Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byHanne van Dongen Modified over 6 years ago
1
Kontraktereg eenheid 15 onmoontlikmaking van prestasie. MORA CREDITORIS
2
ONMOONTLIKMAKING VAN PRESTASIE: LEERUITKOMSTE:
Verduidelik die aard van onmoontlikmaking van prestasie, met spesifieke verwysing na die onderskeid tussen absolute en relatiewe onmoontlikheid. Lys en bespreek die vereistes vir onmoontlikmaking van prestasie. Onderskei tussen onmoontlikmaking van prestasie en ander vorme van kontrakbreuk in die algemeen. Bespreek die spesifieke gevolge van onmoontlikmaking van prestasie. Bespreek kansellasie op grond van onmoontlikmaking van prestasie
3
BESTUDEER: Van der Merwe et al: Hoofstuk 10, pp. 366-369. Saak:
Administrator, Natal v Edouard 1990 (3) SA 581 (A).
4
AARD: Gedrag na sluiting van kontrak waarmee skuldenaar dit vir homself onmoontlik maak om te presteer. Gedrag: Positiewe handeling of passiewe late. Onmoontlikheid kan geheel of gedeeltelik wees. Fisies onmoontlik, maar ook vir alle redelike en praktiese doeleindes onmoontlik.
5
Administrator, Natal v Edouard:
Dokter onderneem om pasient te steriliseer direk na geboorte van haar derde kind. Dokter versuim om sterilisasie uit te voer, en vrou word weer swanger. Dokter se late stel onmoontlikmaking van prestasie daar: versuim om vrou (suksesvol) te steriliseer.
6
Kan plaasvind voor, op of na datum van prestasie.
Prestasie kan absoluut (objektief) of relatief (subjektief) onmoontlik wees. Absolute onmoontlikheid voorspel wanprestasie met absolute sekerheid. Relatiewe onmoontlikheid voorspel wanprestasie met relatiewe sekerheid.
7
Kontrakbreuk in die vorm van onmoontlikmaking van prestasie is voltooid sodra prestasie voorkom is.
8
Vereistes: Kan slegs kontrakbreuk daarstel indien spesifieke gedrag inbreuk maak op ‘n kontraktuele verbintenis en derhalwe onregmatig is. Vis maior, casus fortuitous: wis verbintenis uit, geen aanspreeklikheid ontstaan. Bg: Geen kontrakbreuk: Element van wederregtelikheid ontbreek. Skuld: vereiste vir onmoontlikmaking.
9
Onderskeid met ander vorme van kontrakbreuk:
Onmoontlikmaking verskil met mora: in lg geval is prestasie nog moontlik, alhoewel laat. Positiewe wanprestasie: onmoontlikmaking vind plaas voor lewering van prestasie. Repudiasie: Voorspel wanprestasie met relatiewe sekerheid, terwyl onmoontlikmaking dit met absolute sekerheid voorspel.
10
Spesifieke gevolge: Geen bevel vir spesifieke nakoming kan gegee word nie. Indien prestasie slegs gedeeltelik onmoontlik geword het: spesifieke nakoming van moontlike deel. Skuldenaar bly aanspreeklik in terme van die verbintenis. Skuldeiser mag terugtree, kontrak in stand hou.
11
Vd Merwe et al: Verbintenis word wel uitgewis deur totale onmoontlikheid.
Kontraktant wat kontrakbreuk pleeg aan ander party skadevergoeding moet betaal.
12
Mora Creditoris: Negatiewe wanprestasie deur skuldeiser.
Leeruitkomste: Bespreek kortliks die aard van mora creditoris. Lys en bespreek kortliks die vereistes vir mora creditoris. Onderskei tussen mora creditoris en ander vorme van kontrakbreuk in die algemeen. Evalueer krities en bespreek die gevolge van mora creditoris.
13
Bestudeer: Van der Merwe et al. Hoofstuk 10 p. 372. SAKE:
Pienaar v Boland Bank LTA Construction v Minister of Public Works & Land Affairs
14
Aard en vorme: SKULDEISER versuim wederregtelik om samewerking te verleen ten einde skuldenaar in staat te stel om te presteer. Kan al plaasvind voor die aanbied van prestasie.
15
Vereistes: LTA Construction v Minister of Public Works & Land Affairs.
1. Die prestasie moet moontlik wees. 2. Skuldenaar moes behoorlik presteer het of behoorlike prestasie aangebied het. 3. Skuldeiser moes versuim het om die prestasie te aanvaar of om sy samewerking te gee in die prestasie deur die skuldenaar.
16
4. Die skuldeiser (krediteur) of sy werkmense moet in versuim wees.
5. Die krediteur moet skuldig wees (element van skuld moet teenwoordig wees- opset of nalatigheid.) Onthou: Mora creditoris is nie die enigste vorm van kontrakbreuk wat deur die skuldeiser gepleeg kan word nie: Sien voorbeelde op p. 123 en 124 van studiegids.
17
Pienaar v Boland Bank: Appellant leen ‘n bedrag geld vanaf eerste respondent (Boland Bank). Toe geld terugbetaal moet word, betaal ‘n derde party die volle bedrag namens appellant aan Boland Bank terug. Boland Bank as skuldeiser weier om betaling te aanvaar, aangesien dit nie deur die skuldenaar self aangebied is nie.
18
Hof beslis dat indien derde party presteer namens die skuldenaar, word dit gesien asof die skuldenaar self presteer het. Dit sou selfs die geval wees waar prestasie aangebied is deur ‘n derde party teen die wil van die skuldenaar.
19
Die Wederkerigheidsbeginsel:
Exceptio non adimpleti contractus. BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Precision Engineering (Edms) Bpk.
20
Wat behels die beginsel?
Verbintenis is wederkerig: Aangegaan op ‘n basis “een in ruil vir ‘n ander”. Wederkerige kontrak: Prestasie deur ‘n eiser is ‘n VOORWAARDE vir teenprestasie. Party tot wederkerige kontrak kan dus prestasie weerhou ten einde teenprestasie te verseker. Die reg om prestasie te weerhou: Exceptio non adimpleti contractus.
21
Dit is ‘n buitengewone remedie: Nie aksie vir litigasie, maar ‘n “eis in replikasie”.
22
BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Precision Engineering (Edms) Bpk:
FEITE: Einde 1973 het appellant ‘n plan ontvang vir die implementering van ‘n rubberpas aan die enjins van Ford voertuie. Maatskappy genaamd Paulstra sou artikel vervaardig en aan Ford lewer.
23
Ten einde die artikels te vervaardig, sou Paulstra ystervorms benodig.
Plan deur appellant ontvang vanaf Paulstra het spesifieke mates bevat en ‘n speling van 0,5 mm toegelaat. Dit sou simmetries wees- twee identiese helftes wat op mekaar pas.
24
Appellant het nodige tekeninge opgetrek en teen einde 1973 die respondent versoek om die metaalvorms te finaliseer ten einde ‘n prototipe daar te stel. Prototipe is aan Paulstra oorhandig, wat dit aanvaarbaar gevind het. Paulstra het toe ‘n bestelling van 16 vorms teen R5000 elk ingesit.
25
Appellant ontvang eers die produkte op 19 Junie 1974.
Appellant versuim om die respondent te betaal vir die eerste bestelling van vorms, en die respondent was dus onwillig om ‘n tweede bestelling van vorms te vervaardig. Respondent het ook oorsee gegaan en eers op 20 Julie 1974 teruggekeer. Appellant was toe reeds onder geweldige druk van Paulstra om vorms te lewer.
26
Op 15 Augustus 1974 het Paulstra die vorms getoets
Op 15 Augustus 1974 het Paulstra die vorms getoets. Die vorms het nie voldoen aan die ooreengekome spesifikasies nie. Op 16 Augustus het die respondent die appellant gekontak rakende betaling van die respondent se rekening. Appellant het meegedeel dat hy nie sou betaal nie, aangesien die werk foutief was.
27
Die respondent versoek toe dat die vorms aan hom teruggegee word sodat hy die nodige regstellings kon doen- appellant weier.
28
Toepassing: In die hof a quo baseer die appellant sy eis op die exceptio, deur te ontken dat eiser “has duly performed its obligations”. Jansen AR noem toe ‘n paar “aspekte van die wederkerigheidsbeginsel en die aanwending daarvan deur middel van die exceptio.
29
Vervolg in volgende lesing…
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.