Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond Handelinge 3:7-8

Similar presentations


Presentation on theme: "Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond Handelinge 3:7-8"— Presentation transcript:

1 Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond Handelinge 3:7-8
7Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. 8Hy het opgespring en regop gestaan, en hy kon loop. Daarna het hy saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy geloop en gespring en God geprys het. Die agtergrond wil die vreugde van iemand wat spring en bly is illustreer. Foto geneem deur Enid Yu op 31 Maart met ‘n Canon EOS 350D Digital, en beskikbaar by Kopiereg is creative commons- You are free: to Share — to copy, distribute and transmit the work to Remix — to adapt the work to make commercial use of the work under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Handelinge 3:12-19

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 497 Ek is u kind, U roep my, Heer of Flam 51. Koning Van My Hart Votum Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. (1 Joh 3:1a) Seëngroet Lofsang Lied 492 In U is Vreugde Vonkk 124 Jesus bring vreugde God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Handelinge 3:12-19 God praat met ons en ons luister

4 Familie-oomblik Familie-oomblik
Gebruik die voorbeeld van die Möbius sirkel in Bybelmedia se Preekstudies en Liturgiese riglyne Besoek Onthou, dis belangriker dat kinders die Bybel self leer ken, eerder as stories oor die Bybel. Jy kan gerus die verhaal van die genesing van die verlamde man (Hand 3:12-19 – perikoop net voor die fokusteks) vir die kinders vertel – dan het jy ook reeds die agtergrond van die teks in plek vir die preek. Beklemtoon dat Petrus nie self die eer vat vir die genesing nie, maar dat hy dit gebruik as ‘n geleentheid om te vertel wat Jesus doen. Gesels dan met die kinders oor wat Jesus doen – vergewe ons, maak ons God se kinders, heers, genees ons seer, ens. As jy die ou kinderkransliedjie onthou, kan julle dit gerus sing! “Silwer en goud, die het ek nie, maar wat ek het dit gee ek jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret staan op en loop!” Of laat die kinders die verhaal opvoer soos wat jy dit vertel. By is ‘n pragtige inkleurprent van ‘n dansende, geneesde voorheen-verlamde man. ‘n Ander moontlike aktiwiteit, is hierdie prente: Die gedagte is om te gesels oor die verskil wat Jesus maak en dan die verskille tussen die twee prente in te kleur. Gebruik hierdie prentjie van die verhaal vir die powerpoint: Familie-oomblik

5 Handelinge 3:12-19 Fokusteks: Handelinge 3:12-19
Die genesing van die verlamde man 3 Een middag om drie-uur, die tyd van die gebed, was Petrus en Johannes op pad tempel toe. 2Net toe word daar ’n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Sy mense het hom elke dag by die tempelpoort wat Mooipoort genoem is, neergesit om by die tempelgangers te bedel. 3Toe hy vir Petrus en Johannes sien, net voor hulle in die tempel ingaan, het hy van hulle iets gevra. 4Petrus en Johannes kyk hom toe stip aan, en Petrus sê: “Kyk na ons.” 5Toe kyk die man na hulle in die hoop dat hy iets van hulle gaan kry. 6Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!” 7Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. 8Hy het opgespring en regop gestaan, en hy kon loop. Daarna het hy saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy geloop en gespring en God geprys het. 9Al die mense het gesien dat hy loop en God prys; 10maar toe hulle besef dat dit hy is wat voor die tempel by die Mooipoort gesit en bedel het, was hulle baie verbaas en verwonder oor wat daar met hom gebeur het. Petrus se toespraak in die Pilaargang van Salomo 11Die man het vir Petrus en Johannes bly volg, en die mense wat almal uiters verbaas was, het na hulle toe gestroom in die Pilaargang van Salomo, soos dit genoem is. 12Toe Petrus dit sien, het hy hulle toegespreek: “Israeliete, hoekom is julle hieroor verbaas? Wat staar julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of vroomheid gemaak het dat hierdie man loop? 13Die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders, het aan Jesus, sy Dienaar, Goddelike eer gegee—aan Hom vir wie júlle uitgelewer en voor Pilatus verwerp het toe hy beslis het dat Hy vrygelaat moes word. 14Hy was heilig en opreg, maar júlle het Hom verwerp en gevra dat daar vir julle ’n moordenaar begenadig moet word. 15So het julle Hom, die Leidsman na die lewe toe, doodgemaak, maar God het Hom uit die dood opgewek, en daarvan is ons getuies. 16Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal. 17“Nou weet ek, broers, dat julle net soos julle leiers in onkunde gehandel het. 18Tog het God reeds vroeër by monde van al die profete aangekondig dat die Christus sou ly. So het Hy dit nou laat gebeur. 19Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. Handelinge 3:12-19

6 www.BenedictXVI.com Preekriglyn
Net na die dood van Pous Johannes Paulus II op 2 April 2005, het Rogers Cadenhead die internet domeinnaam geregistreer. Cadenhead beskryf homself as 'n geharde domeinversamelaar. Hy kon nie anders nie, hy moes die kans vat. Cadenhead het die naam geregistreer nog voordat Rome geweet het hulle mag dit nodig kry. Die regte domeinnaam kan 'n goeie belegging wees. 'n Soortgelyke naam, PopeBenedictXVI.com het $16,000 (sowat R130,000) tydens 'n eBay-veiling behaal. Maatskappye betaal dikwels goeie geld om 'n domein by die eienaar te koop, as dit hulle besigheid kan bevoordeel. Caldenhead wou egter nie geld vir sy naam hê nie. Self 'n Katoliek, was hy doodtevrede dat die kerk eienaarskap van sy domein kry. "Ek gaan nie die risiko loop om 1,1 biljoen Katolieke, waaronder my ouma, kwaad te maak nie," het hy gespot. Caldenhead wou egter wel 'n paar dinge in ruil hê vir sy domeinnaam: 'n Hoed, soos die pous s'n; Gratis verblyf in die Vatikaanhotel, en Volledige vergifnis en absolusie (sónder dat enige vrae gevra word) vir alles wat hy in die derde week van Maart 1987 gedoen het. Mens wonder nogal wat Caldenhead alles daardie paar dae aangevang het. Dit mag ons dalk laat dink aan 'n soortgelyke week in ons lewens. Een waarvoor ons regtig, ten diepste, die Here se volle vergifnis nodig het. Daardie soort goed wat net deur volledige vergifnis hanteer kan word. (Soos oorvertel deur Max Lucado)

7 Vergifnis is moontlik Vergifnis is moontlik
Op 'n baie hoopvolle manier beskryf ons teks die vergifnis wat moontlik is in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. As die Israeliete en hulle leiers in Jerusalem enige benul gehad het van wat regtig die waarheid is, sou hulle daardie verskriklike week in Jerusalem toe Jesus onskuldig vervolg en tereggestel het, na God neem en om vergifnis pleit. Net om te hoor: in die Naam van hierdie einste Jesus is vergifnis en volkome genesing moontlik. Dit is die doel van Petrus se toespraak. Hy verduidelik die weg na egte vergifnis. Vergifnis is moontlik

8 Openingstoneel Openingstoneel
Ons teks speel in die voorhof van die tempel, in die bekende Pilaargang van Salomo af. Verbaasde mense stroom soontoe om te kyk na die bekende lam man wat skielik kan loop en spring. Oomblikke tevore, om drie-uur, op pad na die tempel toe, loop Petrus en Johannes die bekende lam man raak. Sy familie het hom daar kom neersit om vir aalmoese te vra. Op hierdie dag gebeur iets nuuts. Mens kan jou net indink hoeveel keer Petrus en Johannes die man al moes gesien het. Nou is daar 'n verskil. Hulle pad het met Jesus van Nasaret gekruis. Jesus is gekruisig, het gesterf, en is begrawe. Maar Jesus is ook opgewek uit die dood, en het opgevaar na die hemel vanwaar Hy aan die regterhand van die Vader sit en oor die hele wêreld regeer. Saam met die Vader het hierdie Jesus die Gees uitgegiet. Dit maak 'n verskil: Petrus en Johannes sien die verlamde man asof vir die eerste keer - hulle sien hom regtig as mens raak; Hulle het iets om vir hom te bied - in die Naam van Jesus. Hulle het vrymoedigheid en hulle het geloof. Skielik word die man se voete en enkels sterk en hy kon loop. Dis die gebedsuur. Lopend, springend en juigend stap hy die tempel binne. Self verbaas, is almal ook verbaas wat hom sien. Dit laat die mense vol verbasing en verwondering saamstroom in die Pilaargang van Salomo. Wat het hier gebeur? Openingstoneel

9 ‘n Publieke verduideliking
Evangelisasie in Handelinge werk só, verduidelik Lesslie Newbigin: iets wonderbaarliks gebeur, en dan word die evangelie van die lewende Here verduidelik wanneer verbaasde en verrasde mense vra wat gebeur het. Ons teks is die openbare verduideliking vir die wonderwerk wat hier in die Naam van Jesus gebeur het. Petrus se antwoord is eenvoudig: "Dit was nie ons nie! Dit was Jesus! Of beter: dit was die God van Abraham, Isak en Jakob aan die werk deur Jesus. Dis hoe dit gebeur het." ‘n Publieke verduideliking

10 Die God van Abraham, Isak en Jakob
Opvallend begin Petrus sy verduideliking met verwysing na "Die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob." (13) Hierdie is 'n aanhaling uit Eksodus 3:6. Dit was 'n beroemde aanhaling, en Petrus se toehoorders het dadelik verstaan wat hy bedoel. Kort tevore het Jesus nog hierdie selfde teks aangehaal in sy debat met die Sadduseërs (Luk 20:37). Die punt is dit: Eksodus 3 is die moment waarop God vir Moses roep, by die brandende bos, en hom 'n opdrag gee. Hy moet uit die woestyn teruggaan Egipte toe om sy mense uit slawerny te bevry en na vryheid te lei. Die Here verseker Moses dit is regtig Hy wat praat. Hy is die God wat beloftes aan Abraham, Isak en Jakob, die voorvaders van die tans verslaafde volk gemaak het. God verseker Moses: "Ek onthou my beloftes, en Ek gaan nou my beloftes waar maak. Ek is besig om aktief te handel om vir julle verlossing te bring." Met sy aanhaling sê Petrus: "Dit is besig om weer te gebeur. God werk aktief en bring verlossing!" Petrus, sê NT Wright, is besig om te doen wat die vroeë Christene aanhoudend sou doen. Wanneer hulle 'n vraag oor Jesus moes antwoord, het hulle altyd teruggegaan na Eksodus. Dit was: toe God dramaties gehandel het om sy beloftes te vervul en verlossing te bring; toe hulle die Paaslam geslag het; toe hulle deur die water heen gered is; toe hulle die wet as weg van gehoorsaamheid en dankbaarheid ontvang het; toe hulle op koers na God se erfenis vir hulle geplaas is. Al hierdie temas kom in die Nuwe Testament bymekaar rondom die vraag Wie Jesus is, en hoe God deur Jesus handel. Oor en oor beklemtoon die Nuwe Testament: wanneer ons na Jesus kyk, en sien wat deur Jesus se Naam gebeur, is dit asof ons - soos Moses - by die brandende bos staan en iets besonders aanskou, wat vir ons bevestig: die lewende God, die Skepper van die hemel en die aarde, die God van Abraham, Isak en Jakob, lewe steeds en is steeds besig om sy beloftes te hou. Hiermee dek Petrus die tafel om betekenisvolle goed oor Jesus te sê.

11 Jesus Jesus, die Dienaar van God
Deur na Jesus as die Dienaar van God te verwys, herinner Petrus die volk aan tekste soos Jesaja 53 waar getuig word dat God groot dinge deur sy Dienaar doen. Jesus, die Seun van God, is die Een deur Wie God handel. Jesus, heilig en opreg Jesus was heilig, volkome aan God toegewy, sê Petrus. As dissipels het hulle die pad saam met Jesus gestap. Hulle kon sy lewe sien, toegewy aan die Vader, met die hoogste integriteit en die volkome liefde wat Jesus openbaar het. Jesus was ook opreg en onskuldig. Selfs Pilatus het Jesus onskuldig bevind. Die Israeliete het Jesus se onskuld verwerp en gevra dat 'n moordenaar in sy plek begenadig moes word. Dis belangrik om Petrus se argument te volg: Julle wil weet hoe die kreupele weer kan loop; Dink aan die handelende God by die brandende bos met Moses wat sy beloftes waar maak; Dink aan die Dienaar van God-beloftes uit Jesaja - Een sal God se bedoelinge waar maak, Een wat ons sonde en siekte op Hom sal neem; En plaas Jesus, die opregte Dienaar, in die trajek van hierdie verwagtinge. Plaas Jesus in die middel van hierdie beloftes. Dan sal julle verstaan wat hier gebeur het. En sal julle verstaan waarom dit hoopvol en belofteryk ook vir julle is. Jesus, die Leidsman na die lewe Op grond hiervan kan Petrus Jesus die "Leidsman na die lewe" noem. Jesus skep nuwe lewe. Jesus lei mense deur dood, agteruitgang, vernietiging heen tot 'n nuwe lewe waarvan niemand voorheen kon droom nie. Jesus het dit reeds in sy aardse bediening gedoen. Waar Jesus ook al gegaan het, het Hy nuwe lewe gebring. Lewe wat getuig het dat die God van Abraham, Isak en Jakob in beheer is, en aan die werk is. Daarom is dit so verstommend dat dit juis die God van Abraham, Isak en Jakob sé ménse is wat Jesus verwerp het en Hom na die kruis gestuur het. God se mense het die Leidsman na die Lewe verwerp! God het God egter nie laat stuit nie. God het Jesus opgewek uit die dood. God bly getrou aan God se beloftes - ook aan die Jode. Daarom gebeur nuwe lewe nou hier in die Jode se midde: 'n verlamde staan op en loop. Dis God aan die werk deur Jesus. Dis hoe God se Koningskap werk: dit gebeur deur God se Seun, Jesus. Jesus

12 Deur geloof in Sy Naam "Deur geloof in sy Naam"
Dit is belangrik om te sien hoe Petrus die werk van Jesus beskryf. Hy sê die man is genees "deur die geloof in sy Naam." Ja, "die geloof wat van Hom kom" het die verlamde opgetel. Daar is niks magies aan die gebruik van die Naam van Jesus nie. Die Naam van Jesus is nie 'n towerwoord nie, 'n soort abrakadabra wat skielik outomaties wondere verrig nie. Dis nie soos om die lamp van 'n genie te vryf, en - voila - dinge gebeur nie. Daar moet geloof wees - geloof in Jesus by diegene wat die Naam op hul lippe neem, en geloof by diegene wat dit hoor. Dit is hierdie Naam wat mense help om te groei, heel te woord, skoongewas te wees, herstel, genees en hernu, wat hulle op hulle eie voete sit, soos die verlamde man wat hier letterlik op sy voete gehelp is. Magiese name hou mense gebind aan die magiese kragte van die naam self, hier word mense genees en herstel. Herstel is 'n lewensomvattende proses. Hierdie man staan voor die skare: herstel in sy menswaardig­heid, moreel, geestelik en persoonlik nuut. Dit is wat Petrus bedoel wanneer hy sê dat Jesus die man "volkome herstel" het. Deur geloof in Sy Naam

13 Die pad van genesing Die pad van genesing
Net soos Jesus in sy bediening gedoen het, beklemtoon Petrus dat die pad na genesing die vergifnis van sonde is. Selfs vir die Jode wat in 'n week van absolute dwaasheid die Leidsman na die Lewe onskuldig na sy dood gestuur het, is daar vergifnis en herstel moontlik. Die voormalige lam man, nou springend en juigend, getuig hiervan. "Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis." (19) Hierdie herstel van die verhouding met God is die groeipunt van waaruit die Leidsman na die Lewe nuwe lewe, genesing en herstel, in elke bekeerde mens se lewe inweef. Die pad van genesing

14 Met selfvertroue Met selfvertroue
In die moderne, wetenskaplike era het God vir Westerlinge op die agtergrond geraak. Ons leef met die wêreldbeeld van Newton waarvolgens die wêreld soos 'n geoliede masjien loop. Gelowiges sal nog sê God het die masjien geskep en die wette waarvolgens die masjien loop, bepaal. Maar die verwagting dat God binne die masjien se doeltreffende werking sal ingryp, is beperk. Miskien steek God af en toe God se hand in die wêreld in wanneer daar iewers 'n part breek wat mense nie self kan herstel nie. Hierdie Godsbeeld is wêrelde verwyder van die prentjie van 'n aktief-handelende, betrokke, lewegewende God wat in Handelinge 3 na ons toe kom. Die vraag is hoe moderne Christene hierdie Bybelse Godsbeeld kan herwin? Dalk is ons oë - net op 'n ander manier - ook toe vir die werking van God. Net soos die Jode van Jesus se tyd. Sal ons bid dat God ons oë oopmaak vir wat God doen deur die Naam van Jesus in ons wêreld, en spesifiek waar daar geloof is? Geloof is hier die lewende verwagting om God aan die werk te sien. Met hierdie verwagting kan ons God bid om ons te help om die verlamdes, die siekes (fisies en andersins) raak te sien. En om die regte woorde te hê om vir hulle te sê. Laat ons hierdie taak met selfvertroue uitvoer. Die kerk is dikwels nie meer oortuig dat die verhaal van Jesus die waarheid is wat die wêreld verander nie. Dan kry ons ander plaasvervangers vir die evangelie. Laat ons ons getuienis oor Jesus met selfvertroue lewer - soos Petrus. Dit is 'n selfvertroue wat niks anders is as 'n vertroue op God wat tot vandag toe handel nie. So werk die publieke getuienis waarvan Lesslie Newbigin praat. Met selfvertroue

15 Genesing Ons het almal indiwiduele genesing nodig. Moontlik 'n dwase week, of dag, waarvoor ons vergifnis nodig het. Dalk 'n lank-gekoesterde wrok in die familie. Of 'n krisis in die gemeente wat verhoudinge versuur het, maar waaroor niemand wil praat nie. Laat ons na die Leidsman na die Lewe gaan, vergifnis vra - en ook in sy Naam van mekaar vergifnis vra - en vorentoe groei na volkome genesing. God is aan die werk in vergifnis en genesing. Hy het dit al by die brandende bos openbaaar. Genesing

16 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Toewyding
Handelinge 3:19 “Bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.” Gee geleentheid vir stil gebed, waartydens mense hul lewens voor God lê en bid om vergifnis en genesing. Lied 247 Heer, wees ons genadig of VONKK 11 Here, Wees Ons Genadig of Flam 7. Here, Ek Vergeet So Gou Genadeverkondiging 1 Johannes 3:1-2 Voorbidding Dankoffer As offerhandeling, simbool van ons oorgawe aan God Slotlied Lied 514 Ek weet vir seker of VONKK 79 Genade, So Oneindig Groot of Flam 255. U Woon In My Lewe Seën Respons Lied 245 Refrein “Ek loof en prys U deurentyd… en roem u groot barmhartigheid” God stuur ons om te leef

17 Volgende erediens: Psalm 23

18


Download ppt "Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond Handelinge 3:7-8"

Similar presentations


Ads by Google