Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 14 Februarie 2 1 6 6
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 07 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Jasper v Zyl – hy het kanker Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Corrie Oberholzer – hy het kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Johan Steyn – hy het genesing nodig Bid asb vir Altie vd Merwe – hy het kanker Bid asb vir Serge Degua – gaan vir ‘n operasie Bid asb vir Hannelie Kleynhans – sy het gebed nodig Bid asb vir Jessica Brown – sy het Brown sindroom in haar een ogie. Sy is nog te klein vir ‘n operasie – kleindogter van André & Martie Jooste Bid asb vir Maria Steyn – bid vir genesing Bid asb vir James Vermaak – bid vir herstel van sy longe Bid asb vir Doreen Verster–vir spoedige herstel-gewas is verwyder Bid asb vir Daleen Schriven – vir herstel na operasie -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 14 14 Februarie 2 1 6 6 Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Wat is die liefde? “…Ons moet mekaar liefhê…” 1 Joh 4:7 Die liefde raak nie sommer agterdogtig nie, maar vertrou vinnig; oordeel nie vinnig nie, maar verdedig gou; gee nie graag aanstoot nie, maar neem ander in ag; stel nie sommer bloot nie, maar beskerm vinnig; toon empatie eerder as om te berispe; waardeer eerder as om te verkleineer; eis nie sommer nie, maar gee eerder; stook nie die kwaad nie, maar help eerder; neem nie maklik ander kwalik nie, maar vergewe gou. Jerry Cook vertel van ‘n kerk waar die mense die volgende beloftes aan mekaar maak: “Ek sal nooit bewustelik iets doen of sê om jou seer te maak nie. Ek sal altyd probeer om jou te help en ondersteun. As jy neerslagtig voel, sal ek jou probeer opbeur. As jy iets nodig het en ek het dit, sal ek met jou deel of vir jou gee. Dit maak nie saak wat ek oor jou uitvind nie en al gebeur wat ook al – goed of sleg – in die toekoms, sal my belofte aan jou nie verander nie. Daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. 1 Kor 13:7 NV sê: 1 Die liefde:…GLO alles…” As iemand waarvoor jy omgee onder verdenking geplaas word, vereis die liefde van jou om daardie persoon te verdedig. 2 “…HOOP alles…” Die liefde sien ander nie net soos wat hulle is nie, maar soos wat hulle kan wees deur GOD se genade. GOD kan hierdie soort liefde in jou hart aanwakker. 3 “…VERDRA alles…” Jy moet vasstaan in jou liefde vir ander. Vat vandag die liefde wat GOD vir jou gegee het en gee dit vir ander. LUISTER, al WIL jy NIE hoor NIE… Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van CHRISTUS deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by SY wederkoms in heerlikheid. 1 Petrus 4:13 OPREGTHEID … Die HERE het ‘n afsku aan leuenaars; HY hou van betroubare mense. Spreuke 12:22 Gedagte vir die week : Gebed is … bewus word Gebed is … nadering Gebed is … stil word Gebed is … fokus Gebed is … praat Gebed is … luister Gebed is … sê Gebed is … emosie Gebed is … doen Gebed is … lewe Gebed is … KRAGTIG! Die HERE is my HERDER …NIKS sal my ONTBREEK nie ... PS 23:1 Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 11 Mar 2016 Frank Opperman NG Kerk Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade – hierdie is regtig ‘n aand wat jy nie mag of kan misloop nie. Besrpeek jou plek nou!! Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.