Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom.

Similar presentations


Presentation on theme: "Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom."— Presentation transcript:

1 Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom.
Vandag gaan ons gesels oor hoe ons as gelowiges deur ons geloof as een saamgebind word, al kom dit voor of ons in uiteenlopende wêrelde leef.

2 Ons open met gebed Voordat ons verder gaan, kom ons bid saam…
Open met gebed en vra vir die Here se seën en teenwoordigheid by die ontmoeting.

3 Wens kinders geluk wat verjaar het en die volgende week gaan verjaar.
Kinders kan ook gelukgewens word met prestasies, positiewe gedrag, teenwoordigheid ens. Veels geluk!

4 Lydenstyd 5 Maart – 20 April Die Kerkjaarwiel:
Reg bo is Kersfees. Voor Kersfees is die wagtyd voor Kersfees (Adventstyd). In die “groen tyd” na Kersfees dink ons daaraan hoe Jesus op die aarde verskyn het. Ons noem dit epifanie. Die wyser loop nou verder na die pers blokkies. Dit is lydenstyd. Ons is vandag by die tweede week van Lydenstyd. Daar is sewe Lydensweke waarvan die sewende een (die week van Goeie Vrydag) as Groot Lydensweek bekend staan.

5 Lydenstyd Groot lydensweek Aswoensdag Palmsondag Goeie Vrydag
In die eerste Lydensweek is Aswoensdag. Daarna volg 40 dae, maar Sondae word nie saam getel nie. Elke keer wanneer dit Sondag is, dink ons daaraan dat swaarkry (lyding) nie die sterkste is nie. Lewe en “opstaan uit die dood” is die sterkste. Op Sondae is dit asof hierdie sterk lewe deur die swaarkrytyd breek. Die laaste week in Lydenstyd word die groot Lydensweek genoem. Dit begin met Palmsondag wanneer die Christene dink aan hoe mense palmtakke voor Jesus gestrooi het toe Hy op 'n jong donkie se rug in Jerusalem gery het. Die 39 ste dag is Goeie Vrydag toe Jesus gekruisig is. Die 40 ste dag word stil Saterdag genoem – toe Jesus in die graf was. Hierna is dit Opstandingstyd. In Lydenstyd gebruik ons veral pers, rooi, grys en swart kleure. Hierdie jaar is Aswoensdag op 5 Maart. Palmsondag op 14 April. Goeie Vrydag op 19 April. Stil Saterdag op 20 April. Groot lydensweek Palmsondag Goeie Vrydag Stil Saterdag

6 Simbool van my dank Opneem van dankoffers.

7 Ons kyk saam na ’n video oor diversiteit
Video oor diversiteit (verskeidenheid) Die video sal outomaties begin sodra daar na hierdie skyfie beweeg word. Aktiwiteit Kyk saam na hulpmiddel 1: Diversiteit.

8 Hoe stel die video mense voor?
PLAY Gesels saam 1. Hoe stel die video mense voor? Riglyn: Mense is uiteenlopend en verskil van mekaar; tog is ons in vele opsigte dieselfde. Ons almal is mense. Ons almal leef om ’n bestaan te maak.

9 Hoe verskil mense van mekaar volgens hierdie video?
Riglyn: Mense verskil ten opsigte van ras, geslag, godsdiens, kultuur, vermoëns, burgerskap, sosio-ekonomiese klas en seksuele oriëntasie.

10 Wat dink julle van die akroniem aan die einde?
Diversity: Different Individuals Valuing Each other Regardless of Skin, Ideology, Talents or Years 3. Wat dink julle van die akroniem aan die einde? Diversity: Different Individuals Valuing Each other Regardless of Skin Ideology Talents or Years. Riglyn: Laat die jongmense hulle gedagtes deel. Almal het waarde, al verskil ons van mekaar.

11 Verdaag na kleingroepe (klasse)
Ons gaan nou verder in ons klasse gesels. Geniet die dag verder.

12 Galasiërs 3:26-29 PAUSE Ons het nou na die video oor verskeidenheid gekyk. Kom ons kyk wat die Bybel hieroor sê. Lees saam: Galasiërs 3:26-29 26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28 Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. 29 En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

13 Wat het volgens hierdie gedeelte meegebring dat verskillende mense uit verskillende agtergronde nou almal kinders van God is? Gesels saam 1. Wat het volgens hierdie gedeelte meegebring dat verskillende mense uit verskillende agtergronde nou almal kinders van God is? Riglyn: Geloof in Jesus Christus. Die doop is die teken hiervan.

14 Hoe werk hierdie eenheid na jou mening?
Riglyn: Paulus gebruik verskillende maniere om hierdie eenheid te beskryf. Die bekendste beeld is dié van ’n liggaam. Elke ledemaat verskil van die ander, maar in die liggaam vorm al die liggaamsdele saam ’n eenheid. Almal saam is die een liggaam in verbondenheid. Saam funksioneer hulle met ’n gesamentlike doel en fokus. Só is gelowiges almal aan Christus verbind en daarom as eenheid saamgevoeg. Hierdie nuwe band met Jesus verbind ons ook aan mekaar. Nou het almal een doel en een fokus, naamlik om in ʼn verhouding met Jesus te leef, sy wil te doen, sy hart uit te leef en God te verheerlik.

15 Watter motivering tot eenheid het ons in die videogreep gesien
Watter motivering tot eenheid het ons in die videogreep gesien? En watter motivering vind ons in die Bybelgedeelte? Gesels saam 1. Watter motivering tot eenheid het ons in die videogreep gesien? En watter motivering vind ons in die Bybelgedeelte? Riglyn: In die video sien ons ons is deur menslikheid saamgebind. In die Bybelgedeelte sien ons ons geloof in Jesus Christus bind ons aan mekaar. Eenheid hef nie verskille op nie, maar bind dit op ’n unieke manier saam. Dit gaan oor die eenheid, nie die verskille nie.

16 Hoe verander ons band met Christus ons band met mense wat anders as ons is?
2. Daar is ’n spreekwoord wat sê: “Krag in diversiteit.” Ons sien egter in die Bybelgedeelte dat ons krag in ons eenheid met Christus lê, terwyl ons ons diversiteit vier. Hoe verander ons band met Christus ons band met mense wat anders as ons is? Riglyn: Ons kan begin deur nie te praat van “ons” en “hulle” nie. Dit is net “ons”. Christus se band met mense word deel van ons band met mense. Christus se gesindheid word deel van ons gesindheid. Christus se deernis, liefde en aanvaarding word deel van ons optrede.

17 Watter diversiteit is daar in ons gemeente
Watter diversiteit is daar in ons gemeente? Hoe wil God hê moet ons hierdie diversiteit prakties binne ons eenheid in Christus vier? FAST FORWARD Gesels saam 1. Watter diversiteit is daar in ons gemeente? Hoe wil God hê moet ons hierdie diversiteit prakties binne ons eenheid in Christus vier? Riglyn: Laat die jongmense begin deur te gesels oor die diversiteit in die gemeente, soos gesinsamestelling, taal, seksuele oriëntasie en ouderdom. Dan kan hulle voorstelle maak oor hoe hierdie uiteenlopendheid gevier kan word. Skep ruimte vir elkeen se uniekheid. Probeer hard om mense wat uitgesluit voel in te trek en te ondersteun. Loods ’n gesamentlike gemeenskapsprojek. Laat mense hulle unieke potensiaal en gawes uitleef.

18 Ons geloof in Christus bind ons aan ander gelowiges, maar wat van mense wat nié in Christus glo nie?
2. Dink terug aan die video. Daarin het ons meer vorme van diversiteit gesien. Ons geloof in Christus bind ons aan ander gelowiges, maar wat van mense wat nié in Christus glo nie? Riglyn: As gelowiges sal ons die gesindheid van Christus (deernis, liefde en aanvaarding) ook teenoor ongelowiges uitleef.

19 Hoe kan ons die gesindheid van Christus prakties sigbaarder maak in die gemeenskap?
Riglyn: Laat die jongmense eers saam gesels. Voeg dalk by: In ons persoonlike lewe moet ons só leef dat ons elkeen se uniekheid respekteer en waardeer. Begin met gemeenskapsprojekte wat die hele samelewing betrek. Skep ’n bediening wat mense wat deur die samelewing uitgestoot word, nader trek en betrek.

20 Ons sluit af EJECT Daag die jongmense uit: Soek iemand wat anders as jy is en wat jy verkieslik nie ken nie. Gaan maak kennis en vind by die persoon uit waar hy of sy grootgeword het, wat sy of haar ouers doen en wat sy of haar drome in die lewe is. Deel dan ook persoonlike inligting oor jouself met die persoon. Kom vertel volgende week van jou ervaring. Sluit af met gebed.


Download ppt "Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom."

Similar presentations


Ads by Google