Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Die Tempel van die Here Saamgestel deur:Harry van Huyssteen

Similar presentations


Presentation on theme: "Die Tempel van die Here Saamgestel deur:Harry van Huyssteen"— Presentation transcript:

1 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Tempel van die Here Saamgestel deur:Harry van Huyssteen Vir meer inligting:

2 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Eksodus 25:8: “’Hulle moet vir My ‘n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon.’” Die Here keer terug na die volk by Sinai wat verlore gegaan het in Eden Vir meer inligting:

3 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Tabernakel 2) Die Groot Menora, wat ses- voet hoog gestaan het en permanent aangesteek was Buitenste Gordyn “Tent” 4) Die goue Ark van die Verbond. Die uiterste belangrike plek waar die teenwoordigheid van die Here gemanifesteer het tussen die vlerke van die engele 3) Die goue Altaar met wierook, van waar die hoë priester, op die dagnvan boete- doening, brandende kole en wierook in die Allerheiligste in geneem het Binneste Gordyn “Tabernakel” (Mishkan) 1)Die Goue Tafel met Toonbrood waar die priesters die snye “brood van die teenwoordigheid” voor die Here neergesit het. Bron: The Tempel and Bible Prophecy: Randal Price Vir meer inligting:

4 Die Betekenis van ‘n Tempel
Algemeen Algemene Hebreeus: hekal (heel waarskynlik afgelei van die Sumeriaanse (gebied in antieke SW Asië, vandag Irak) woord (e-gal) wat Groot Huis beteken. Hierdie woord word baie min in die Bybel gebruik Ou Griekse woord: temenos (ingeslote ruimte) afgelei van Sumeriaanse woord temen – dit het verwys na ‘n gebied afgesonder vir algemene gebruik en is opgedra aan ‘n god Hierdie terme definieer a spesiale plek van teofanie waar ‘n god verskyn het as ‘n openbaarder, geneesheer of gewer van vrugbaarheid, maar het nie daar gewoon nie. Die term kan dus gebruik word vir enige antieke Naby-Oosterse sentrum vir aanbidding, heidens of Israel. In hierdie sin kan daarna verwys word as “hieligdom” (shrine) en het vandag in moderne Hebreeus die betekenis: Hekal Ha-Sefer (die Heiligdom van die Boek). Dit is dan ook die naam van die museum in Israel waar die Dooie See Boekrolle gehou word. Die Bybel Die Bybel beskryf die Tempel in Jerusalem as Beit ‘Adonai (die “huis van die Here”) of Beit ‘Elohim (die “huis van God”) Bogenoemde beskryf beter die betekenis van die Tempel dat dit ‘n “plek is waar God woon”. Hierdie kan verbind word aan die vroegste Hebreeuse term vir die Here se woonplek, Mishkan (“Tabernacle,” letterlik, “woon”) ‘n Ander Bybelse term vir die Tempel (en wat baie in moderne Hebreeus gebruik word), is Beit Hamikdash (die “Heiligdom” – letterlik “huis van heiligheid”). Dit word in Engels ook verwys na as Sanctuary of Mikdash (“Heilige [Plek]”). Hierdie term word gevind in die Ou Testament met verwysing na die amptelike Israelitiese Tempel in Jerusalem (Jesaja 63:18; Esegiël 5:11; 9:6; Psalm 74:7; 96:6; Klaagliedere 1:10; 2:7,20). Dit kan verwys na, of die hele Tabernakel (Levitikus 19:30; 26:2), of die hele omgewing van die Tempel (Esegiël 43:21; 44:1,5,7-8), of eksklusief die Allerheiligste (Levitikus 16:33). Dit word soms ook gebruik vir ander Israelitiese tempels binne en buite die land (Amos 7:9,13; Jesaja 16:12) Let op dat die algemene naam vir ‘n tempel in die Grieks van die Ou Testament (Septuagint) is heiron (“heilige plek”). Dit word egter nie gebruik nie maar wel Beit Hamikdash (“Heiligdom”) om eksklusief te veryws na die Tempel van God in Jerusalem. Hierdie gebruik is deur die Grieks van die Nuwe Testament oorgeneem wat dan ook aansluit by die Allerheiligste binne die Tempel in kontras tot die ander deel van die Tempelkompleks wat heiron genoem word. Belangrik is dat Beit Hamikdash (die “Heiligdom” – letterlik “huis van heiligheid”) ook in die Nuwe Testament gebruik word waar verwys word na die gelowige se liggaam as “’n tempel”. In beide die gevalle word dit gebruik om te wys op die woon van God (indwelling) in die Tempel en die gelowige se liggaam. Dit stem ooreen met die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Sien ook Openbaring 11:19; 15:8 en 21: Immanuel !!! Vir meer inligting:

5 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Doel van die Tempel The Holy Temple was not just some magnificent building or synagogue rooted in Jerusalem’s ancient Biblical past; it was an arena of cosmic themes; a place where man could meet with his Creator … It is the reality of the living memory of that relationship as it once was, and the dream of its renewal – as promised by God Himself – that keeps the fires of the Tempel altar burning within the collective heart of the nation of Israel, and the hearts of all those who cherish Israel’s God and His message for humanity. Rabbi Chaim Richman (45, p31) Vir meer inligting:

6 Die Doel van die Tempel (vervolg)
In die Bybel kan ons sien dat die Tempel wel ‘n plek is waar die behoeftes van die mens aangespreek word, maar dit was hoofsaaklik ‘n getuienis van die Here se bestaan, Sy verbond met Israel en Sy doel deur die volk Israel as ‘n koninkryk van priesters, om die Here se almag aan die hele wêreld bekend te stel. Om hierdie heilige mandaat te bereik, moes die Joodse mense die vereistes van die verbond, wat aan hulle gegee is, nakom. (45, p.35-36) 1 Kronieke 29:1: “Koning Dawid het toe die hele vergadering as volg toegespreek: ‘My seun Salomo, die één wat deur God gekies is, is jonk en sag, maar die werk is groot. Hierdie paleis is nie vir ‘n mens bedoel nie, maar vir God die Here.’” Vir meer inligting:

7 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Bron: The Tempel and Bible Prophecy: Randal Price Vir meer inligting:

8 Tempelberg in die laat-tweede Tempel tydperk
Bron: The Tempel and Bible Prophecy: Randal Price Vir meer inligting:

9 Die Doel van die Tempel (Vervolg)
Die Tempel het gestaan as ‘n sigbare plek van die Here se onsigbare teenwoordigheid (Sien Eksodus 15:17 en 1 Konings 8:27). Daar word gesê dat die Here se Naam daar teenwoordig is. Dit was ‘n vaste plek waar die Here, in Sy alomteenwoordigheid en onvergelykbaarheid, toeganklik was vir die mens. Hierdie goddelike teenwoordigheid word deur die Jode na verwys as Shekinah. ‘n Teken van die verbond. Die Tabernakel en die Tempel het gedien as ‘n getuie van die Here se verbond met Israel. Die Here se teenwoordigheid in die Tempel het die verbondsverwantskap verteenwoordig. Die Tembel is gebou om die Ark te huisves, wat die tablette bevat het waarop die Wet van Moses geskryf was. Die bou van die Tempel op die “Berg van die Here” (Genesis 22:14) is bevestigend van die verbond met Abraham. Dit was ook ‘n bevestiging van die verbond met Dawid dat sy seun die Tempel sal bou en dat die Messiaanse Seun Sy troon daar sal vestig vir ewig (1 Kronieke 17:7-14) ‘n Teken vir die einde van die ballingskap. Deuteronomium 12:9: “want julle het nog nie gekom by die rusplek, die besitting wat die Here julle God vir julle sal gee nie.” ‘n Sosio-Politiese Instelling. Die Tempel het ‘n groot rol gespeel in die Joodse nasionale eenheid. Die Tempel het ook die daagikse lewe van die Jood beïnvloed want hulle het gelewe volgens die feeste, pelgrimstogte, die offers en die lees en bestudering van die Torah. ‘n Simbool van nasionale eenheid. Daarhom het hulle vyande die Tempel verwoes. Die Jode het altyd gepoog om die Tempel te herbou en hulle vyande sal poog om die herbou te keer. Die Romeine het beheer oor die Jode gehad deur middel van politiese aanstellings in die kantoor van die Hoë Priester. Die Tempel het Nasionale Seën verseker. Haggai 2:15,19 ‘n Bron van Wêreld-wye Seën. 1 Konings 8:41-43 – Sodat die volke die Here se Naam kan ken Die Tempel het gedien as ‘n Sentrale Punt vir Gebed. 1 Konings 8:48-49 en Daniël 6:11. Die mense se verhouding en toegang tot die Here was deur middel van die Tempeldiens. Dit is onderbreek deur die verwoesting van die Tempel. Vir meer inligting:

10 Hedendaagse Behoefte vir ‘n Tempel in Joodse Geloof
Hulle glo dat die Joodse volk, en alle mense, leef nie in die geestelike vlak wat God bedoel het nie. Hulle beweer dat die afwesigheid van Shekinah ‘n gevolg is hiervan. Hulle glo dat Shekinah word alleen voortgebring deur die Tempel, daarom glo hulle dat hulle nie hulle geestelike status kan bereik sonder die Tempel nie. Jode sien die terugkeer na die beloofde land as die begin van die volbringing van die profetiese hoop. Vir meer inligting:

11 Het die Kerk die Tempel vervang?
Die Evangelies-Christelike siening van die Tempel (40, p ) Letterlik Hermeneutiese siening: Interpreteer die Ou Testament letterlik. Die profesieë wat nog nie deur die Messias vervul is nie, moet nog plaasvind, bv. Die hervorming van Israel, die oordeel en die ryk van universele vrede word gesien as letterlike gebeurtenisse tydens die wederkms van die Messias. Hulle sien dus die herbou van die Tempel as deel van die wederkoms en die herbou van Israel. Geestelik Simbolies Hermeneuties: Hulle glo dat feitlik al die profesieë van die koms van die Messias is reeds 2000 jaar gelede volbring, of in die ervaring van Sy Kerk van daardie tyd af. Hierdie siening beweer dus dat al die profesieë, mbt Israel, en die fisiese en geestelike restorasie van die Joodse volk het hulle volbringing in die Kerk. Hulle sien die profesieë mbt die toekomstige Tempel, as simbolies tot die Kerk en sy priesterlike rol onder die nuwe verbond. Efesiërs 2:11-22:Die Messias het Jood en nie-Jood een gemaak as hoeksteen van die Tempel. Romeine 11:26b-27: Die Messias sal van Jerusalem af kom, Hy sal goddeloosheid wegneem van Jakob, sodoende Sy verbond met hulle volbring wanneer Hy hulle sonde wegneem. Efesiërs 1:9-10: “9Hy het kragtens Sy besuit en voorneme die geheimenis van Sy wil aan ons bekend gemaak 10en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een Hoof te verenig, naamlik onder Christus.” Vir meer inligting:

12 Het die Kerk die Tempel vervang?(Vervolg) Die vroeë Christene
Petrus, die leier van die apostels, en Johannes, sien die Tempel as outoritêr en as ‘n heilige instelling wat deur alle Christene onthou moet word. (1 Petrus 1:2,16,19; 2:5-9; 1 Johannes 1:7; Openbaring 1:7; 3:4-5,12; 4:4; 7:15; 11:1-2,19; 14:15,17; 15:8; 16:1,17; 21:22). Hulle het die Tempel as relevant beskou vir die toekomstige geslagte en gebeure. Jakobus (halfbroer van Jesus) was wel bekend vir sy aanbidding in die Tempel Die vroeë Christene het die Here se eskatologiese plan verstaan. Dit sluit beide die stad en die Tempel in vir die toekomstige hernuwing. (Matteus 24:3-31; Markus 13:3-37; Lukas 21:5-38) Hier beskryf Jesus die ontheiliging van die Tempel as ‘n teken voor Sy wederkoms. Handelinge 3:20-21:”20En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. 21Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. Dit het God reeds lank gelede deur Sy heilige profete gesê.” In die tyd van toekomstige universele seën speel die Tempel ‘n belangrike rol. Alle nasies gaan nie slegs help met die konstruksie nie (Sagaria 6:15; Haggai 2:7), maar gaan daar ook deelneem aan aanbidding (Jesaja 2:2-3; 11:10; 56:6-7, Sagaria 14:16-19) Jesus se woorde in Matteus 12:6: “Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel.” Vir meer inligting:

13 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Bron: The Tempel and Bible Prophecy: Randal Price Vir meer inligting:

14 Het die Kerk die Tempel vervang?(Vervolg) Paulus
Wanneer Paulus ‘n vergelyking gebruik tussen die Tempel en die gelowige se liggaam (1 Korintiërs 3:16-17; 2 Korintiërs 6:16-17) of die liggaam Christus (Efesiërs 2:21-22), vervang hy nie die fisiese Tempel met die geestelike Kerk nie. Hy verdedig eerder die heiligmaking van die een as gevolg van die verbintenis met die ander. (45, p.155) Efesiërs 2:20-22: “20Julle is ‘n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ‘n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. 21In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ‘n heilige tempel vir die Here, 22in wie julle ook saam opgebou word as ‘n geestelike huis waarin God woon.” ‘n Direkte lyn loop vanaf Moses en die profete tot by die Kerk. Vir meer inligting:

15 Het die Kerk die Tempel vervang?(Vervolg) Nee - Opsommend
Die Joodse Tempel in Christelike perspektief (40, p ) Die Tempel is ‘n historiese instelling wat deur die Here aan Israel gegee is as ‘n sentrale punt van Sy teenwoordigheid en Sy verbond aan hulle tot herstel van hulle nasie en geestelike eenheid, ‘n simbool van die volk van die Here – dit is groter as die Kerk. Die Tempel is buite tyd want die Tempel se doel is om Jood en nie-Jood te verenig in aanbidding tot die Here. Jesus het nie gekom om die Tempel te verwoes nie, en ook nie om die Jode te straf nie. Hy het gekom as Dienaar van die Here om versoening te bewerkstellig. Hy is ook so deur die profete voorspel. Die Nuwe Testament bevestig die eskatologiese belofte van verlossing en nasionale en kulturele herstel van Israel as ‘n demonstrasie van die Here se verbondsgetrouheid. Die toekoms van die Kerk lê in die verlossing van Israel. Die Kerk sal nie Israel vervang nie, maar Israel wel die Kerk wanneer hulle hulle historiese doelwit bereik het deur kennis van die verlossing van die Here aan die hele wêreld gebring het. Die Kerk bly egter by die gerestoreerde Israel as die mense van die Here wat die Messiaanse koninkryk en ewigheid geniet. Terwyl die Jode vir Jesus met die Tempel vervang het en Christene die Tempel met Jesus, sal die Tempel wel in die toekoms deur Jesus herbou word om Hom te vereer. Vir meer inligting:

16 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Bron: The Tempel and Bible Prophecy: Randal Price Vir meer inligting:

17 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Bron: The Tempel and Bible Prophecy: Randal Price Vir meer inligting:

18 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Bron: The Tempel and Bible Prophecy: Randal Price Vir meer inligting:


Download ppt "Die Tempel van die Here Saamgestel deur:Harry van Huyssteen"

Similar presentations


Ads by Google