Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Kontraktereg Eenheid 7 Formaliteite
2
Leeruitkomste: Analiseer en bespreek die agtergrond en huidige posisie aangaande die voldoening aan formaliteite as vereiste vir ‘n geldige kontrak. Verskaf ‘n kritiese bespreking van die regsposisie aangaande formaliteite deur die partye tot ‘n kontrak bepaal. Analiseer die posisie rakende nie- wysigingsklousules in die Suid-Afrikaanse Reg vanaf die Shifren-beslissing in 1964 tot die Cecil Nurse-beslissing in 2008.
3
Verskaf ‘n kritiese bespreking van die regsposisie rakende formaliteite deur die reg en wetgewing bepaal. Verduidelik die posisie rakende nie-voldoening aan formaliteite. Analiseer en evalueer krities die posisie en teenwoordigheid van die “parol evidence”-reel in die Suid-Afrikaanse Reg, met verwysing na regspraak. Analiseer en bespreek krities die posisie rakende rektifikasie in die Suid-Afrikaanse Reg.
4
Bestudeer: Hutchison et al Hoofstuk 6. Goldblatt v Freemantle.
SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy v Shifren en Andere. Miller and Another v Damnecker. Cecil Nurse (Pty) Ltd v Nkola. Akasia Road Surfacing (Pty) Ltd en ‘n ander v Shoredits.
5
Inleiding tot formaliteite:
SA Reg volg informele benadering tot die skep van kontrakte. Goldblatt v Freemantle. Erken beide uitdruklike en stilswyende kontrakte en terme. Conradie v Rossouw: SA Reg inkorporeer die RH-konsep van ‘n kontrak as ‘n ernstige en opsetlike ooreenkoms. Christie: GEEN SPESIFIEKE FORMALITEITE WORD VEREIS VIR DIE SLUIT VAN ‘N AFDWINGBARE KONTRAK NIE.
6
Voordele van geskrewe kontrakte teenoor mondelinge kontrakte:
1. Voorbereiding gee aan partye die geleentheid om hul posisies te oorwwg voordat hulle hulself verbind. 2. Bewyslas word vereenvoudig. 3. Kans op verskille rakende die inhoud van die kontrak word beperk.
7
4. Litigasie word beperk. 5. Regsekerheid word geskep. 6. Remedies kan voorlopig ingesluit word. Goldblatt: Formaliteite kan vooraf deur partye geskep word.
8
Formaliteite deur partye bepaal:
Gewoonlik: ooreenkoms word op skrif gestel vir bewysregtelike redes, nie om formaliteite daar te stel nie. Indien formaliteite deur partye ingevoeg word, sal geen regsgevolge ontstaan indien die dokument nie op skrif gestel word nie. Onderskei tussen pre-kontraktuele onderhandelinge en formaliteite. Sien studiegids p. 62.
9
Nie-wysigingsklousules:
Effek: Geen gedeelte van die kontrak mag gewysig word op enige wyse anders as skrif nie. Voorkom mondelinge wysiging van die kontrak. Beskerm kontraktante teen dispute rakende probleme met bewys van wysigings aan hul kontrak. Brisley v Drotsky- sien opmerking deur Regter Cameron. Ooreenkomste vrylik en vrywilliglik aangegaan moet aan regseffek gegee word. Streng afdwinging van nie-wysigingsklousules deur howe veroorsaak dikwels probleme vir kontraktante.
10
Die Shifren-saak: Die respondente het skadevergoeding geeis in die hof a quo teen die appellante, aangesien laasgenoemde sy regte aan ‘n ander sedeer het sonder die toestemming van die respondente (hetsy skriftelik of mondelings). Die kontrak het die volgende klousules bevat:
11
Die huurder sal nie die reg he om die eiendom of enige gedeelte daarvan te onderverhuur nie, en sal ook nie die reg he om hierdie ooreenkoms aan enige ander persoon te sedeer sonder die skriftelike toestemming van die eienaar nie. Enige wysiging aan die bepalings van hierdie ooreenkoms moet in skrif wees, andersins sal sodanige wysigings van geen krag of effek wees nie.
12
Die appellant het die sessie erken, maar gepleit dat hy ‘n mondelinge ooreenkoms met die respondente aangegaan het in terme waarvan laasgenoemde ooreengestem het tot die sessie, op voorwaarde dat die appellant verantwoordelikheid vir die betaling van huurgeld deur die sessionaris geneem het. Hof a quo: Beslis dat die partye mondelings kon ooreenkom dat mondelinge wysiging van die kontrak voldoende sou wees.
13
Vraag voor die hof (Steyn RP):
Kon die partye ‘n geldige mondelinge ooreenkoms sluit waarkragtens die kontrak gewysig kon word sodat mondelinge toestemming vir sessie aanvaar sou kon word?
14
Sien Regter Steyn se gevolgtrekking op p. 64 van die studiegids.
Beslissing: ‘n Geskrewe kontrak kan nie mondelings gewysig word nie.
15
Cecil Nurse (Pty) Ltd v Nkola:
Respondent het aan die appellant ‘n voltooide waarborg en aansoek om krediet oorhandig. Waarborg het bepaal dat wysigings daaraan slegs bindend sou wees indien dit op skrif was. Appellant het aksie ingestel in die landdroshof vir betaling van skuld op grond van die waarborg. Respondent voer aan dat waarborg foutiewelik deur sy assistant gestuur is in sy afwesigheid.
16
Landdroshof beslis ten gunste van die appellant, maar dit is deur die Hooggeregshof omvergegooi.
Appelafdeling: Toe die oorspronklike waarborg geteken is deur die borg, het ‘n geldige kontrak totstand gekom. Die onus het op die borg gerus om te bewys dat die krediteur ingestem het tot die voorgestelde wysigings, en sodoende ‘n nuwe borgooreenkoms geskep het.
17
Huidige regsposisie: ‘n Skriftelike kontrak kan nie deur ‘n daaropvolgende mondelinge een gewysig word nie. Sien Neels se argument rakende die streng toepassing van die “Shifren straight jacket”, asook Van der Merwe et al se argument op p
18
Formaliteite deur wetgewing vereis:
Voorbeelde: Wet op Vervreemding van Grond. Algemene Regswysigingswet: Borgooreenkomste moet op skrif wees, en geteken deur of namens die borg. Nasionale Kredietwet: Kredietooreenkomste word in dokumentere vorm vereis.
19
Doel van formaliteite deur wetgewing:
“To ensure reliable evidence of the terms of the contract and so cut out wasteful litigation caused by faulty memory or attempts to maintain fraudulent claims or defences.” Christie
20
Nie-voldoening aan formaliteite mag lei tot nietigheid van ‘n kontrak.
Prestasie gelewer in terme van ‘n formeel- gebrekkige ooreenkoms word geag aangegaan te wees sonder enige regsgrond. Sien Reel van Carlis v McCusker op p. 67 van studiegids.
21
Die parol evidence-reel:
22
Doel: Verseker dat indien die partye ooreengekom het dat ‘n kontrak skriftelik sal wees, die partye se besluit gerespekteer sal word, en die daaropvolgende dokument sal die enigste getuienis van die bepaling van die kontrak wees. Enige ekstrinsieke getuienis rakende die onderhandelinge of die inhoud van die ooreenkoms word as misleidend beskou.
23
Wanneer ‘n dispuut ontstaan rakende ‘n ooreenkoms wat op skrif gestel is, sal ‘n party dikwels die behoefte he om ekstrinsieke getuienis te bring om sy weergawe van die inhoud en bedoeling van die kontrak te stel. Die reel beperk die aard en omvang van getuienis wat gebring mag word.
24
Die doel van die parol evidence-reel word deur middel van hofsake voorsien. Sien p in hierdie verband. Die reel sluit twee afsonderlike reels in: Die integrasie reel en interpretasie reel.
25
Integrasie-reel: Bepaal die mate waartoe ekstrinsieke getuienis toelaatbaar is ten einde die bepalings/inhoud van daardie deel van die kontrak te bepaal. Interpretasie-reel: Bepaal wanneer/tot watter mate ekstrinsieke getuienis gebring mag word ten einde die woorde wat in die ooreenkoms voorkom te interpreteer.
26
Wanneer sal die reel toepaslik wees?
Indien ekstrinsieke getuienis nie die terme van die ooreenkoms teengaan nie. Die volgende is nie onderhewig aan die reel nie: Ekstrinsieke getuienis vir die teegaan van erkennings van feite; Getuienis om die nietigheid/vernietigbaarheid van die kontrak te bewys; Ekstrinsieke getuienis nie versoenbaar met die kontrak nie.
27
Rectification: Risiko van geskrewe kontrak: Dokument mag dalk nie akkurate uitdrukking aan partye se gemeenskaplike bedoelings gee nie. Partye kan nie gebonde gehou word aan ‘n kontrak wat nie hul ware ooreenkoms weergee nie. “Rektifikasie”: Korreksie van ‘n kontraktuele dokument deur ‘n regsbevel. Kontrak self as regshandeling word nie gewysig. Slegs dokument word gewysig insover dit nie die partye se bedoelings korrek weergee nie.
28
Wanneer mag rektifikasie geeis word?
Rektifikasie stel nie wysiging van die kontrak daar nie. Bewys van vorige ooreenkoms is voldoende basis vir rektifikasie. Rektifikasie mag ook toegestaan word waar daar geen voorafgaande gemeenskaplike bedoeling was nie, bv waar ‘n bedrieglike kontraktant die dokument so opstel dat die ware bedoeling nie gereflekteer word nie.
29
Akasia Road Surfacing-Saak:
Rectification of a contract has as its purpose the bringing of the written document into harmony with the true intention of the contracting parties, which intention they failed, by reason of a common mistake…
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.