Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Die demografie van universiteite:
verandering in die groei en samestelling van die studentebevolking, personeel, sukseskoerse en graduering
2
Dit geld ook vir Suid-Afrika.
A nation at risk is die titel van die baanbrekerverslag wat in 1983 aan president Ronald Raegan voorgelê is: “As ʼn onvriendelike buitelandse mag gepoog het om die middelmatige onderwysprestasie, wat tans bestaan, op Amerika af te dwing, sal ons dit as ’n oorlogsdaad beskou.” Dit geld ook vir Suid-Afrika.
3
In hierdie voordrag gaan ek probeer aantoon dat:
sommige universiteite uitstekend presteer; die onderwysstelsel op verre na nie aan die verwagtinge voldoen nie; deelnamekoerse laag en uitsaksyfers hoog is en ʼn dalende neiging toon; die rendement op die staatsubsidie van R30,3 miljard (2015) en R36,8 (2016) onbevredigend is en meer geld nie die stelsel op die lang termyn kan red nie.
4
Verander dit te vinnig ... is daar ʼn daling van standaarde en aansien.
Hoër onderwys is diep gewortel in die kulturele en politieke kontekste van die Suid-Afrikaanse samelewing. ʼn Effektiewe akademiese gemeenskap met ʼn begrip van gedeelde waardes en verbondenheid tot die universiteit kom oor jare tot stand. ʼn Bepaalde karakter, etos, trots en ʼn “sense of belonging” word geskep. Verander dit te vinnig ... is daar ʼn daling van standaarde en aansien. Dit moet verander, maar behou die etos van elitisme van talent.
5
Dié skade en vertroue sal moeilik herstel word.
Die skade deur brandstigting en vandalisme was gering teenoor dié in die koppe en harte van personeel. Dié skade en vertroue sal moeilik herstel word.
6
Baie is vermag: Mees versnipperde en ongelyke onderwysstelsel – eenvormige onderwysstelsel Raad op Hoër Onderwys Kwalifikasieraamwerk met kwaliteitsversekering Baie vernuwing is gebring
7
Kundiges wys op foute: Oorhaastige implementering van uitkomsgebaseerde onderwys. Versnippering van kursusse by universiteite. Afskaffing van 150 onderwyskolleges. Technikons word universiteite; hergroepering van universiteite. Oorhaastige aandrang op transformasie. Ondergrawing van outonomie; 0%-klasgeldverhoging; Wysigingswet op Hoër Onderwys van 9 November 2015.
8
Die huidige stand van onderwys- Amptelike uitsprake:
NOP (2012): “massive investment in higher education has not produced better outcomes ... performances and graduation rates”. Raad op Hoër Onderwys: “the output ... is not meeting the country’s needs ... low internal efficiency ... low‑participation, high‑attrition system”. Statistieke SA (2016): “The percentage of black professional, managerial and technical workers aged 25 to 35 years has dropped by 2% over the past 20 years leaving that generation less skilled than previous ones”.
9
A sharp decline in bachelor degree completion rates among black and coloured students since the mid 1990s. Statistieke SA (2015): “Comparisons between South Africans and non-South Africans”; the latter fare better in proportions of persons to complete bachelor degrees.
10
Proporsie van studente wat B-gade na Graad 12 verwerf
Figuur 1: Proporsie van studente wat B-gade na Graad 12 verwerf Bron: Statistiek SA, 2015
11
Hoe lyk die kandidate vir universiteitstudie?
Gehalte van studente Goed gekwalifiseerde en toegewyde personeelkorps
12
Figuur 2: Uitsaksyfer tussen Graad 10 en 12 (2013)
Minder as 40% leerlinge vanaf Graad 1 verwerf die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
13
40% in drie vakke 30% in drie vakke 50% tot 59%
Minimum vereistes: Nasionale Senior Sertifikaat (NSS): 40% in drie vakke 30% in drie vakke Minimum vir B-graadstudie, NSS en vier aangewese vakke: 50% tot 59% Net 32 000 kandidate het wiskunde met meer as 60% geslaag; fisiese wetenskappe net 25 000
14
Figuur 3: NSS-slaagsyfers en toelating tot sertifikaat-, diploma- en graadstudie ( , projeksie) Sertifikaat Bron: CHE, 2016
15
Massa hoër onderwys Wêreldwyd: van 28 miljoen (1970) tot huidige 180 miljoen Suid-Afrika: 472 000 in 1993 1 020 000 in 2016 4,5% per jaar
16
Figuur 4: Studentesamestelling (2014)
Totaal studente: 969,155 Wit studente verminder in absolute getalle en proporsies: tans 166 000 waarvan 85 000 (51%) Afrikaans is.
17
Billikheid ten opsigte van toelating is feitlik bereik.
Groot ongelykheid in sukses en graduering.
18
Graduering- en uitsaktendense
Figuur 5: Persentasie leerders wat B-graad voltooi na Graad 12 Bron: Statistiek SA en SAOU, 2016
19
Eerstejaar-uitsaksyfers volgens bevolkingsgroep:
Residensiële universiteite Kursus Swart Bruin Asiër Wit Totaal 3-jaargrade 24% 34% 26% 22% 4-jaargrade 23% 27% 19% 21% 3-jaardiploma/ sertifikaat 29% 25% Alle 3- tot 4-jaar- kursusse 39% 33%
20
Graduering binne vyf jaar
Kursus Residensieel Unisa BCom (3 j.) 58% 9% BSc (3 j.) 48% 4% BA (3 j.) 53% 12%
21
Nagraads: voltooiing van studie
Honneurs: 60% voltooi in vyf jaar Magister: 47% voltooi in vyf jaar Doktoraal: 39% voltooi in sewe jaar
22
Opsomming: 55% van kohort verlaat die universiteit ná vyf jaar sonder ʼn graad By residensiële instellings is dit 45% Sedert 2012 ʼn daling in sukseskoerse
23
Indien een-derde van nuwelingeerstejaars aan residensiële universiteite in hul eerstejaar druip en dit veel hoër is by Unisa, is die totale “verlies” meer as R5 miljard.
24
Die redes: baie kompleks
Maatskaplike en ekonomiese faktore: armoede Twee-derdes van alle studente beskik nie oor die kognitiewe-, intellektuele- en taalvermoë om suksesvol te studeer nie. Engels is die huistaal van net 2,9% swart mense. South African Child Gauge Institute (Universiteit van Kaapstad): swart leerders aan die einde van hul sekondêre skoolfase is “... minstens vyf jaar agter hul bevoorregte eweknieë”. Die student-dosent-verhouding het van 1:38 in 1994 tot die huidige 1:55 verswak.
25
Permanente professionele personeel
Swart personeel (34%): getallegewys en proposioneel ʼn volgehoue toename. Wit personeel (49%): volgehoue daling in getalle en proporsies. Tydelike en deeltydse personeel: relatiewe vinnige toename. Veroudering: hou groot gevare in. 10% is ouer as 60 jaar; ongeveer een-derde ouer as 50 jaar. R800 miljoen is ingekort van die Volgende Generasie Akademici-program, waarvolgens talentvolle jong akademici besondere steun ontvang.
26
Figuur 6: Samestelling van kwalifikasies verwerf (2014)
Bron: BINEB, 2016
27
Besteding per student het van R22 000 per jaar tot R17 000 gedaal.
Die finansiering van universiteite as persentasie van die staatsbesteding van 2,4% en 0,75% van die bruto nasionale produk (BNP) het sedert feitlik konstant gebly. Besteding per student het van R22 000 per jaar tot R17 000 gedaal.
28
Figuur 7: Die drie geldstrome
Bron: N Cloete, CHET, 2016
29
Geen keer aan groeiprojeksies en druk vir transformasie nie.
NOP. Groei in huidige studentegetalle tot 1,6 miljoen. Doktorsgrade van ongeveer 2 000 tot 3 000 in 2030. Raad op Hoër Onderwys wys daarop dat “vrugtelose subsidie” met 50% sal toeneem om dié mikpunte te bereik.
30
Samevattend Daar is uitstaande prestasies, maar die stelsel as geheel funksioneer baie onbevredigend en oneffektief. Op die langer termyn sal meer geld nie die probleme oplos nie.
31
Daar is geen vooruitsigte dat die stelsel vinnig sal verander nie
Daar is geen vooruitsigte dat die stelsel vinnig sal verander nie Politieke en ideologiese kragte is te sterk - Radikale studente is op die pad van vernietiging - Geveg om die siel van die universiteit - Feitlike totale gebrek aan leierskap
32
Kernprobleme van hierdie uiters komplekse stelsel:
Ongebreidelde groei in studentegetalle – baie sonder die kognitiewe en intellektuele vermoë om suksesvol te studeer. Politiese en ideologiese aandrang op oorhaastige transformasie sonder voldoende geskikte kandidate. Die volgehoue inkorting van die outonomie van universiteite. Onwilligheid om universiteite te diversifiseer waarvolgens sommige net toegelaat word om ʼn aantal studente voorgraads en in spesifieke studiegebiede op te lei.
33
Dié hoeksteen kraak – en ellende wag op almal.
Universiteite bly dié hoeksteen vir welvaartskepping en die opleiding van ʼn verantwoordelike burgerlike samelewing. Dié hoeksteen kraak – en ellende wag op almal. As ʼn onvriendelike buitelandse mag hierdie onbevredigende en middelmatige stelsel op Suid- Afrika afdwing, sou ons dit as ʼn oorlogsdaad beskou.
34
Ongelukkig laat ons –veral aan Afrikaanstalige universiteite – stilswyend en baie onverleë toe dat dit op ons afgedwing word.
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.