Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
EENHEIDSBELEWENIS IN DIE VROEË KERK
Les 5 vir 3 November 2018
2
Die vroeë kerk is n goeie voorbeeld van Eenheid.
Voorbereiding Die werk van die Heilige Gees Spandeer tyd saam Wees edelmoedig Hou andere in gedagte Die vroeë kerk is n goeie voorbeeld van Eenheid. Hoe het die vroeë daardie Eenheid bereik? Kan ons dieselfde Eenheid bereik in vandag se kerk?
3
VOORBEREIDING “Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.” (Handelinge 1:14) Jesus belowe voor Sy Hemelvaart dat Hy vir hulle n Helper sal stuur. Hy sal n spesiale werk doen in Sy volgelinge: Hy sal hulle herinner wat Jesus geleer het (Johannes 14:26) Hy sal nuwe Waarhede openbaar (Johannes 16:13) Hy sal hulle help om getuienis in die hele wêreld te lewer (Handelinge 1:8) Hulle het 10 dae lank voorberei vir die gawe : Hulle het gebid Hulle herroep ondervindings met Jesus Hulle bekeer en bely hul sondes Hulle vra vir die Heilige Gees Hulle lê hulle verskille eenkant Hoe nader hulle aan Jesus is hulle hoe hegter is hulle Eenheid .
4
DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES
“En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar” (Handelinge 2:1) Die fees van Shauvot (weke) of Pinkster (50ste dag) was ‘n dubbele feestelikheid. Aan die eenkant, herdenk hulle die wet, gegee op Berg Sinai. Nou die begin van Israel val saam met die begin van die Kerk. Die Wet en die Evangelie ontmoet. Aan die anderkant was hierdie ‘n dankseggingfees. Hulle is dankbaar vir die gawes van God in die verlede en die hede. Hulle offer die eerstelinge van die oes. Die Heilige Gees het die eerste vrugte ingesamel (3,000 siele) deur die gawe van verskillende tale aan die dissipels te gee van die mense wat in Jerusalem vergader is. Die verskillende tale het skeiding in Babel veroorsaak. Daardie skeiding is gebreek by Pinkster, nou kan enige iemand Een word in Christus.
5
OM TYD SAAM TE SPANDEER “En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.” (Handelinge 2:42) Baie mense is beweeg tot bekering toe hulle gehoor het van Jesus se Opstanding en Verheffing. Hulle sondes is vergewe in die naam van Jesus. Hulle het daarvandaan besluit om tyd met hulle Verlosser te spandeer: Tyd om die Bybel te studeer Tyd om met mekaar te praat en meer te leer van Jesus Tyd om saam te eet Tyd om saam te bid Hierdie toewyding het Eenheid in die Kerk gebring. Dit was ‘n sterk getuienis vir die wat hulle dopgehou het (Handelinge 2:43)
6
EDELMOEDIGHEID ”Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.” (Handelinge 4:34) Edelmoedigheid was as gevolg van hulle Eenheid en hoe lief hulle vir mekaar was. Alles wat hulle besit het is gedeel met ander afhangende van hulle behoefte . Barnabas was ‘n voorbeeld van hierdie Edelmoedigheid (Hand. 4:36-37) Teenstrydig hiermee was Annanias en Saffira wat geldgierigheid hulle hart laat vul het om vir die Heilige Gees te lieg. (Handelinge 5:1-11) Gierigheid is n gevaarlike sonde wat Eenheid ondermyn. Dit is in die hart teenwoordig en kan nie van buite gesien word nie.
7
HOU ANDERE IN GEDAGTE “Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.” (Romeine 15:26) Die teenvoeter vir gierigheid was om nie aan jouself te dink nie maar aan die behoeftes van andere. Ons moet die Heilige Gees toelaat om hierdie werk in ons harte te doen. Die vroeë kerk het hierdie houding verwelkom as ‘n bewys van Eenheid onder die gelowiges. Paulus het die heidense kerke bemoedig om te help met die behoeftige kerk in Jerusalem, “sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.” (2 Kor 9:11)
8
EENHEID IN DIE VROEE KERK
Watter elemente bemoedig Eenheid in die vroee kerk ? Gebed Aanbidding Nagmaal Bybel Studie Preek die Evangelie Liefde en sorg 1 2 3 4 5 6 Hulle eenheid se gevolg was edelmoedigheid en onderhoud, beide binne die plaaslike gemeente en tussen kerke in geografiese plekke.
9
“Na die neerdaling van die Heilige Gees het die dissipels voort gegaan om ‘n verrese Verlosser te verkondig, hul een begeerte was die redding van siele. Hulle was verheug in die soetheid van die gemeenskap met heiliges. Hulle was sag, bedagsaam, selfverloënend, bereid om enige opoffering vir die waarheid se ontwil te maak. In hul daaglikse samesyn met mekaar het hulle die liefde wat Christus hulle beveel het om te openbaar aan die lig gebring. Deur onselfsugtige woorde en dade het hulle daarna gestrewe om hierdie liefde in andere se harte te ontlont.” E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 8, cp. 38, p. 241)
10
E.G.W. (The Story of Redemption, cp. 32, p. 246)
“Hierdie getuienis met betrekking tot die vestiging van die Christelike kerk is vir ons gegee nie net as 'n belangrike gedeelte van Heilige geskiedenis nie, maar ook as 'n les. Almal wat die naam van Christus verkondig moet met een hart wagtend, wakend en biddend wees. Alle verskille moet tersyde geplaas word, en eenheid en tere liefde een vir 'n ander moet oorheers. Dan kan ons gebede met sterk, ernstige geloof saam optrek na ons Hemelse Vader. Dan kan ons wag met geduld en hoop vir die vervulling van die belofte.”
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.