Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byKurt Lenaerts Modified over 6 years ago
1
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 30 September 2 1 8 8
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste; ons lidmate; Onbeperk en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 39 van 2018 Voorbidding Dank Gebede -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe & omgee & dankie HERE dat U altyd daar is vir my! -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade…U is ons alles dankies aan U vanoggend! 30 30 September 2 1 8 8 Bid asb vir Janine Vorster – elke gebed is bitter nodig vir haar Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – hulle het elke gebed nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die verslaafdes vir volle genesing Bid vir Lottie Conradie – sy het MS en kry baie swaar Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Beatri Wagner – sy is ernstig siek Bid asb vir Alta Faurie vir volle genesing Bid asb vir Maria Steyn vir volle genesing Bid asb vir Suzette Fourie & dogter - haar dogter het kanker Bid asb vir Anet Beckman – sy is baie siek en kry chemoterapie Bid asb vir Oom Sampie Swart – hy is baie siek Bid asb vir Judy Hein – sy het borskanker Bid asb vir Isak Mofokeng – hy is ernstig siek Bid asb vir Hennie van Aswegen-hy gaan vir ‘n operasie Bid asb vir Lenie Jv Rensburg-herstel na ligte beroete Bid asb vir Desiré vd Walt-het rugoperasie gehad Deon Serfontein Tel: (016) Sel: DIE WEDREN, ONVOLTOOID” Wie van julle het al bv. seminare, kursusse, manne- vroue kampe of een van Rick Warren se 40-dae van.... ens. bygewoon of meegemaak? Al die goed sê ons is vir die opbou van geloof en of groei in geloof. Ek het al ʼn klompie van die goed meegemaak. My belewenis was dat ons begin met groot getalle en na die eerste byeenkoms, waar jy o.a. mekaar leer ken het, is almal baie opgewonde en opge-charge! Ongelukkig liewe vriende, voltooi die meeste van die mense nie die programme nie! Ek was by so ʼn geleentheid waar almal aan die begin oor die tyd en plek ooreengekom het, net om na 6 weke te vind dat daar ʼn handjie vol mense was wat hul sertifikate kom ontvang het! Na aanleiding van bogenoemde wonder ek of dit ook so is wanneer ons bv. Sondae na die verkondiging van die Evangelie luister. Is dit ook maar net daai ±50 minute van opgewondenheid en daarna is dit weer “business as usual”! Ek het die volgende stukkie waarheid raakgelees. Daar word vertel dat 'n Ethiopiër, John Akhwari, aan die marathon by die 1968 Olimpiese Spele in Mexiko deelgeneem het. Na sowat 30 km het sy bene onder hom ingegee en hy het geval. Hy het die mediese span gevra vir verbande, sy knieë toegedraai en voortgegaan om die ren te voltooi. Nadat die meeste toeskouers en atlete die stadion verlaat het, het hy oor die eindstreep gestruikel. Toe 'n verslaggewer hom gevra het waarom hy nie opgee het nie, het hy geantwoord. "My land het my nie gestuur om hierdie wedloop te begin nie, maar om dit te voltooi.“ As gelowiges het ons vir die lewe se grootste marathon ingeskryf toe ons tot geloof gekom het en ons lewens aan die Here Jesus Christus oorgegee het. Ongelukkig voltooi almal nie die wedloop nie; baie val en struikel om nooit weer op te staan, om nooit die wedloop te voltooi nie. Baie mense sê hulle wil meer tyd in gebed spandeer en dan gee hulle na net 'n paar dae op. Talle besluit om hul Bybel meer gereeld te lees, net om hulself ure lank voor die televisie of speletjies te bevind. Sommige het besluit om betrokke te raak by gemeente programme, uitreikaksies ens. net om hul rug op 'n verlore siel te draai. Ander het besluit om meer lief te hê net om hul hart vol vyandigheid of haat te vind. Kom ons dink net 'n oomblik hieroor na. Wat sou gebeur het as God nooit die skepping voltooi het nie? Of as Jesus halfpad na die kruis omgedraai het en nie ons verlossing met Sy dood gekoop het nie? Waarom dan is dit so moeilik vir ons om te volhard in hierdie wedren? Paulus skryf: "Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou." (2 Timoteus 4: 7) Maar Paulus moedig ons ook aan in 1 Timoteus 6:12 om die goeie stryd te stry.” In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê.” In die Good news Bible lees die vers: ”Run your best in the race of faith.” Hoekom is dit dan so moeilik vir ons om die wedloop te voltooi? Miskien voltooi ons nie die wedloop nie, want ons verhouding met God is skiet ver tekort. Ons onvermoë om te volhard, getuig daarvan dat ons nie heeltemal afhanklik is van die Here nie of selfs daarvan dat ons ons eerste liefde verloor het. As burgers van bo Filippense 3:20 ”Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.” het Jesus ons nie gestuur om hierdie wedloop te begin nie, maar om dit te voltooi. En as ons wil ingee of opgee, laat ons onthou dat dit Hy is wat ons die krag kan gee om die wedloop te voltooi. Laat ons herinner word aan die Here, deur wie ons alles kan doen. Laat ons onthou dat ons sonder Hom niks kan doen nie. Al wat ek wens is om CHRISTUS te ken en die krag van SY opstanding te ondervind Filippense 3:10 Gedagte vir die week Geloofs-vertroue woorde: Ek gaan nie RAAS nie…ek gaan net STIL wees! ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 26 Okt 2018 Onbeperk Konsert Articon Skool 04 Nov Gemeentefees; Nagmaal & John se afskeidspreek 11 Nov 2018 Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.