Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Psalm 71.

Similar presentations


Presentation on theme: "Psalm 71."— Presentation transcript:

1 Psalm 71

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

4 Die heel eerste nagskuiling in die VSA (of “poor mission”, soos dit daar genoem word), is in 1895 in Los Angeles begin. Oor meer as ’n honderd jaar is daar nou al op die perseel kos, klere en slaapplek voorsien vir hawelose mense. By geleentheid van hulle honderdjarige bestaan, het PBS (’n Amerikaanse nie-kommersiële radiostasie), ’n program oor hulle uitgesaai. As deel van die program is daar onderhoude gevoer met ’n paar van die mense wat daar kom aanklop het vir hulp. Een van hulle, Bill, het oor die jare al ’n gereelde besoeker geword. Hy het ’n alkoholprobleem gehad en kon dit nie regkry om vir meer as ’n paar maande op ’n slag droog te bly nie. Nadat Bill vertel het wat die nagskuiling al vir hom beteken het, het die verslaggewer vir hom gevra, “Wanneer was die eerste keer dat jy ‘rock bottom’ getref het?” Bill het so ’n paar oomblikke diep nagedink oor die vraag en toe geantwoord, “Nee, ek dink nie ek het al ooit regtig ‘rock bottom’ getref nie. God is vir my soos een van daai bungee-goed. Elke keer, net voor ek ‘rock-bottom’ tref, trek Hy my weer terug boontoe. Dis hoekom ek nog nooit regtig ‘rock-bottom’ getref het nie.” Hierdie stukkende mens met die lewens vernietigende swakheid het in die program uitgestaan as een van die blinkste tekens van God se genade.

5 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

6 Dié psalm is een van die weinige Psalms sonder ’n opskrif
Dié psalm is een van die weinige Psalms sonder ’n opskrif. Al is dit ’n naamlose Psalm, is dit egter duidelik dat die bidder daarvan ’n ou of senior man (vgl. vers 9, 17-,18) is, wat dikwels in sy lewe in doodsgevaar verkeer het, maar wie telkens deur God gered is (vers 20). Tydens sy lewe het hy vyande gehad (vers 4, 10, 11) en is hy deur ander vals beskuldig (vers 13). Dit is dus ’n ou met ’n “interessante” lewe agter hom wat hier aan die bid is. Vir sy hele lewe het hy egter op God vertrou in die tye van swaarkry. So het hy by God geskuil (vers 1) omdat God getrou is (vers 2a) en ’n rots is (letterlik ’n rotsvesting) waar ’n mens veiligheid mag vind (vers 3). Hy het asiel by God gesoek en dit gevind. In antieke tye het heiligdomme soos tempels dikwels die status van veilige hawens vir vlugtelinge gehad (vgl. 1 Kon 1:49–53; 8:31–32; Eks 21:13). Amper soos ’n land se ambassade vandag is. Die Psalm getuig van ’n man wie se hele lewe op God gerig was (vers 5a), en wie glo God sal hom ook nou bevry uit die greep van die goddeloses (vers 4a). Van sy geboorte af (en selfs voor dit), het hy immers op God vertrou en sy hulp by Hom gevind (vers 5b, 6). Waar sy hele lewe ’n getuienis (’n wonder!) was van God se trou, en al het hy altyd aan God die eer gegee, lyk dit nou asof God hom verlaat het in sy oudag en oorgee het in die mag van sy vyande (vers 9–10). Moontlik het hy siek geword, of is hy deur sy familie verstoot, en vertolk sy vyande sy toestand asof God hom alleen gelaat het, met die gevolg dat hulle met hom kon maak wat hulle wou (vers 11). Psalm 71 is ’n gebed om redding. Belangrike temas in die begin van die Psalm is (1) die vertroue op God (vers 1). Die bidder vra letterlik in vers 2b dat God Sy een oor na sy kant toe sal draai – na hom sal luister. Want hy weet dat as God hoor, handel Hy ook. (2) Die regverdigheid van God – daar word telkens in die Psalm ’n appèl gerig op God se karakter (vers 2,3, 15, 16, 19 en 24). (3) Die hele gedagte dat die bidder se lewe ’n teken of wonder is van God se sorg en trou (vers 5-7). In sy lewe kon ander God se werksaamhede herken. Dit bring die vraag na vore wat ander van God in ons lewens herken.

7 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

8 Dink ’n oomblik aan teleurstellings, hartseer of rampe in jou lewe
Dink ’n oomblik aan teleurstellings, hartseer of rampe in jou lewe. Bespreek met God hoe jou lewe te midde van die krisisse ’n teken van hoop (’n wonder, vers 7) en ’n teken van God se trou, kan wees. Dink ’n oomblik aan teleurstellings, hartseer of rampe in jou lewe. Bespreek met God hoe jou lewe te midde van die krisisse ’n teken van hoop (’n wonder, vers 7) en ’n teken van God se trou, kan wees.

9 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagte kante af te hoor

10 “Lewe asof jy môre doodgaan, boer asof jy vir ewig lewe.”
Dié Psalm raak die onderwerp van oud word aan, maar net soos die positiewe “bumper sticker”: “Lewe asof jy môre doodgaan, boer asof jy vir ewig lewe.”

11 “Oud word is onvermydelik, Groot word is opsioneel.”
Op ’n T-hemp staan daar: “Oud word is onvermydelik, Groot word is opsioneel.”

12 “You know you're getting old when you stoop to tie your shoes and wonder what else you can do while you're down there.” -George Burns “You know you're getting old when you stoop to tie your shoes and wonder what else you can do while you're down there.” -George Burns,

13 Die probleem met oud word
Grappie oor oud word: Drie ouer dames gesels oor die probleem van oud-word: Een sê “Somtyds betrap ek myself met ’n pot mayonnaise in my hand voor die yskas en dan kan ek nie onthou of ek besig was om dit ín die yskas te sit en of ek besig was om dit uit te haal nie.” Die tweede dame het daarby aangesluit: “Ja, somtyds betrap ek myself op die trappe en dan kan ek nie onthou of ek besig was om met die trappe óp of áf te gaan nie.” Toe sê die derde een: “Wel, ek’s bly ek het nie julle probleme nie; knock on wood,” en sy klop met haar vingers so op die tafel, en toe sê sy “Klink my daar’s iemand by die deur, toe maar ek sal gaan oopmaak!”

14 “Ek word te vinnig oud en te laat wys.”
Duitse spreekwoord.

15 “As ’n bejaarde doodgaan, brand ’n biblioteek af” -
’n Ou spreekwoord. Die kerk het bejaardes nodig, want hulle is en het stories van genade om met die res van ons te deel. Daarom moet ons hulle nie verwerp nie, maar koester - dis alle ou mense se vrees - soos hierdie Psalm dit uitstekend vasvang – vs. 9,18.

16 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

17 Psalm 71 vertel dat daar een ding in gemeen is met al die fases van menswees - God bly dieselfde veilige toevlug, vesting en rots. Condoleezza Rice, George Bush se Nasionale Veiligheidsraadgewer, het in ’n pastorie grootgeword. Sy vertel dat alhoewel sy nooit aan die bestaan van God getwyfel het nie, sy weet dat haar geloof laagte- en hoogtepunte beleef het. Toe sy in 1981 die eerste keer na Kalifornië trek om deel te word van die fakulteit by die Stanford-Universiteit, het sy reeds verskeie jare lank nie meer gereeld in die kerk gekom nie. Een Sondag was sy in ’n supermark nie ver van haar huis af nie. Sy vertel dat sy daardie oomblik nooit sal vergeet nie. Sy het by die spesery rak gestaan toe ’n swart man langs haar kom staan en vir haar sê dat hy eetgoed vir sy kerk se piekniek koop. Uit die bloute vra hy haar: “Speel jy miskien klavier?” “Ja,” het sy geantwoord. Toe vertel hy haar dat hulle iemand by sy kerk soek wat kan klavier speel. Hy was ’n lid van ’n klein Baptiste-gemeente. Só het sy begin om in die kerk klavier te speel. En dit het haar teruggekry in die kerk.

18 Sy vertel dat sy nie baie goed gospelmusiek kon speel nie
Sy vertel dat sy nie baie goed gospelmusiek kon speel nie. Sy het altyd net Brahms en van die ander groot geeste se musiek gespeel. In daardie gemeente het die predikante egter sommer ’n liedjie begin sing en die musiek leier moes net inval. Sy het geen idee gehad wat om te doen nie. Toe bel sy haar ma wat ook al die musiek in ’n Baptiste-kerk gelei het. “Ma,” het sy gesê, “hulle begin sommer net skielik ’n lied sing. Wat moet ek maak?” Haar ma het geantwoord: “Liefie, speel in C en die note sal na jou toe kom.” Condoleezza beaam: “Dis waar. As jy in C speel, sal mense terugkom. Ek vertel hierdie storie, want ek het by myself gedink: “My genade, God kan oor ’n lang afstand uitreik. Ek bedoel, in die supermark op ’n Sondagoggend. Hy het net in C gespeel, en ek het teruggekom na Hom toe!”

19 Hierdie Psalmdigter se identiteit lê in God en dat hy aan God behoort
Hierdie Psalmdigter se identiteit lê in God en dat hy aan God behoort. Daaraan hou hy vas (vs 5,6). Daar is die storie van oud-president, George Bush senior, toe hy nog president was. Hy het blykbaar ’n tehuis vir bejaardes besoek, toe hy die hand van ’n ou oom neem en vra: “Meneer, weet jy wie ek is?” Die ou oom het geantwoord: “Nee, maar as jy vir een van die susters vra, sal hulle dadelik vir jou kan sê!” Hierdie Psalmdigter bely dat hy sy identiteit kry by God en wat God vir hom gedoen het - “Ek is vir baie ’n wonder...”( vs. 7) Wat ’n mooi ding om van jouself te bely.

20 Geloof is ’n aangee ding van een generasie na ’n ander...(vs. 18)
Hier is ’n paar voorbeelde: “Once an angry man dragged his father along the ground through his own orchard,” “Stop!” cried the groaning old man at last. “Stop! I did not drag my father beyond this tree.” Toe Brian Eno (die beroemde musikant – op die foto) die vader van Anthea Norman-Taylor toestemming gevra het om met haar te trou, het hy die antwoord gekry: “Wat jy jouself moet afvra is dit: ‘Is dit die vrou wat ek graag sou wou hê moet die ouma wees van my kleinkinders?”

21 Robert Moffat (foto), ’n bekende sendeling, vertel dat sy passie vir God by sy ma begin het. Sy ma se soen was die eintlike oorsaak van sy begeerte om ’n sendeling te word … Toe hy die huis verlaat, het sy ma ’n ent saam met hom gestap. Uiteindelik was dit groet tyd. Sy ma het na hom toe gedraai en gesê: “Robert, belowe my iets.” “Wat?” het hy gevra. “Belowe my,” het sy herhaal. “Ma moet eers vir my sê wat ek moet belowe voor ek kan belowe.” “Dis iets wat jy baie maklik sal kan doen,” het sy gesê. “Belowe net jou ma.” Hy het in haar gesig gekyk en gesê: “Goed, Ma, ek belowe. Ek sal enigiets doen wat Ma wil hê.” Sy het sy gesig tussen haar hande vasgehou, dit nader aan hare getrek en gesê: “Robert, jy gaan nou ’n bose, slinkse wêreld in. Begin elke dag saam met God. Sluit elke dag saam met God af.” Toe het sy hom gesoen. Robert Moffat sê daardie soen het van hom ’n sendeling gemaak.

22 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

23 Die Here, ons veilige vesting
Familie-oomblik Speel met die kinders aanmakertjie en kry ’n volwassene wat voor die kansel gaan staan. Die reëls van die spel is soos volg: Een het die aan en die ander moet aan gemaak word. Maar daar is ’n den! Die volwassene voor die kansel is die den. As jy aan hom/haar raak, is jy veilig. Sit ’n paar toegedraaide pakkies iewers in die kerk neer wat die kinders sal aanmoedig om die “den” te verlaat en die gevaar te loop om ‘aan’ gemaak te word. Skryf onder aan elke geskenk woorde neer wat jou ook in die versoeking stel om God te verlaat, soos bv. geld, verveling (vra wie in die vakansietyd in die moeilikheid gekom het omdat hulle verveeld was), verkeerde maats, steel, skelmstreke soos afkyk in die eksamen, ens. Laat die kinders speel en wanneer ’n paar aan was, stop die speletjie. Laat hulle dan praat oor die den en wat dit vir hulle beteken dat hulle ’n veilige plek gehad het. Vra ook vir hulle hoe die speletjie sou wees as hulle nie ’n den gehad het nie. Trek dan ’n lyn na die Here wat vir ons ’n veilige vesting (’n rots) is. Praat ook oor wat onder die geskenke geskryf staan en wat ons alles in die versoeking stel om God te verlaat.

24 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

25 Ek sou volgende keer… Leer om te leef soos die sterwende 85 jarige, Nadine Stair, gesê het. “Ek sou volgende keer graag meer foute wou maak. Ek sou nie so volmaak probeer wees nie. Ek sou meer ontspan. Ek sou bietjie “maller” wees as wat ek op hierdie reis was. Ek sou minder dinge ernstig opneem. Ek sou meer kanse waag. Ek sou meer op reis gaan. Ek sou meer berge klim, in meer riviere swem en meer sonsondergange dophou. Ek sou meer na plekke toe gaan waar ek nooit was nie. Ek sou meer roomys eet en minder boontjies. Ek sou waarskynlik meer probleme, maar minder kamma-probleme hê. Jy sien, ek is een van daardie mense wat verstandig en voorkomend uur na uur, dag na dag leef. O, ek het my oomblikke gehad, maar as ek dit kon oorhê, sou ek meer van hulle wou gehad het. Om die waarheid te sê, ek sou niks anders wou gehad het nie. Net oomblikke, een na die ander. Ek was een van daardie mense wat nooit iewers gegaan het sonder ’n termometer, ’n warm waterbottel, ’n reënjas en valskerm nie. As ek dit ooit oor kon gehad, sou ek baie ligter reis! As ek alles kon oorhê, sou ek kaalvoet rondloop van vroeg-lente tot laat-herfs. Ek sou meer mallemeulens gery het, ek sou meer sonopkomste dopgehou het en sou meer met kinders gespeel het, as ek my lewe kon oorgeleef het. Maar jy sien, ek kan nie!”

26 “First, I was dying to finish high school and start college
“First, I was dying to finish high school and start college. Then I was dying to finish college and start working. Then I was dying to marry and have children... And now I am dying and I realize I forgot to live.” Leer om elke dag voluit te lewe soos die Psalmdigter bely. Baie van ons is egter eerder soos die volgende gedig wat op ’n treinstasie se muur gevind is: "First, I was dying to finish high school and start college. Then I was dying to finish college and start working. Then I was dying to marry and have children... And now I am dying and I realize I forgot to live.”

27 Luister-produkte Ontmoetings Coenie Burger Bestel by: 0860 BMEDIA
Uitsonderlike Bybelstudie-pakket oor die wil en plan van God met elke gelowige Leierspakket: R150.40 Handboek Deelnemersgids Dubbel-DVD Deelnemerspakket: R139.72 8 x Deelnemersgidse Bestel by: 0860 BMEDIA


Download ppt "Psalm 71."

Similar presentations


Ads by Google