Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Leesstrategieë (C) HENK VILJOEN: NB-UITGEWERS.

Similar presentations


Presentation on theme: "Leesstrategieë (C) HENK VILJOEN: NB-UITGEWERS."— Presentation transcript:

1 Leesstrategieë (C) HENK VILJOEN: NB-UITGEWERS

2

3 OORSIG: LEES EN KYK Lees/kyk kombineer twee aspekte:
toepassing van strategieë leer en toepassing van kennis Beide aspekte behoort teenwoordig te wees tydens die onderrig van literêre en nieliterêre tekste. Die inhoud van lees en kyk is gerangskik in: lees vir begrip; lees vir formele studie (letterkunde); en uitgebreide selfstandige lees. Lees/kyk kombineer twee aspekte: die leer en toepassing van strategieë vir die dekodering en begrip van tekste; en die leer en toepassing van kennis van die kenmerke van tekste. Beide aspekte behoort teenwoordig te wees tydens die onderrig van literêre en nieliterêre tekste. Die inhoud van lees en kyk is gerangskik in: lees vir begrip; lees vir formele studie (letterkunde); en uitgebreide selfstandige lees.

4 KABV Leesonderrig behels dat elemente van die leesproses betrek word. (KABV bl.28) Drie fases Pre Tydens Post Leesonderrig behels dat elemente van die leesproses betrek word. Dit is ’n aktiwiteit met drie fases wat gebaseer is op onafhanklike leesstrategieë vir die dekodering en begrip van tekste.

5 INLEIDEND Verwys ook na die KABV bladsy 28.
Effektiewe leerders gebruik strategieë om te verstaan wat hulle tydens die onderskeie fases lees. Prelees Lesers gebruik bestaande kennis om oor die onderwerp te dink. Maak voorspellings oor die moontlike betekenis van die teks Gebruik soek- en vlugleesvaardig om die teks te verken om ‘n idee oor die teks te verkry Tydens lees Lesers toon begrip deur vrae te vra, na te dink en te reflekteer oor idees en inligting in die teks. Postlees Lesers relfeteer oor die teksinhoud Identifiseer met eie ervaring Evalueer, kom tot gevolgtrekkings en verwoord eie opinie.

6 OORSIG: LEES EN KYK Lees en kyk Die leesproses
Pre-lees: strategieë wat die leerders voorberei vir lees, bv. aktiveer agtergrondkennis, voorspelling, vluglees opskrifte Lees: noukeurige lees van die teks ondersteun deur die onderwyser se vrae; ontwikkeling van strategieë soos die maak van afleidings; fokus op woordkeuse, taalgebruik, beelde, ens. Post-lees: interpreteer die teks as geheel deur die gebruik van strategieë soos die skep van sinteses, opsomming, vergelyk en kontrasteer, maak afleidings en gevolgtrekkings, evalueer, gee opinies Aandagtige lees van literêre en nieliterêre tekste Uitgebreide selfstandige lees en kyk (KABV – Verdere Onderwys en Opleiding. Afrikaans EAT)

7 DIE LEESPROSES Leser Teks
Lees veronderstel interaksie tussen die leser en die teks.

8 PRELEES Stel leerders aan die teks bekend. Dit aktiveer assosiasies en vorige kennis. Vluglees en soeklees: Tekskenmerke Dele van ’n boek Loerlees Maak voorspellings. Hanteer belangrike woordeskat. Stel leerders aan die teks bekend. Dit aktiveer assosiasies en vorige kennis. Vluglees en soeklees tekskenmerke: titels, opskrifte, subopskrifte, onderskrifte, visuele elemente en grafiese inligting, byvoorbeeld: lettertipe en numering, uitleg, ikone, illustrasies, grafieke, tabelle, kaarte, diagramme, tuimelkieslyste, sleutelwoordsoektogte, ens. Vluglees en soeklees dele van ’n boek: titelbladsy, inhoudsopgawe, hoofstukke, woordelys, indeks, aanhangsel, voetnotas, ens. Maak voorspellings deur die inligting te gebruik wat uit vluglees en soeklees verkry is. Hanteer belangrike woordeskat wat vir leerders onbekend mag wees.

9 WAAR BEGIN DIE LES? Preaktiwiteite: interessant sinvol
aansluit by hul leef- en ervaringswêreld en belangstellings. vorm van ʼn klasgesprek Maak preaktiwiteite vir leerders interessant en sinvol – laat dit aansluit by hul leef- en ervaringswêreld en belangstellings. Die preaktiwiteit kan die vorm van ʼn klasgesprek aanneem sodat leerders se nuuskierigheid geprikkel word deurdat die onderwyser vooruitwys na spanningsoomblikke of interessante gebeure of karakters in die teks.

10 WAAR BEGIN DIE LES? Begin deur leerders vooraf bewus te maak van die dikte en voorkoms van die teks, die voor- en agterblad en die flapteks. Wat sê die titel, subtitel, illustrasies en teks op die agterblad alreeds vir die leser?

11 WAAR BEGIN DIE LES? Oproep herinneringe assosiasies
persoonlike ervarings gedagtes oproep Aanmoedig vrae vra voorspellings waag Dit kan moontlik by leerders herinneringe, assosiasies, persoonlike ervarings en gedagtes oproep en hulle sodoende aanmoedig om vrae oor die teks te begin vra en voorspellings te waag.

12 WAAR BEGIN DIE LES? 1. Wat is die doel van hierdie strooibiljet?
2. Die opskrif moet die leser se aandag kan trek. Hoe verskil die lettertipe van die opskrif van die lettertipes van die res van die strooibiljet? Hou julle van die manier waarop die ander letters en kleur gebruik is? Hoekom?/Hoekom nie?

13 WAAR BEGIN DIE LES? 3. Prente kan ook die leser se aandag trek.
Watter ooreenkoms is daar tussen die opskrif en die tekeninge? Hoekom dink julle is die persone se bolywe aan die bokant van die strooibiljet afgesny? 4. Hoe voel julle as julle die woord “slegs” in die sin “Toegang slegs R10” lees? Hoekom voel julle so?

14 WAAR BEGIN DIE LES? Agtergrondinligting Verduidelik enkele konvensies
Maak leerders vooraf bewus van die tema en/of boodskap van die teks Begelei leerders om self die doel/doelstellings vir lees te bepaal. Gee gepaste agtergrondinligting oor die teks om leerders se kennis te verbreed. Verduidelik enkele konvensies van die genre en die literêre tegnieke en woordeskat wat die skrywer gebruik het. Maak leerders vooraf bewus van die tema en/of boodskap van die teks (skryf ʼn paar sinne daaroor op die skryfbord) en gesels oor wat moontlik die skrywer se doel met die werk was; wat wil die skrywer sê? Sodoende kry die leerders vooraf ʼn idee oor die doel van die leesaktiwiteit – wat hulle gaan leer en ervaar as hulle die teks lees. Begelei leerders om self die doel/doelstellings vir lees te bepaal.

15 Leesstrategieë vir begrip, waardering en evaluering van tekste
Strategieë vorm deel van onderrig-, leer- en assesseringsaktiwiteite: Soek verbande/skakels Bepaal betekenis Vraagstelling Maak voorspellings Maak afleidings  Die volgende strategieë kan deel vorm van die onderrig-, leer- en assesseringsaktiwiteite: Soek verbande/skakels (skakels met mense, plekke, situasies en idees waarmee die leser kan identifiseer of van weet). Bepaal betekenis (bepaal wat die skrywer/verteller sê oor mense/karakters, plekke gebeure en idees). Vraagstelling (gee aandag aan woorde, idees en handelinge of gebeure wat onduidelik of vaag is, maar hou in gedagte dat dit dalk later in die teks verduidelik kan word). Maak voorspellings (probeer vooruit bepaal wat gaan gebeur en gee bewyse uit die teks). Maak afleidings (bepaal die skrywer se doel deur die seleksie en weglaat van inligting en geïmpliseerde betekenis te bepaal).

16 KRITIESE LEESSTRATEGIEË
 Krities lees veronderstel dat leerders aangemoedig word om vrae te vra, voorspellings te waag, idees te orden en die geldigheid van argumente en standpunte te bevraagteken. Probleemoplossing en beredenering is twee belangrike tegnieke om kritiese lees te bevorder. Krities lees veronderstel dat leerders aangemoedig word om vrae te vra, voorspellings te waag, idees te orden en die geldigheid van argumente en standpunte te bevraagteken. Probleemoplossing en beredenering is twee belangrike tegnieke om kritiese lees te bevorder.

17 KRITIESE LEESSTRATEGIEË
Tydens die leer en onderrig van begripslees van enige soort teks kan die volgende strategieë gebruik word: Voorkennis Kontekstualisering Vrae Dink na Kerngedagtes. Opsomming. Evalueer. Tydens die leer en onderrig van begripslees van enige soort teks kan die volgende strategieë gebruik word: Voorkennis: Wat weet ek van die onderwerp? Kontekstualisering: Kan ek met die inhoud/betekenis van die teks identifiseer? Vra vrae om te verstaan en te onthou. Dink na oor eie response. Maak ʼn lys van kerngedagtes. Skryf ʼn opsomming. Evalueer.

18 KRITIESE LEESVAARDIGHEDE BERUS OP:
Benutting van leesstrategieë. Benutting van leesleidrade. Ontwikkeling van fonologiese bewustheid en denkvaardigheidsontwikk eling. Benutting van leesstrategieë (predicting, sampling, checking and confirming, self-correcting) Benutting van leesleidrade (semanties, sintaksis en grafo-fonies) Ontwikkeling van fonologiese bewustheid (bewustheid van ritme, rym, intonasie, patrone, fonemiese bewustheid, kennis van letters, klanke, woordbou en woordaanpaktegniek) denkvaardigheidsontwikkeling (vergelyk, analiseer, klassifiseer, identifiseer, onderskei, sintetiseer, induktiewe en deduktiewe denke)

19 GEREEDMAKING VIR LEES BEHELS
Visuele geletterdheidsvaardighede Kennis van die wêreld Kennis van stories en tekste Kritiese denkvaardighede Leestrategieë en vaardighede Fonologiesebewustheid Kennis van tipografiese kenmerke Taalvaardighede

20 UITDEELSTUKKE Reading strategies PDF Leesstrategieë Word.


Download ppt "Leesstrategieë (C) HENK VILJOEN: NB-UITGEWERS."

Similar presentations


Ads by Google