Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byFrank Gerd Geiger Modified over 6 years ago
1
Maksimum oes Joë 2:21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want JHWH doen groot dinge! Joë 2:22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag! Joë 2:23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in JHWH julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen. Joë 2:24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.
2
Job 12:7 Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; Job 12:8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
3
Mar 4:26 En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ʼn mens die saad in die grond gooi; Mar4:27 en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. Mar 4:28 Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ʼn halm, dan ʼn aar, dan die volle koring in die aar. Mar 4:29 En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is. Dit gebeur vanself……..die proses is reeds geskep, en dit produseer daarvolgens.
4
Woestyne lewer geen oes nie
5
Wat veroorsaak dat woestyne nie oes lewer nie?
Te min plante? Te min water? Te veel son?
6
Daar is genoeg vars water
68% Te min son!
7
Groenste areas waar die son die warmste is
Te veel son? Groenste areas waar die son die warmste is
8
Hoekom? Wheat requires a lot of sun. It grows best in full sun, but some parts of a field can grow well if partially shaded. Wheat is a grass that uses sun to create growth energy. More sun, as long as the plants' water and temperature requirements are met, generally results in better crop yields. Gardenguides.com Reënval
9
Son is verdrukking en vervolging
Mat 13:5 En ʼn ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; Mat 13:6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. Mat 13:18 Luister julle dan na die gelykenis van die saaier. Mat 13:19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. Mat 13:20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; Mat 13:21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ʼn tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.
10
Son is versoeking Jak 1:11 Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk. Jak 1:12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. Jak 1:13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Jak 1:14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Jak 1:15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Jak 1:16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders. Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. Jak 1:18 Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees. Jak 1:19 So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word. Jak 1:20 Want die toorn van ʼn man bewerk nie die geregtigheid voor God nie. Die mis-oes volg ook ʼn proses – ʼn proses van son – hitte – geen water – verdroging - dood
11
Daar kom ook ʼn einde aan die son: Die groot verdrukking is die laaste keer wat “son”skyn op ons siele Opn 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? Opn 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Opn 7:15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Opn 7:16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; Opn 7:17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
12
Water as beeld van die Gees
Mar 1:7 En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie. Mar 1:8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. Joh_1:33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. Joh 4:10 Jahshua antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. Joh 4:13 Jahshua antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; Joh 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ʼn fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Joh 7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jahshua gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Joh 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Joh 7:39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jahshua nog nie verheerlik was nie. Hnd 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Hnd 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
13
Die laaste dae het genoeg son vir ʼn goeie oes…..
2Ti 3:1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 2Ti 3:2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees……. 2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jahshua, sal vervolg word.
14
Maar daar sal ook meer reën val in die laaste dae …..
Hnd 2:16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: Hnd 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. Hnd 2:18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer. Hos 6:1 Kom en laat ons terugkeer tot JHWH; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hos 6:2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. Hos 6:3 En laat ons ken—laat ons dit najaag om JHWH te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
15
Koring se grootste risiko is heel aan die einde……
Mat 24:4 En Jahshua antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Mat 24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. Mat 24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Mat 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Mat 24:8 Maar al hierdie dinge is ʼn begin van die smarte. Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. Mat 24:10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. Mat 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. Mat 24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Mat 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
16
As die son baie warm word, Hy is getrou om nie die water te laat uit te giet nie – sodat ons oes nie verlore sal gaan nie. 1Ko 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ʼn menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
17
Die laaste dae se son sal baie koring doodbrand…
Die laaste dae se son sal baie koring doodbrand….maar daar sal ʼn oes wees om te versamel. Mat 24:25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. Mat 24:26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Mat 24:28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. Mat 24:29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. Mat 24:32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
18
Son, water – lewe of dood, dit kan beide veroorsaak
Son, water – lewe of dood, dit kan beide veroorsaak. Sonder dit is daar geen oes, met dit kan daar oes wees – as diepte van wortel genoeg is om die tye tussen reënval te oorbrug, en vog te vind onder die warmste brand van die son. Verdiep jou geloof terwyl jy sterk is, sodat jy die dae van sonskyn sal deurstaan.
19
Amen
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.