Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Oorsig Die Sondag staan bekend as Goeie Herdersondag en as Jubilate "Juig" uit Psalm 66:1-2. Ons kan juig oor die liefde van die Here, die Goeie Herder,

Similar presentations


Presentation on theme: "Oorsig Die Sondag staan bekend as Goeie Herdersondag en as Jubilate "Juig" uit Psalm 66:1-2. Ons kan juig oor die liefde van die Here, die Goeie Herder,"— Presentation transcript:

1 Oorsig Die Sondag staan bekend as Goeie Herdersondag en as Jubilate "Juig" uit Psalm 66:1-2. Ons kan juig oor die liefde van die Here, die Goeie Herder, wat sy lewe vir ons afgelê het. Ons lewe juig as ons liefde met die daad bewys. Ons lewe juig as ons getuig dat daar geen ander naam is waardeur mense gered word as die naam Jesus Christus nie (Hand 4). Ons kan juig oor ons Goeie Herder wat ons op elke pad van die lewe lei en ons soos ʼn gasheer ontvang (Ps 23). Ons juig oor die Goeie Herder wat ons lei en ons ken (Joh 10). Die liturgie vier juigend die wonderlike versorging van ons Goeie Herder en troue Here. Ander tekste Handelinge 4:5-12 Petrus en Johannes voor die Joodse Raad 4 Petrus en Johannes was nog besig om met die mense te praat toe die priesters, die bevelvoerder van die tempelwag en die Sadduseërs op Petrus-hulle afstorm. 2Die priesters en die ander was onthuts omdat die apostels die mense geleer het en verkondig het dat die opstanding uit die dood deur Jesus se opstanding ’n werklikheid geword het. 3Hulle het Petrus en Johannes gevange geneem, en hulle, omdat dit al laat was, in die tronk gesit tot die volgende môre. 4Tog het baie van die mense wat hulle prediking gehoor het, gelowig geword; en die getal gelowiges het aangegroei tot omtrent vyf duisend. 5Die volgende môre het die raadslede, die familiehoofde en die skrifgeleerdes in Jerusalem vergader. 6Ook die hoëpriester Annas, en Kajafas, Johannes, Aleksander en al die ander lede van die hoëpriesterlike familie was teenwoordig. 7Hulle het die apostels voor hulle laat bring en hulle ondervra: “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” 8Toe het Petrus, vol van die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Raadslede van die volk, en familiehoofde, 9julle verhoor ons vandag oor ’n weldaad aan ’n siek man en oor hoe hy gesond gemaak is. 10Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy hier gesond voor julle staan—dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het. 11Hy is die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. i 12Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” Psalm 23 Die Here is my herder 23 ’n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.    Johannes 10:11-18 Die goeie herder 10 “Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van ’n ander kant af inklim, is ’n dief en ’n rower. 2Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; 3vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. 4Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5Hulle sal nooit ’n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.” 6Deur hierdie beeld het Jesus met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie. 7Toe het Jesus verder gesê: “Dit verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 10’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12’n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ’n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13Hy is ’n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17“Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” 19Daar het toe verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde. 20Baie van hulle het gesê: “Hy is van die duiwel besete, hy is mal! Hoekom luister julle nog na hom?” 21Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van ’n besetene nie. ’n Duiwel kan tog nie blindes se oë genees nie?” Fokusteks: 1 Johannes 3:16-24 Liefde vir mekaar 11Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. 12Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s’n reg. 13Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie. 14Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood. 15Elkeen wat sy broer haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie. 16Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie—hoe kan die liefde van God in hom wees? ’n Goeie gewete voor God 18Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. 19Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. 20As ons gewete ons veroordeel—God is groter as ons gewete, en Hy weet alles. 21Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; 22en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind. 23En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod wat Hy ons gegee het. 24Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee. Eksegetiese opmerkings Bybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by Meegaande preek is 'n toevoeging tot die materiaal in Woord en fees. Ekstra stof Met erkenning aan Kinders van God lê hulle lewens af vir medegelowiges – 3:11-24 Regdoen sluit altyd die manier waarop ons met medegelowiges omgaan in. Dit het nie net te make met die herstel en versterking van ons verhouding met God nie, maar altyd ook met hoe ons met ander omgaan. Trouens, sê Johannes, dit was eintlik van die begin af so. En hy illustreer dit met die verhaal van Kain en Abel. Hulle verhaal moet gelowiges bedag maak daarop dat die wêreld hulle sal haat, omdat hulle die medegelowiges liefhet. Hulle moet ook daaruit leer dat iemand wat – soos Kain – sy broer of suster haat, nie die ewige lewe as iets blywends kan besit nie. Let op dat die teks nie hier oor fisiese doodmaak van ander praat nie, maar haat as net so sleg beskou. Weereens is Jesus die voorbeeld van naasteliefde. Hy hê sy lewe afgelê vir sy mense. Ons moet Hom daarin navolg. Dié liefde word dan prakties uitgelê dat as jy genoeg aardse besittings het, mag jy nie jou hart toesluit vir ’n medegelowiges wat gebrek ly nie. Liefde moet met dade en nie net woorde nie bewys word. Dit sal ons ’n goeie gewete voor God gee, wat ook sal inhou dat ons met vrymoedigheid sal kan bid en die ervaring van die inwoning van die Heilige Gees sal geniet. Erediens Tema PowerPoint agtergrond Die foto van die posseël waarna daar in die preekriglyn verwys word, is vanaf Wikipedia. Daar is onsekerheid of dit in die publieke domein is - dit is “marked for review”. Liturgie Paasroep Aanvangslied 411 Kom almal laat jul stem verrys vs 1,2,3 Aanvangswoord Seëngroet Lied 418 Blye môre, blyste van die dae vs 1 Op Goeie Herdersondag bely ons dat Jesus Christus die Goeie Herder is wat sy lewe afgelê het vir sy skape. Die Goeie Herder is egter ook die Opgestane Een en geloof in Hom wek Tabita op uit die dood (Hand 9). Die Goeie Herder gee die ewige lewe aan sy skape en Hy verseker hulle daarvan dat niemand hulle uit die Vader se hand sal ruk nie (Joh 10). Die goeie herder sorg vir ons (Ps 23). Jesus Christus is ook die verheerlikte Lam van God. Uiteindelik sal alle nasies die Lam aanbid, “want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei, en God sal self al die trane van hulle oë afdroog (Op 7).” Lees die geliefde Psalm 23 (OAV) rustig voor (lidmate kan ook gevra word). Hierdie tema is deur Jesus (enersyds die Lam en andersyds die Goeie Herder) uitgebrei… (Uit Johannes 10) Gebed Geloofsbelydenis Gebruik die Apostoliese Geloofsbelydenis of Psalm 23 (OAV, wat vooraf in ‘n Powerpoint voorberei kan word). Liedere Lied 23 Die Here is my Herder vs 1,2,3 (Lina Spies) Die bekende beryming van Totius (agter in liedboek) kan ook gebruik word “Net soos ‘n herder uittrek met sy skape…” Lied 577 Die Heer my herder sorg vir my 1,2,3,4,5 Epiklese Skriflesing 1 Johannes 3:16-24 Offergawes Wegsending Lied 400 Juig, juig in Hom vs 1-5 Seën Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan 1 Johannes 3:16-24

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Paasroep Voorganger: Gemeente, die Heer het opgestaan! Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan! Aanvangslied 411 Kom almal laat jul stem verrys vs 1,2,3 Aanvangswoord “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” (Uit Openbaring 5) Seëngroet Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. (Uit Openbaring 1:4-5) Lied 418 Blye môre, blyste van die dae vs 1 Op Goeie Herdersondag bely ons dat Jesus Christus die Goeie Herder is wat sy lewe afgelê het vir sy skape. Die Goeie Herder is egter ook die Opgestane Een en geloof in Hom wek Tabita op uit die dood (Hand 9). Die Goeie Herder gee die ewige lewe aan sy skape en Hy verseker hulle daarvan dat niemand hulle uit die Vader se hand sal ruk nie (Joh 10). Die goeie herder sorg vir ons (Ps 23). Jesus Christus is ook die verheerlikte Lam van God. Uiteindelik sal alle nasies die Lam aanbid, “want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei, en God sal self al die trane van hulle oë afdroog (Op 7).” Lees die geliefde Psalm 23 (OAV) rustig voor (lidmate kan ook gevra word). Psalm 23 Die Here is my herder. ’N PSALM van Dawid. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. 2Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 4Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 5U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. Hierdie tema is deur Jesus (enersyds die Lam en andersyds die Goeie Herder) uitgebrei… (Uit Johannes 10) 2Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; 3vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. 4Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5Hulle sal nooit ’n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.” 7Toe het Jesus verder gesê: “Dit verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 10’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 27”My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.” Gebed O Here, ons God, Skepper en Heerser van die groot heelal; U is ons herder, Here, en in U kom ons niks kort nie. U lei ons na groen weivelde en bring ons by waters waar daar vrede is. U laat ons by ’n feesmaal aansit en ons word oorlaai met hartlikheid (Psalm 23). Daarom prys ons u Naam, saam met die engelekore, saam met profete, apostels en martelare en saam met die gelowiges van elke tyd en plek wat vir ewig die grootheid van u Naam besing: Heilig, heilig, heilig, Here die Almagtige, die hele aarde is vol van u magtige teenwoordigheid. Hosanna in die hoogste. Geseënd is Hy wat in die Naam van die Here kom. Ons is skape van u weiding en Christus Jesus is die ingang. Hy het gekom sodat ons die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ons ken sy stem en daarom volg ons Hom (Joh 10:1-10). Met danksegging gee ons onsself aan U as lewende en heilige offers wat aan u diens toegewy is. Groot is die geheimenis van ons geloof: Christus het gesterwe, Christus het opgestaan uit die dood, Christus sal weer kom. Genadige God, stort u Gees oor ons uit... Maak ons deur u Gees een met Christus en een met u kerk in die hele wêreld. Vervul ons met diep ontsag sodat ons ons heelhartig kan toelê op die leer van die apostels, op ons onderlinge verbondenheid, op die gemeenskaplike maaltyd en op gebed, en sodat ons eensgesind kan wees en alles met mekaar kan deel volgens elkeen se behoefte (Hand 2:42-47). Deur Christus, saam met Christus, in Christus, een met die Heilige Gees, behoort alle eer en heerlikheid aan U, almagtige God, van nou af en tot in ewigheid. Amen. Geloofsbelydenis Gebruik die Apostoliese Geloofsbelydenis of Psalm 23 (OAV, wat vooraf in ‘n Powerpoint voorberei kan word). Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Liedere Lied 23 Die Here is my Herder vs 1,2,3 (Lina Spies) Die bekende beryming van Totius (agter in liedboek) kan ook gebruik word “Net soos ‘n herder uittrek met sy skape…” Lied 577 Die Heer my herder sorg vir my 1,2,3,4,5 Bogenoemde uit die liturgie van 21 April 2013 (Openbaring 7:9-17) soos beskikbaar by seisoenvanluister.co.za; die gebed uit die Basisliturgie in Paastyd, Bybelmedia 2014/2015. F220. Die Heer Is My Herder (RUBRIEK: Flammikidz / FLAM Gemeentesang – Geloof en Vertroue) Oorspronklike titel: De Heer is mijn Herder Teks en Musiek: Marcel Zimmer Afrikaanse vertaling: 2007 Faani Engelbrecht © 2000 Celmar Music Refrein: Die Heer is my Herder Hy is alles wat ek nodig het Hy bring my tot rus en Hy gee nuwe krag Hy lei my steeds verder op die regte pad wat ek moet gaan Die Heer is my Herder. Al gaan ek deur 'n donker dal ek hoef nie bang te wees Ek weet dat U my by sal staan U is naby, Heer Want wat ookal met my gebeur U help my telkens weer U gee my wat ek nodig het en nog soveel meer U goedheid en u liefde, Heer volg my vir altyd en ek mag naby aan U bly tot in ewigheid F72. Ons Glo! (RUBRIEK: Kruisfuur – Geloofsbelydenis) Teks en Musiek: Louis Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Ons glo as ons struikel dat ons op kan staan Ons glo in U liefde soos ‘n oseaan Ons glo in genade soos die see ‘n Stroom van vergifnis sleur ons mee En ons bely Ons glo dat die Herder sy kudde lei Ons glo dat die Leidsman die weg berei Alwys alwetend onsienlik Heer Onmeetlik sterke Verlosser Heer Ons glo! Ons glo daar’s ‘n more na die donker nag Ons glo aan ‘n bruilof wat die bruid inwag Ons glo in vervulling van die Woord In Christus oorwinnaar oor die dood Ons sing omdat ons glo Aanbid omdat ons glo Bely dit dat ons glo Ons loof U want ons glo

3 God praat met ons en ons luister
Epiklese Skriflesing 1 Johannes 3:16-24

4 Familie-oomblik Familie-oomblik
Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir voorsien onderstaande as poppekas- beurtspel kan ook gebruik word. [Dit is relatief maklik om “poppe” of maskers van papierbord te maak. Prent van pixabay, creative commons lisensie] Poppekas Skapie: Ek is bekommerd. Ek weet glad nie wat volgende in my lewe gaan gebeur nie. Ek weet nie waar ek my volgende bord kos gaan kry nie. Maar jy is my wagter. Ek vertrou jou. Ek glo jy sal vir my sorg. Maar wie doen dit vir jou? Dawid: Die Here is my Herder. Ek kom niks kort nie. Skapie: Ek loop rond op soek na kos en water. Ek is nie goed om dit te kry nie. Maar selfs as ek so ronddwaal, weet ek dat jy my sal lei na lekker weivelde en vars water om my dors te les. Wie doen dit vir jou? Dawid: Die Here laat my in groen weivelde rus. Na water wat verfris, lei Hy my. Skapie: Ek dwaal maklik af en raak verlore. Ek is nie altyd gehoorsaam as jy roep nie. Ek gaan soms na plekke waar ek nie moet wees nie. Maar jy bring my terug na waar ek moet wees. En jy is steeds lief vir my, selfs as ek weggedwaal het. Wie doen dit vir jou? Dawid: Die Here lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Skapie Ek weet daar gebeur soms slegte dinge met skape. Ek weet dat skape doodgaan. Ek weet dat ek ook eendag sal dood gaan, dalk sommer gou. Ek kan nie al die probleme van ʼn skaap se lewe hanteer nie. Ek sukkel om in vrede saam met die ander skape te lewe. Ek word siek, kry swaar en het soms pyn. Maar ek hoef nie bang te wees nie. Jy is altyd hier vir my. Met jou herderstaf wys jy vir my die regte pad. Jy is altyd hier in goeie en slegte tye. Jy gee my krag en versterking vir die lewe. Wie doen dit vir jou? Dawid: Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want die Here is by my. In sy hande is ek veilig. Skapie Soms voel ek maar alleen en eensaam. Is daar nie ander skape met wie ek kan gesels nie. Ek wei soms alleen en weet nie of ek genoeg gaan kry nie. Maar ek weet jy sal sorg selfs as daar jakkalse in die omtrek is. Jy is altyd naby as ek eet. Wie doen dit vir jou? Dawid: Die Here maak vir my ʼn partytjie gereed, voor die oë van my teëstanders. Hy ontvang my soos ʼn baie spesiale gas. Hy maak my beker vol seëninge. Skapie Is die Here regtig by my? Selfs al voel ek alleen, weet ek jy sal by my wees en vir my sorg. Wie sorg vir jou? Dawid: Waarlik die goedheid en liefde van die Here is by my en ek bly in die huis van die Here my lewe lank. Skapie: Dawid, wie kom hier aangestap? (Dawid sien Samuel aankom gaan hom te gemoet en gesels my hom. Hy gooi olie op Dawid se kop. Hy stap terug na die skapie.) Skapie: Wat het nou gebeur, Dawid? Dawid: Skapie, ek gaan koning van die Here se volk word. Hoe gaan ek dit ooit reg kry? Hoe kan ek ʼn koning wees? Met wie gaan ek oor probleme praat? Wie gaan my lei en versterk sodat ek ʼn goeie koning kan wees. Ek is bekommerd oor wat gaan gebeur. Skapie: Moenie wees nie, Dawid. Die Here is met jou. Hy sal jou lei en help. Jy gaan ʼn wonderlike koning wees. Dawid: Maar wat gaan van jou word, skapie? Wie sal nou jou wagter wees? Skapie: Moenie bekommer nie Dawid. Die Here is my Herder ook. Familie-oomblik

5 Preekriglyn Maximilian Kolbe was 'n Poolse priester wat op 15 Augustus 1941 as gevangene in die Nazi strafkamp, Auschwitz, gesterf het. Wanneer 'n gevangene uit die kamp ontsnap het, het die Nazi's tien ander gekies om van honger en dors te sterf. Toe 'n prisonier uit Auschwitz ontsnap, het een van die tien wat gekies is om te sterf, Franciszek Gajowniczek, begin uitroep: "My vrou! My kinders! Ek sal hulle nooit weer sien nie!" Op hierdie punt het Maximilian Kolbe na vore getree en gevra om in sy plek te sterf. Tot almal se verbasing het die Nazi kommandant die versoek toegestaan. Van die tien gevangenes wat gekies is om in die doodsafdeling van Blok 13 te sterf, het niemand uiteraard oorleef nie. Kolbe was egter die laaste om te sterf. Gajowniczek het later vertel: Ek kon Kolbe net met my oë bedank. Ek kon skaars begryp wat besig was om te gebeur. Dit was verstommend: Ek, die veroordeelde, kry die kans om te lewe en iemand anders offer sy lewe vrywillig op vir my – 'n vreemdeling. Was dit 'n droom? Ek is teruggesit in my ry sonder die kans om enigiets vir Maximilian Kolbe te sê. Ek is gered. Dit is aan hom te danke dat ek hierdie storie kan vertel. Die nuus het vinnig deur die hele kamp versprei. Dit was die eerste en klaaste keer in die geskiedenis van Auschwitz dat so iets gebeur het. Ek het lank skuldig gevoel oor Kolbe se dood. Deur toe te laat dat ek gered word, het ek sy doodsertifikaat geteken. Maar hoe meer ek daaroor dink, hoe meer besef ek 'n man soos hy kon nie anders gedoen het nie. Miskien het hy gedink as priester is dit sy taak om by die veroordeeldes te wees om hulle hoop te gee.... Gajowniczek is op 13 Maart 1995 in Pole oorlede, 53 jaar nadat Kolbe sy lewe gered het. Hy het jaarliks 'n reis na Auschwitz onderneem ter herinnering aan die man aan wie hy sy lewe te danke gehad het. In Duitsland is Kolbe se dood selfs met 'n posseël herdenk. Dit gee mens 'n idee hoe sy selfopoffering mense se verbeelding steeds aangryp.

6 Sekerheid en lewe Sekerheid en lewe
Die 1 Johannesbrief lê - in die aanloop tot ons teksgedeelte - klem op die onderskeid tussen "kinders van God" (1 Joh 3:1) en "behoort aan die duiwel" (1 Joh 3:7-8). Ons kan, sê die brief, die sekerheid in Christus hê dat ons aan God behoort. Vanuit hierdie nuwe identiteit leef ons geregverdig: Kinders, moenie dat iemand julle hieroor mislei nie: Elkeen wat reg leef, is regverdig, net soos Hy regverdig is. Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het." (1 Joh 3:7-8, NLV) Hoe jy jou identiteit in Christus verstaan, is bepalend vir hoe jy lewe. Ons kennis van Jesus, en die sekerheid dat ons aan Hom behoort, is gebou op wie Jesus is en hoe hierdie kennis gesagvol aan ons geopenbaar word deur die getuienis van die apostels. Soos 1 Johannes 5:13 dit stel: Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. Wie in Christus is, se lewe en gedrag lyk dus anders as dié van die familie van die duiwel. Daarom is die ware leer oor wie Jesus is, so krities belangrik. Jesus is die openbaring van God, en die gestalte van God se bedoeling met sy kinders: "Hiéraan weet ons wat ware liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê" (16). Sekerheid en lewe

7 Ons teksgedeelte Ons teksgedeelte
In ons teksgedeelte skryf Johannes dat ons verbintenis aan Christus in ons lewe getoets word. Die toets bestaan uit die keuse of ons in liefde of haat wil lewe. Om te kies vir liefde vra na insig in die wese van liefde. Wat is liefde? Vir die skrywer is dit moontlik om hierdie vraag te beantwoord, aangesien ons volgens vers 16 weet wat ware liefde is. Ons het die voorbeeld en getuienis daarvan: "Jesus het sy lewe vir ons afgelê!" Die toets wat aandui of ons werklik in en vanuit die liefde lewe, is dat gelowiges soos Jesus behoort te lewe. "Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê" (v 16). Dit bestaan daarin dat ons nie ons harte en emosies vir medegelowiges sluit nie, maar met deernis reageer op hulle aardse gebrek en nood. Medelye is uitdrukking van liefde en liefde is konkreet (18). Dit bestaan nie net uit woorde nie (lippetaal), maar word met die daad en gesindheid bewys, dus in opregtheid. In vers 21 praat Johannes oor vrymoedigheid om voor God (in sy teenwoordigheid) te kom. Hy gebruik die Griekse woord parrésia hier. Dit dui op ’n skoon gewete om vrymoedig met God te verkeer. Die parrésia beskryf die Christen se vryheid om beide God en mens te nader, veral in gebed. Dit het ook betrekking op vertroue in die tweede koms van Christus en die vryheid om rekenskap te gee in die oordeelsdag. Ja, die Christen ervaar `n wonderlike ligtheid in die teenwoordigheid van God. Ons teksgedeelte

8 Praktiese liefde Praktiese liefde
Wat beteken dit prakties om God lief te hê? 1 Johannes 3:18 gee ’n leidraad in antwoord op hierdie vraag: "Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings" (NLV). Dit is maklik om te praat van die liefde van God, maar dis ’n baie groter uitdaging om die liefde van God uit te leef. Die spreekwoord sê: "Woorde wek, maar voorbeelde trek." Dié spreekwoord beklemtoon dieselfde waarheid as 1 Johannes, naamlik dat ’n persoon se voorbeeld in praktiese optrede hard getuig. Watter boodskap dra ons dade oor? Is ons dade in lyn met ons woorde, of laat ons dade ons woorde beskaamd staan? Praktiese liefde

9 Vertikaal en horisontaal
Dit is maklik om te praat oor die liefde van God. Wanneer ons praat oor die liefde van God vir ons en ons liefde vir God, is dit ten diepste ’n vertikale verhouding wat ter sprake is. Dit gaan oor my verhouding met God. Dis intiem persoonlik en van ’n ander aard as tussen mense. Wat ons egter teenoor mense doen as uitvloeisel van God se liefde in ons, lê op die horisontale vlak. Dit het betrekking op ander mense en hoe die liefde van God in ons verhouding met ander tot uitdrukking kom. Dit het te doen met my roeping in diens van God in belang van my naaste. Vertikaal en horisontaal

10 Liefde vra fokus op Christus
Die geloofsgemeenskap aan wie 1 Johannes oorspronklik gerig is, was blykbaar verward oor wie gevolg moet word. Mense was so behep met die interpretasie van gebruike, dat hulle die fokus op Christus verloor het. Woorde "oor" Jesus en wat dit beteken, het eerder die fokus geword. Jesus Christus wat God se wêreld liefgehad, daarvoor gesterf en uit die dood opgestaan het om die sonde te oorwin, het self nie die aandag gekry wat Hy moes nie. Jesus se lewensstyl het uit die fokus verdwyn. Ons kan God nie sien nie, maar ons kan wel susters en broers sien – medegelowiges en mense in nood buite ons geloofsgemeenskap. Hoe kan ons praat van liefde teenoor God vir wie ons nie kan sien nie, indien ons nie ons suster en broer wat ons wel kan sien, lief het nie? Elke dag as ons mense sien, word ons opgeroep om mekaar lief te hê. Wie sê hulle het vir God lief, moet dit sigbaar maak in verhoudings met ander mense. Daar vind ons woorde oor God konkrete gestalte in praktiese dade. Liefde vra fokus op Christus

11 'n Sisteem van liefdeloosheid
Die skrywer van 1 Johannes skryf aan die gemeente omdat daar verdeeldheid is. Die verskillende interpretasies oor Jesus Christus het gelei tot dwaalleer en dwaalpraktyke. Mens kry die indruk dat die dwaalleer wat Johannes bestry het, verder ontwikkel het in ’n sisteem van denke en leefwyse. In Suid-Afrika verstaan ons wat verdeeldheid beteken, ook binne die kerk. Hier is verskillende erkende tale en te veel kerke om op te noem. Ons het ’n geskiedenis van kerklike, kulturele en rasse-verskeurdheid, ’n sisteem wat mense verdeel en uitmekaar hou. Ons teksgedeelte uit 1 Johannes spreek die verdeeldheid aan, deur die volgelinge van Jesus aan te moedig om liefde te betoon teenoor mekaar. Die een aspek wat tot verdeeldheid aanleiding gee is ’n ekonomiese faktor, dié tussen ryk en arm. "Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?" (1 Joh 3:17). God se liefde vir ons word as motivering aangebied dat ons mekaar ook moet liefhê – nie net in woorde nie, maar ook in dade (daad-werklik). 'n Sisteem van liefdeloosheid

12 Liefde teenoor alle mense
Die gemeente of gemeenskap het ’n groot verantwoordelikheid om die voorbeeld van Jesus ernstig te ondersoek en na te volg. Leiers moet die gemeente voorgaan om, na hierdie voorbeeld, liefde te betoon teenoor alle mense wat die Here aan hulle toevertrou. Die verdeeldheid in die burgerlike samelewing en geloofsgemeenskappe word aangespreek deur die voorbeeldige lewe van Jesus Christus. Gelowige leiers en gewone Christene kan ’n heilsame invloed hê op die samelewing en gemeenskappe. Maximilian Kolbe is 'n uitstekende voorbeeld hiervan. Selfs vanuit die grootste denkbare posisie van onmag – 'n gevangene in 'n dodekamp – het hy die opsie van naasteliefde en diens gekies. Ons word juis 'n liefdesgemeenskap, en 'n bron van liefde na buite, indien ons Jesus Christus toelaat om ons te lei – in woord en daad – deur die werking van die Heilige Gees. Liefde teenoor alle mense

13 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Offergawes
Offergawes Wegsending Lied 400 Juig, juig in Hom vs 1-5 Seën Die Here, die Goeie Here sal julle Herder wees. Hy sal vir julle sorg en op die regte paaie lei sodat julle sal juig tot eer van sy Naam. (Uit Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir ) Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen. of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan 1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan, vra ons u seën, waar ons hier voor U staan. U het u goedheid weer aan ons betoon, ons saamwees in u Naam met guns bekroon. 2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees, laat ons vir ander ook tot seën wees. Maak ons getuies van u Naam, o Heer, dat ook die wêreld U sal dien en eer. 3. U wat in liefde altyd by ons bly, wees ons tog in ons lief en leed naby. Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer, maak ons volhardend in geloof al meer. Volgende erediens 1 Johannes 4:7-21 Liturgie en Familie-oomblik: Wicus Wait Powerpoint: Rethie van Niekerk Preekverwerking: Danie Mouton (met erkenning aan bybelskool.com) Proses en ekstra stof: Chris van Wyk

14


Download ppt "Oorsig Die Sondag staan bekend as Goeie Herdersondag en as Jubilate "Juig" uit Psalm 66:1-2. Ons kan juig oor die liefde van die Here, die Goeie Herder,"

Similar presentations


Ads by Google