Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Module 1 Kreatiewe denke ... of wat nou weer ?.

Similar presentations


Presentation on theme: "Module 1 Kreatiewe denke ... of wat nou weer ?."— Presentation transcript:

1 Module 1 Kreatiewe denke ... of wat nou weer ?

2 K-R-E-A-T-I-E-W-E D-E-N-K-E
K-r-e-a-t-i-e-w-e d-e-n-k-e is om … of wag 'n bietjie! Kreatiewe denke is mos nie om almal in 'n koor agterna te sing nie. Jy moet juis jou eie “wysie” kan uitdink. Jou ma sê mos altyd jy is op 'n planeet van jou eie, en jy dink mos jy weet alles. Uiteindelik! Die oomblik het aangebreek! Jy gaan nou sowaar gevra word om jou EIE OPINIE TE GEE! En ja, ek sal dit regtig ernstig opneem, omdat jy gaan leer om vir jouself te dink en om probleme op 'n kreatiewe wyse op te los!

3 Die doelwit van Module 1 is om
jou aan kreatiewe denke bekend te stel, om jou in te lig oor wat kreatiewe denke is, hoe persone lyk wat kreatief kan dink en waarom kreatiewe denke nodig is.

4 WERKSWYSE Kom ons kyk na wat 'n paar van die geleerdes hieroor te sê het. Dit lyk asof hulle baie te sê het. Daar bestaan meer as 400 definisies oor kreatiewe denke! Neem nou jou kreatiewe denke werkboek en skryf ongeveer vyf tot tien dinge neer wat jy dink kreatiewe mense dink. Skryf nou 'n paar idees neer oor wat jy dink kreatiewe mense doen?

5 DEFINISIES OOR KREATIEWE DENKE
Het jy geweet dat jy sopas kreatief gedink het? Om kreatiewe denke te definieër (of omskryf) is kreatiewe denke op sigself. Die kern van die woord “kreatief” kom van die Latynse woord creatus, wat letterlik beteken om te groei of te maak. Kreatiewe denke kan ook beskryf word as die vermoë om probleme op 'n oorspronklike, unieke wyse op te los, of om oorspronklike, bruikbare produkte te ontwikkel. 'n Oorkoepelende definisie van kreatiewe denke beskryf die vermeerdering van orde en die vermindering van chaos wat tydens die kreatiewe denke proses plaasvind. Kreatiewe denke verwys verder na die potensiaal om nuwe idees, wat taakgerig en van hoë kwaliteit is, te vorm.

6 DEFINISIES OOR KREATIWITEIT
Kreatiewe denke is dus om met nuwe oë na die wêreld te kyk, om die son in te slurp, om jou eie wysie te sing en om die toekoms met ope arms tegemoet te gaan!

7 WIE IS EK? EN KAN EK KREATIEF DINK?
Noudat jy weet wat kreatiewe denke is, is die vraag of jy oor kreatiewe denke beskik? Elke mens is uniek en ingewikkeld met baie verskillende eienskappe en vaardighede. Dit neem tyd om al die verskillende aspekte van jouself te leer ken en die beste dele van jouself te ontwikkel. Jy het nou die geleentheid om ten minste een aspek van jou unieke menswees te ontdek en te ontwikkel, naamlik jou vermoë om kreatief te dink. Ons ken al die verskillende tipes: Die “eienaardige” mense, die “kunstenaarstipes” wat selfs volgens jou op 'n planeet van hul eie is. Goeie nuus, ouens! Jy kan kreatief dink en nog steeds “normaal” voorkom! Glo jy my nie? Kom ons kyk na 'n voorbeeld van een van die kreaftiefste denkers van alle tye, naamlik Albert Einstein.

8 Albert Einstein E=mc²

9 Albert Einstein is steeds die wêreld se beroemdste Wiskundige en Wetenskaplike.
Tussen 1905 en 1925 het Einstein die menslike begrip van die natuur in elke aspek beïnvloed, van die kleinste deeltjie tot die kosmos as 'n geheel. 'n Belangrike vraag is: Waarom kon Einstein so besonders kreatief dink?

10 'n Paar voorbeelde van sy lewenswerke is die volgende:
Hy het die relatiwiteitsteorie reeds in 1905 ontdek. Jy het seker al van die beroemdste verhouding in fisika gehoor, naamlik e=mc². Einstein het ontdek dat metings van tyd en afstand sistematies wissel, aangesien enige iets relatief tot iets anders beweeg. In dieselfde jaar ontdek hy die kwantumteorie van lig, wat beteken dat lig as klein deeltjies bestaan. Hierdie deeltjies word fotons genoem. Om sy relatiwiteitsteorie te bewys, hanteer hy lig as 'n voortdurende veld van golwe. In dieselfde jaar ontdek hy ook 'n nuwe metode om te tel en ook dat atome werklik bestaan. Dit klink alles baie ingewikkeld. 'n Mens wat sy/haar brein meer as die gemiddelde persoon benut, is 'n persoon wat iets kan doen wat niemand anders verstaan nie en dit boonop kan laat werk! Einstein kon sy breinkrag bo-gemiddeld benut, maar baie ander mense (dit sluit jou in) kan dit ook doen.

11 Dit is egter nie al wat hom spesiaal gemaak het nie.
'n Besonderse eienskap van Einstein en sy familie was hul sin vir humor. Humor gee daartoe aanleiding dat mense hul persoonlike probleme makliker kan hanteer (dit wil sê hulle beskik oor sielkundige veerkragtigheid). Humor kan mense ook help om van die gewone te onttrek om interessante en “anderster” eienaardighede in hul verbeelding raak te sien. Byvoorbeeld: om 'n ruimtetuig te sien wat teen die spoed van lig met behulp van 'n versperring opgestoot word!

12 Einstein was ook 'n goeie, hardwerkende student wanneer hy in iets belanggestel het en gekonsentreer het. Einstein se familie het hom egter aangemoedig om gesag te bevraagteken en reëls te verbreek. Hy het as gevolg hiervan nie goeie getuigskrifte van sy onderwysers ontvang nie. Einstein se ouers het daarenteen vertroue in hom geplaas en sy selfvertroue gebou.

13 Einstein het nie na die voltooiing van sy graad direk in sy rigting gaan werk nie.
Dit het hom tyd gegee om oor dinge na te dink (om te reflekteer). Hy het ook dikwels na nuwe plekke gegaan om rond te loop en te dink en kon sodoende sy uitkyk op die wêreld (m.a.w. sy perspektief) verbreed. Einstein het vir vyf jaar lank nie nodig gehad om akademiese werkstukke vinnig en kunsmatig te voltooi nie. Hy het gevolglik die ruimte gehad om sy idees te ondersoek (eksploreer) en kon solank as nodig aan idees werk. Later het dit vir hom nodig geword om na die akademie terug te keer, sodat hy op hoogte van nuwe ontwikkelings kon bly.

14 Einstein het 'n hoë vermoë tot wetenskaplike denke gehad, maar ook 'n hoë etiese- en morele waardestelsel. Hy het veral waarde geheg aan familie en vriendskap. E=mc² gaan dus ook oor 'n persoon wat teenkanting oorkom het om een van die kreatiefste denkers ooit te word!

15 Nie almal van ons is Einstein nie en jy hoef nie oor al die eienskappe van ’n kreatiewe denker te beskik nie. Gewone mense soos ek en jy kan ook kreatief dink. Kreatiewe denke behels om in die alledaagse lewe op baie verskillende, nuwe maniere na die lewe rondom jou te kyk. Neem as voorbeeld jou ma wat die wonderlikste koeke kan bak en met die kruideniersware in die huis die interessantste nuwe geregte kan optower. Jou pa het dalk al die vreemdste aasmengsels uitgedink wanneer julle gaan visvang en wonder bo wonder werk dit! Jy moes dalk al self baie planne uitdink om jou ou fiets aanmekaar te hou. Jou vriend dink dalk allerhande kreatiewe verskonings uit oor waarom hy alweer nie sy huiswerk gedoen het nie. Hy word dalk nog eendag die kreatiefste misdadiger!

16 Geleerde ouens se omskrywings
van hoe 'n kreatiewe persoon lyk

17

18 streef na selfaktualisering:
Persone wat kreatief kan dink: streef na selfaktualisering: Hulle probeer dus om alles te wees wat hulle moontlik kan. Kreatiewe denkers is ambisieus (stel hoë doelwitte) en is doelgerig wanneer hulle projekte aanpak, maar is ook selfloos en bereid om hulself ondergeskik te stel ter bevordering van die projek. Hulle is dus tegelykertyd baie trots en nederig. Hierdie persone besef dat hulle “op die skouers van reuse” (voorgangers wat reeds sukses in hul onderskeie rigtings behaal het en op wie se werk voortgebou kan word) staan. Kreatiewe denkers is egter ook trots op dit wat hulle self vermag het. Gewoonlik is hierdie fase van korte duur, want kreatiewe mense is so gefokus op toekomstige projekte dat hulle vorige prestasies hul nie lank interesseer nie!

19

20 het 'n groot mate van Energie,
Persone wat kreatief kan dink: het 'n groot mate van Energie, maar hulle is ook dikwels stil en weet wanneer om rustye te neem. Wanneer kreatiewe denkers in 'n kreatiewe gemoedstemming is, werk hulle lang ure volgens hul eie tydskedule. Hulle werk met groot konsentrasie aan die gegewe taak, terwyl hulle steeds uitgerus en entoesiasties voorkom. Tydens hierdie fase konsentreer hulle dikwels nie op ander take nie. Hulle slaap egter ook lang ure en rus baie. Dit beteken dat hulle self hul energie beheer en nie deur faktore buite hulself (soos die horlosie) beheer word nie. Hulle lei dus 'n gebalanseerde lewe, met genoeg tyd om te werk, rus en “speel”.

21

22 is geneig om hul breinkrag bo-gemiddeld te benut.
Persone wat kreatief kan dink: is geneig om hul breinkrag bo-gemiddeld te benut. Hulle is nuuskierig, oplettend en het verskillende belangstellings. Kreatiewe denkers neem die wêreld op 'n “anderster” wyse waar. Hulle hou daarvan om met nuwe idees te speel en ondersoek in te stel. Hulle geniet nuwe, ongewone ervarings.

23

24 is in staat om hul verbeelding te gebruik,
Persone wat kreatief kan dink: is in staat om hul verbeelding te gebruik, te fantaseer, is oorspronklik, het 'n aanvoeling (intuïsie) vir take en is passievol daaroor. Hulle het 'n sin vir humor en is speels, amper soos 'n kind.

25

26 toon ook volwassendheid
Persone wat kreatief kan dink: toon ook volwassendheid Hulle is selfgedissiplineerd, hardwerkend, verantwoordelik en beskik oor deursettingsvermoë. Kreatiewe denkers is ernstig oor die gevolge van hul gedrag, is realisties en neem alle aspekte van 'n saak in ag.

27

28 Persone wat kreatief kan dink:
is aanpasbaar, buigsaam en verdraagsaam met betrekking tot dubbelsinnigheid. Kreatiewe denkers is dus bereid om in “grys areas” te leef. Hulle geniet ingewikkelde take, maar vereenvoudig dinge om 'n taak te voltooi. Hulle aanvaar ook nie slegs een antwoord as 'n oplossing nie, maar sal hou by die antwoord waarop besluit is.

29

30 Persone wat kreatief kan dink:
kan baie idees en antwoorde vir 'n probleem uitdink (divergente denke). Kreatiewe denkers kan ook die een beste oplossing vir 'n probleem, wat goed omskryf is, bepaal (konvergente denke).

31

32 gebruik altwee helftes (kante of hemisfere) van hul brein.
Persone wat kreatief kan dink: gebruik altwee helftes (kante of hemisfere) van hul brein. Die regterkant, wat divergent dink kan baie moontlike oplossings vir 'n probleem uitdink en is nie altyd bewus van wat buite die mens aangaan nie (onbewus), is verbeeldingryk en voel dinge aan. Die regterkant ag aspekte wat nie met taal te doen het nie as belangrik, soos die geestelike, ruimtelike beelde of prentjies, die kunstige, musikale, emosionele en ook menseverhoudings. Die regterkant kan al hierdie aspekte in ag neem en dit saamvat. Die linkerkant dink konvergent (kan die een beste oplossing uit baie moontlike oplossings kies), kan dinge in volgorde ontleed, sowel as die oorsake en gevolge van dinge in ag neem, kan probleemoplossend dink, hou van struktuur, kan beplan en organiseer. Die linkerbrein is ook bewus van wat om hom aangaan (bewus), taalkundig, logies, realisties, prakties, tegnies en neem alle feite in ag. Kreatiewe denkers staan wel met hul koppe in die wolke, maar met hul voete stewig op die aarde!

33

34 Persone wat kreatief kan dink:
kan die samelewing se tradisionele reëls volg en is konserwatief, maar is ook vraagstellers. Kreatiewe denkers kom dus nie altyd die reëls na nie en is soms rebels, hulle doen dinge soms op “anderster” maniere en mag eienaardig vir ander mense voorkom omdat hulle bereid is om kanse te waag. Hulle het dus 'n behoefte daaraan om die reëls van die lewe te ken en in 'n mate te volg, maar wil ook graag “anders” as die res van die mense te wees.

35

36 Persone wat kreatief kan dink:
is sensitief en ken hulself (hul eie gevoelens, idees, sterk en swak punte). Hulle doen ook graag hul eie ding en maak op hulself staat. Hulle vertrou op die manier waarop hulle hul breinkrag kan benut, sowel as hul vermoë tot kreatiwiteit en die waarde van hul werk. Kreatiewe denkers voel egter ook met tye onseker, veral met betrekking tot die mense rondom hulle. Wanneer kreatiewe denkers oop (divergente) denke toon en baie belangstel in projekte wat vir ander mense “vreemd” voorkom, word hulle dikwels as afwykend deur die meerderheid beskou. Die kreatiewe denker kan dan geïsoleerd en misverstaan voel. Hulle het gevolglik 'n sterk behoefte dat hul kreatiewe idees, produksies of prestasies aanvaar moet word. Die openheid en sensitiwiteit van kreatiewe denkers stel hulle dikwels bloot aan pyn en swaarkry, maar hulle is ook bereid om kritiek te ontvang en seer te kry. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat hulle ook uiterste genot en ekstase ervaar sodra 'n taak voltooi is. Die moeilikste ding vir kreatiewe denkers om te hanteer is wanneer hulle om een of ander rede nie kan werk nie.

37

38 het 'n positiewe ingesteldheid teenoor die lewe oor die algemeen.
Persone wat kreatief kan dink: het 'n positiewe ingesteldheid teenoor die lewe oor die algemeen. Hulle verplaas nie verantwoordelikheid nie, dra nie wrokke nie en blameer nie. Hulle mors nie hul tyd met onbenullighede nie, maar fokus eerder hul energie op kreatiewe aktiwiteite en dit waaroor hul passievol voel. Kreatiewe denkers beskik oor sielkundige veerkragtigheid (die vermoë om lewensprobleme en terugslae te oorkom), sowel as lewensvreugde!

39 Die goeie nuus is egter: Wanneer die kreatiewe denker wel in hul area van kundigheid werk, val bekommernisse weg en word dit vervang deur 'n gevoel van welbehae. Wanneer kreatiwiteit vloei word doelwitte vir die kreatiewe denker duidelik. Daar is 'n balans tussen uitdagings en vaardighede, planne word in werking gestel, daar is geen afleidings en geen bekommernis oor mislukking nie, selfbewustheid verdwyn, die sin van tyd vervaag, daar is onmiddellike terugvoer oor vordering en die aktiwiteit word geniet en benut om latere doelwitte te bereik. Nie alle kreatiewe denkers word dus direk en altyd deur geld gemotiveer nie.

40 Klink dit dalk onmoontlik om so te wees
Klink dit dalk onmoontlik om so te wees? Onthou, nie almal van ons kan aan al hierdie eienskappe voldoen nie. Normale mens beskik ten beste oor slegs 'n paar van hierdie eienskappe. Die kern hiervan is om jou verbeelding te kan gebruik, vrae te stel, kanse te waag en bereid te wees om vanweë jou “andersheid” soms kritiek te verduur, om selfkrities te wees en met selfdissipline hard te kan werk. Onthou, elke mens beskik oor 'n mate van kreatiewe denke en dit is 'n vaardigheid wat ontwikkel kan word. Baie mense glo egter nie dat hulle daartoe in staat is om kreatief te dink nie. Jonathan Livingston Seagull vra die volgende vraag: “Why is the hardest thing in the world to convince a bird that he is free, and that he can prove it to himself if he’d just spend a little time practising?”

41 Skryf nou in jou kreatiewe werkboek die eienskappe neer waaroor jy, volgens jou mening, beskik wat van jou 'n kreatiewe denker maak.

42 “MAAR WAT DAARVAN?” Noudat jy weet wat kreatiewe denke is, dat dit ontwikkel kan word en oor watter eienskappe die kreatiewe denker beskik, wil jy seker weet waarom dit nodig is om kreatief te dink? Om onkreatief te dink is tog soveel makliker! Al wat jy hoef te doen, is die volgende: Glo dat dinge wel na jou kant sal kom, “omdat jy dit verdien”; Laat geleenthede by jou verbygaan, terwyl jy met jou vriende/vriendinne kuier, televisie kyk, of droom van hoe jy eendag nog …; Glo dat jy in elk geval nie daartoe in staat is om kreatief te dink nie; Of erger nog, dat kreatiewe denke geen waarde het nie!

43 “MAAR WAT DAARVAN?” Ander faktore wat kreatiewe gedrag beperk is die volgende: Stres: Energie wat andersins positief benut kon word, word deur 'n oormaat stres (spanning) uitgeput. Dit is ook sleg vir jou gesondheid. Roetines: Vasgestelde maniere waarop dinge gedoen word het hul plek, maar om jou lewe rondom roetines in te rig beperk jou beskikbare omvang response en kan lei tot die teenpool van kreatiewe denke, naamlik om altyd net die reëls wat deur andere vasgestel is, te volg. Vaste opvattings: 'n Sterk houding teenoor 'n saak kan ons moontlikhede beperk, sowel as die wyse waarop jy inligting ontvang en verwerk. Inligting wat nie met die opvatting ooreenstem nie word “uitgefiltreer” sodat jy “tonnelvisie” ontwikkel en onbewus bly van ander belangrike inligting. Om voortdurend in te skakel by die samelewing se reëls, samewerking te oorbeklemtoon en 'n negatiewe houding teenoor kreatiewe denke, sluit hierby aan. Vrese: Vrees om jouself uit te druk en uit te leef en oormatige kritiek, ook van jouself, kan kreatiewe denke beperk. Vrese vir verandering, om risiko’s te neem en vir moontlike mislukking, sluit hierby aan.

44 Skryf nou in jou kreatiewe denke werkboek ongeveer vyf tot tien aspekte van jouself neer wat moontlik struikelblokke teen jou vermoë tot kreatiewe denke mag wees. 1 Skryf nou ongeveer vyf tot tien van die belangrikste probleme in jou eie lewe neer wat jy graag sal wil oplos. 2 Stel jouself voor toe jy kreatief gedink het. Skryf in jou kreatiewe denke werkboek neer hoe jy gevoel het. 3 Stel jouself nou 'n keer voor toe jy nie kreatief gedink het nie en dus geglo het dat jy sonder idees is. Skryf in jou werkboek neer hoe jy toe gevoel het. 4

45 Dít is die verskil tussen hoopvol wees en hopeloos voel; om geen ander uitweg te sien nie of veelvuldige uitwegte te sien; om slegs te sien wat is, of wat kan wees; met ander woorde om òf onkreatief òf kreatief te dink. Wat is jou keuse?

46 VANDAG SE KREATIEWE DENKE UITDAGINGS:
KREATIEWE DENKE UITDAGING NOMMER 1: Soos vroeër genoem is Einstein een voorbeeld van 'n verskeidenheid mense wat binne verskillende terreine en oor die eeue heen kreatief gedink het. Neem nou jou kreatiewe denke werkboek en skryf die naam neer van 'n persoon wat volgens jou oor 'n uitstaande vermoë tot kreatiewe denke beskik. Dit kan 'n vriend/vriendin, 'n familielid of onderwyser/es, of selfs 'n bekende persoon wees. Doen nou 'n stukkie navorsing oor dié persoon. In die komende week, neem jou tyd om oor daardie persoon te dink en beskryf die persoon in jou werkboek. Wat doen die persoon of het die persoon gedoen wat jou laat dink dat hy/ sy 'n kreatiewe denker is/was? Volgens jou mening: Hoe dink die persoon? Watter eienskappe van die persoon maak van hom/haar 'n kreatiewe denker? In die komende week kan jy probeer om hierdie persoon se kreatiewe eienskappe op jouself toe te pas. Ervaar hoe jou vermoë tot kreatiewe denke groei!

47 VANDAG SE KREATIEWE DENKE UITDAGINGS:
KREATIEWE DENKE UITDAGING NOMMER 2: Een van die mees algemene kenmerke van hoogs kreatiewe denkers is toekomsgerigtheid. Dit is die vermoë om oor die toekoms te dink en daarvolgens voorspellings te waag. Hierdie uitdaging behels om 'n lys van vyf verskillende fasette van jou lewe wat vir jou belangrik is, te maak. Byvoorbeeld: Mode; vriende of gesinslede; jou sportsoort (byvoorbeeld ballet, rugby); jou stokperdjie (byvoorbeeld fliek, visvang); 'n skoolvak (byvoorbeeld Wiskunde); of 'n onderwerp wat nie hierbo genoem is nie. In die komende week kan jy vyf, tien of twintig minute (solank as wat jy nodig het) om te dink oor hoe aspek(te) van een of meer van hierdie areas oor 'n maand, 'n jaar of tien jaar van nou af sal wees. Beskryf dit in jou kreatiewe denke werkboek. Gee vrye teuels aan jou verbeelding! Verbeel jou hoe jy wil hê dat dit moontlik anders moet wees? Hoe sal dit wees indien dit is soos wat jy jou voorgestel het? Enige ander idees wat jy wil byvoeg?

48 Geniet 'n week propvol kreatiewe denke!


Download ppt "Module 1 Kreatiewe denke ... of wat nou weer ?."

Similar presentations


Ads by Google