe lewe en 'n nuwe begin, ook vir die vreesagtige dissipels. Dit is die skenk van die Heilige Gees wat die onmoontlike roeping tot gestuurdheid moontlik maak. Die dissipels moet soos Jesus vir die wêreld gaan wees, hulle moet die vrede van Jesus gaan meedeel. Dit is onmoontlik sonder die bemagtiging van die Heilige Gees. Die asem van God

13 Gesag en verantwoordelikheid
Die gawe van die Heilige Gees word deur Jesus ten nouste verbind met vergifnis en oordeel: "As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie." (23) Die Heilige Gees bring nie net vreugde en vrede nie, maar ook verantwoordelikheid om uit te gaan en God se sending te gaan volvoer. Die dissipels word ook met verantwoordelikheid en gesag beklee. Hulle moet God se vergifnis uitdra. Jesus se woorde beteken nie die dissipels kan nou selfs, op die ingewing van die oomblik, gaan besluit wie word vergewe en wie nie. Die beweging van vergifnis en oordeel vloei natuurlik voort uit die gestuurheid van die dissipels, vol van die Heilige Gees, na die hele wêreld. Regdeur Johannes se evangelie ontmoet mense Jesus. Hoe hierdie mense dan op Jesus reageer, lei óf tot vergifnis óf tot oordeel (hulle sonde word nie vergewe nie). As hulle in Jesus glo en Hom ontvang, word hulle vergewe. As hulle Hom verwerp, oordeel hulle hulself deur die daad van verwerping. Op dieselfde manier voltrek vergifnis of oordeel sigself wanneer mense Jesus se Geesvervulde dissipels ontmoet. Wanneer mense positief op die dissipels se boodskap van vergifnis reageer, ontvang hulle God se vergifnis. Wanneer hulle die boodskap van genade verwerp, ontvang hulle nie vergifnis nie. Let daarop dat die dissipels gestuur word met die boodskap van vergifnis slegs oomblikke nadat hulle self deur Jesus vergewe is. Hulle is vergewe, en nie veroordeel nie, sodat hulle die boodskap van vergifnis kan dra. Diegene wat deur Jesus vergewe is, word gestuur om daardie selfde vergifnis aan ander te gaan verkondig. Die dissipels moet Jesus se voorbeeld gaan uitleef. Gesag en verantwoordelikheid

14 Tweede episode: Thomas se ongeloof
Die ongelowige Thomas word nou 'n voorbeeld van hoe die boodskap van Jesus uitkring en geloof by mense wek. Thomas het homself losgemaak van die dissipelkring op daardie eerste Sondagaand. Aangesien hy nie by was nie, deel hy nie in hulle nuutgevonde geloof in Jesus nie. Hy is 'n man met voorwaardes. Hy behou hom die reg voor om te bly twyfel, tensy hy die merktekens van Jesus se lyding aan die opgestane Jesus sien. In die tweede episode illustreer Jesus weer sy dienende en neerbuigende liefde. Hy kom die dissipels 'n tweede keer besoek, sodat ook Thomas kan glo. Wanneer Thomas die lewende Here ontmoet, wanneer Hy Jesus se uitnodiging hoor om sy twyfel te laat staan, kom hy tot geloof. Jesus, die lewegewende Woord, raak sy hart aan. Thomas reageer met 'n belydenis: "My Here en my God!" Tweede episode: Thomas se ongeloof

15 ΄n Saligspreking 'n Saligspreking
Thomas twyfel, en kom tot geloof wanneer hy Jesus sien. Waar laat dit ons, ons wat Jesus nie fisies sien nie? Jesus reageer op Thomas se belydenis deur 'n saligspreking: Toe sê Jesus vir hom: "Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo." (29) Ons is diegene wat nie gesien het nie, en tog glo. Dit illustreer dat geloof nie deur fisiese sien kom nie, maar deur die aanraking van die Here se Woord in ons harte. Hierdie aanraking word deur die Heilige Gees bemiddel. Ons wat Jesus nie fisies sien nie, is nie agter by Thomas en die ander dissipels nie. Aangesien Jesus self teenwoordig is in die getuienis oor Hom, is dit sy aanraking, deur die Gees, wat geloof in ons wek. Dis wat Johannes bedoel as hy in verse skryf: Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê (20:30, 31). Ons soek te veel na bewyse vir God se bestaan, na buitengewone dinge sodat ons makliker kan glo. Ons moet eerder sê: "My Here en My God. U is die opstanding en die lewe . . . wie in U glo, sal lewe, al het hy ook gesterwe." Deur geloof ontvang ons die lewe – die ewige lewe! Thomas bereken nie meer nie, tel nie meer die wonde nie, maar glo die Paasevangelie. ΄n Saligspreking

16 Progressie Progressie
Daar is 'n duidelike progressie, 'n beweging vorentoe, by Jesus se dissipels in die Paasgebeure te bespeur. Eers is hulle vol vrees, twyfel hulle, vlug en kruip hulle weg. Dan ontmoet hulle Jesus. Hulle glo eers solank en omdat hulle kan sien. Tog word hulle met vreugde gevul. Dan word hulle voorwaardelike geloof ongekwalifiseerde aanvaarding van Jesus as opgestane Here. En dan word hulle gestuurdes wat die boodskap van Jesus en die vergifnis van Jesus na ander neem. Dit gaan dikwels ook so met ons. Soos Thomas moet ons gryp na die belydenis van Jesus as Verlosser en Here. En vanuit hierdie belydenis die genade bly bedien aan die wêreld daarbuite. Word ons gestuurdes wat deelneem aan 'n uitkringende golf van geloof, vergifnis en gestuurdheid. Progressie

17 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Dankoffer Slotsang
F190. Onbeskaamd of VONKK 146 My Gees, My Siel, My Liggaam [ou Halleluja lied] of VONKK 73 Soos Die Vader U Gestuur Het of Lied 514 Ek weet vir seker Seën (nav Johannes 20) Vrede vir julle! Soos die Vader die Seun gestuur het, word julle ook gestuur met die krag van die Heilige Gees. Respons VONKK 144 Vrede Van God of Lied 533 Stuur ons, Here God stuur ons om te leef

18 Volgende erediens: Lukas 24:13-35
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Proses en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Lukas 24:13-35

19


Download ppt "Johannes 20:19-31 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google