Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Jahshua kom! Aktueel, in volkleur……
2
As ons histories wou praat…..
Ongeveer in die tyd het daar ʼn man met die naam Jahshua, ʼn wyse man, geleef – as ek hom ʼn “mens” kan noem. Want hy was iemand wat verbysterende dinge kon doen, en was ʼn leermeester wat mense in blydskap sy lering as waarheid kon laat aanvaar. Hy het baie van die Judeërs en Grieke na sy lering oorgebring. Hy was die redder volgens hulle. En toe, op aanklag teen hom deur die hoofde onder ons, hy deur Pilatus tot die kruisdood gevonnis is, het die liefde vir hom nie afgekoel by die wat vir hom lief geword het nie. Hulle het beweer dat hy na drie dae in die graf, op die derde dag aan hulle verskyn het in lewende lywe, soos die profete van Elohim dit voorspel het – dit en nog duisende ander wonder tekens oor hom. En die Christin gemeente, soos vernoem na hom, hou steeds aan bestaan, en het geen teken van verdwyning nie. Jewish Antiquities, §63; Flavius Josephus was a 1st century Jewish historian (37 – 100 AD)
3
Histories is ons meer seker van Jahshua se bestaan 2000 jaar gelede, as wat ons is van Koning Arthur se bestaan in die 6de eeu. These abundant historical references leave us with little reasonable doubt that Jahshua lived and died. The more interesting question – which goes beyond history and objective fact – is whether Jahshua died and lived. The Guardian, 14 April 2017
4
Ou dinge is onwerklik omdat vol-kleur nog nie bestaan het toe die ou mense op aarde was nie…..
5
Dink in volkleur en die werklikheid raak werklik.
6
Voor ons nie in volkleur dink nie, bly dinge onwerklik vir ons.
7
Jahshua het opgevaar in volkleur, en Hy kom terug in volkleur.
Sy koms sal al ons sintuie oorweldig
8
Sal net so kom….. Hnd 1:1 Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jahshua begin doen en leer het Hnd 1:2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het; Hnd 1:3 aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het. Hnd 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Hnd 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. Hnd 1:6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? Hnd 1:7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; Hnd 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. Hnd 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. Hnd 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, Hnd 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jahshua wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
9
Die grootste gebeurtenis tussen vandag en die ewigheid, sal die terugkoms van Jahshua wees. Hy het ʼn afspraak met ons gemaak – wat weet jy van Sy koms?
10
Verstaan dat Jahshua ʼn Koning is – ʼn Koning van konings.
Mat 25:31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; Mat 25:32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; Mat 25:33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. Mat 25:34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Mat 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Verstaan dat Jahshua se optrede geensins “wettig” sal wees in terme van wat die wêreld se wette toelaat nie – want die wêreld weerstaan JHWH, en ken en erken Hom nie.
11
Verstaan dat Jahshua se pa, Jahweh is……
Mar 14:60 Toe staan die hoëpriester in hul midde op en vra Jahshua en sê: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Mar 14:61 Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God? Mar 14:62 En Jahshua sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel. Mar 14:63 Toe skeur die hoëpriester sy klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig! Mar 14:64 Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.
12
Verstaan dat Jahshua ʼn totale leërmag van engele saam met hom het….
Mat 13:40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: Mat 13:41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, Mat 13:42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Mat 13:43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Mat 13:49 .....die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei Mat 16:25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. Mat 16:26 Want wat baat dit ʼn mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ʼn mens gee as losprys vir sy siel? Mat 16:27 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. Mat 26:53 Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie? Mat 26:54 Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?
13
Verstaan ons dat alle regverdiges wat ons vooraf gegaan het, saam met Hom kom
1Ts 4:13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 1Ts 4:14 Want as ons glo dat Jahshua gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jahshua ontslaap het, saam met Hom bring. 1Ts 4:15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 1Ts 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ʼn geroep, met die stem van ʼn aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 1Ts 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 1Ts 4:18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
14
Verstaan dat hy gaan kom in die liggaam, gaan lyk soos ʼn mens, gaan praat soos ʼn mens – en dat die vyand Hom gaan teenstaan soos ʼn mens – soos hul ook die eerste keer gedoen het. Opn 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. Opn 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. Opn 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
15
Verstaan dat Jahshua noukeurig oplet na die lewe en lyding van die oorwinnaars.
Hnd 7:55 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jahshua wat staan aan die regterhand van God. Hnd 7:56 En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan. Rom 8:33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Rom 8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Rom 8:36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Rom 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jahshua, onse Here, is nie.
16
Verstaan dat ons huidige smart dit moeilik maak om Jahshua te sien, al staan Hy reg voor ons.
Joh 20:14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jahshua staan, en sy het nie geweet dat dit Jahshua was nie. Joh 20:15 Jahshua sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem. Joh 20:16 Jahshua sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester. Joh 20:17 Jahshua sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
17
Verstaan dat ons uit die grootheid van ons nood, ook die nabyheid van Sy koms kan bepaal
Luk 21:20 En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Luk 21:21 Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. Luk 21:22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. Luk 21:23 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal ʼn groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. Luk 21:24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is. Luk 21:25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, Luk 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. Luk 21:27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ʼn wolk, met groot krag en heerlikheid. Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
18
Verstaan dat Jahshua se sekel oes Sy koring….
Opn 14:7 En hy het met ʼn groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom … Opn 14:8 En ʼn ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. Opn 14:9 En ʼn derde engel het hulle gevolg en met ʼn groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ʼn merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, Opn 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. Opn 14:11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Opn 14:12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jahshua bewaar. Opn 14:13 En ek het ʼn stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle. Opn 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was ʼn wit wolk en een soos ʼn Menseseun wat op die wolk sit, met ʼn goue kroon op sy hoof en in sy hand ʼn skerp sekel.
19
….maar die engel se sekel oes druiwe vir die parskuip, die grimmigheid van JHWH
Opn 14:15 En ʼn ander engel het uit die tempel gekom en met ʼn groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. Opn 14:16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai. Opn 14:17 En ʼn ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ʼn skerp sekel gehad; Opn 14:18 en ʼn ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ʼn groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword. Opn 14:19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. Opn 14:20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.
20
Verstaan dat ons dit sal sien, ruik, voel, hoor – en dit sal in volkleur wees.
Opn 19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. Opn 19:10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ʼn mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jahshua het. Aanbid God. Want die getuienis van Jahshua is die gees van die profesie. Opn 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ʼn wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. Opn 19:12 En sy oë was soos ʼn vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ʼn Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. Opn 19:13 En Hy was bekleed met ʼn kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. Opn 19:14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. Opn 19:15 En uit sy mond gaan daar ʼn skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ʼn ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. Opn 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
21
Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jahshua!
Verstaan dat dit nou is dat ons gebede aanhoudend voor JHWH moet opgaan om saam met die rook van die reukoffer voor Hom gebring te word – en ons moet roep: Opn 22:7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. Opn 22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby. Opn 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. Opn 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Opn 22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Opn 22:16 Ek, Jahshua, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. Opn 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. Opn 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jahshua!
22
Amen
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.