Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
EKSAMEN VOORBEREIDING
2
STAPPE NA AKADEMIESE SUKSES
Sukses met akademie kan in die volgende 3 STAPPE gesien word Wat is nou die waarde van “anders” studeer en opsommings doen? Kom ek stel dit vir jou voor met die volgende illustrasie: Ons is steeds besig om “sagteware” vir jou BREIN rekenaar te laai VANDAG kyk ons hoe kry ek alles wat ek moet leer / memoriseer in my brein en weer uit na die “printer / vraestel”? 3 STAPPE na AKADEMIESE SUKSES STAP 1 Met luister en lees MAG jy goed doen; STAP 2 Met luister, lees en opsom KAN jy baie beter doen; MAAR STAP 3 Met luister, lees, opsom EN memoriseer SAL jy die BESTE doen!!!!
3
Oorsig en Onderstreep Kernwoorde
STAP 3: LEER / Memoriseer: 6 Memoriserings Tegnieke: Visualisering Rympies / Stories Akronieme / Alfabet letters Assosiasies / Prentjies of Gebare Mnemotegniek / “Kamer” Hanger stelsel STAP 2: OPSOM: Breinkaart Breindiagram Oorsig, Vrae, Lees, Opsomming, Kontroleer en Ken, Herroep (OVLOKH) Kolom opsomming STAP 1: LUISTER in klas EN LEES: Oorsig en Onderstreep Kernwoorde
4
Hou op wag vir môre en begin VANDAG! Sê vir jouself
Ek wil leer en my punte verbeter; Ek gaan met my studies; tyd spandeer, oefen en opofferings maak om my doelwitte te verwesenlik; Ek wil ‘n sukses van my lewe maak om my volle potensiaal te bereik.
5
Ek gaan my heel beste gee, want “EK” verdien net die beste;
Ek gaan elke metode en tegniek oefen tot ek dit regkry; Ek gaan my studies geniet en ‘n fees daarvan maak!
6
ʼn Mens beskik oor twee tipes geheue:
ʼn Mens beskik oor twee tipes geheue: ʼn Korttermyngeheue en ʼn Langtermyngeheue Korttermyn geheue Leer vinnig maar vergeet ook vinnig en die hoeveelheid inligting wat gestoor kan word is beperk. Langtermyn geheue Onthou baie langer en kapasiteit is onbeperk en jy moet jou sintuie optimaal gebruik.
7
ONTHOU Kennis is mag bou jou toekoms op ‘n sterk fondament van kennis;
AL jou skoolvakke is en vorm boustene vir tersiêre studies; Skool, huiswerk en studies skep in jou die gewoonte om pligsgetrou te werk beslis ‘n goeie belegging in jou toekoms (droom); Om te studeer leer jou om op jou EIE te werk werk dus sonder toesig, op jou eie en bou jou fondament vir jou toekoms;
8
Deur te studeer, word jou brein gedissiplineer om te dink en vind brein ontwikkeling plaas;
Geniet jou ontdekkingsreis tussen al die bronne, inligting, onderwysers en geleenthede; Sien jou studies dus as ‘n uitdaging, maar ook as ‘n middel tot jou lewensdoel.
9
WAT OM TE DOEN GEDURENDE DIE EKSAMEN
10
KONSENTRASIE EN SELFDISSIPLINE
GAAN HAND-AAN-HAND Faktore wat jou konsentrasie kan verbeter Probeer gesond eet en genoeg oefening kry. Sorg vir genoeg vars lug terwyl jy huiswerk doen en studeer. Maak seker dat daar vensters oop is om ventilasie te bevorder.
11
met jou fiets om die blok.
Maak seker dat die omgewing waarin jy studeer, netjies en georden is. Pak vooraf alles reg en sorteer jou boeke en skryfbehoeftes sodat jy presies weet waar om alles te vind. Neem die regte houding in. Sit op ‘n stoel by ‘n tafel of lessenaar. As jy op ‘n bed of bank lê en studeer, stuur jou brein vir die res van die liggaam die boodskap om slaap-gereed te raak. Wissel jou aktiwiteite af. Werk in sessies van 40 minute met ‘n 10 minute ruskansie tussenin. Ontspan dan, speel buite met die hond of ry met jou fiets om die blok.
12
Baken jou werk in kleiner volumes af elke dag net so ‘n bietjie.
Kweek belangstelling in dit wat jy moet leer. Doen dit deur met iemand te gesels wat in die vak belangstel, ‘n speletjie van jou werk te maak en dit sommer net te geniét ! Gaan sistematies te werk sodra jy begin leer (OVLOK-H). Werk met ‘n PLAN.
13
Sodra jou gedagtes begin dwaal, STOP jouself en dwing
Gebruik die STOP- tegniek Sodra jou gedagtes begin dwaal, STOP jouself en dwing jou gedagtes terug by jou werk. Stel vir jouself ‘n definitiewe tydsbeperking ten opsigte van hoe laat jy klaar moet wees met ‘n spesifieke afdeling en probeer daarby hou.
14
Wees POSITIEF oor jou studies
en sien uit na ‘n goeie rapport as doelwit ! Glo in jouself en Wees lief vir jouself, want …
15
JY IS ‘N WENNER!
16
Sterkte en alles van die beste.
2014 © . “Helping children reach their full potential”
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.