Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

‘N PROFETIESE BOODSKAP

Similar presentations


Presentation on theme: "‘N PROFETIESE BOODSKAP"— Presentation transcript:

1 ‘N PROFETIESE BOODSKAP
OPENBARING VIR ‘N NUWE TYD ‘N PROFETIESE BOODSKAP VIR VANDAG EN MORE

2 STRUKTUUR VAN OPENBARING
GOD Satan God se helper Satan se helpers God se mense Tussenspel Satan se mense Twee ‘magte’ wat teenoor mekaar staan, gereed vir OORLOG

3 ‘n Oorlogverhaal met lang en gelukkige einde
God se weermag Nuwe Jerusalem Oorlog lei tot oordeel Vuurpoel Satan se weermag

4 Open 4:1 Hierna het ek, Johannes, in die hemel ’n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem... het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal vir jou wys wat hierna moet gebeur.” 2Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer.

5 Holistiese wêreldbeeld:
Hemele Aarde Doderyk Onder -aardse

6 Ek het gesien daar staan ’n TROON in die hemel en op die troon sit daar IEMAND.

7

8

9 * 3 Sy voorkoms was soos OPAAL en KARNEOOL.
* Om die troon was daar ’n REËNBOOG met die glans van SMARAG.

10 * 4Reg rondom die troon was daar VIER EN TWINTIG ANDER TRONE,
en op die trone het daar VIER EN TWINTIG OUDERLINGE gesit. Hulle het WIT KLERE aangehad, en op hulle koppe was daar GOUE KRONE. * 5Daar het WEERLIGSTRALE, DREUNINGS en DONDERSLAE van die troon af gekom. * Vlak voor die troon het SEWE FAKKELS helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God. * 6Voor die troon was dit soos ’n SPIEËLGLADDE SEE, HELDER SOOS KRISTAL.

11

12 Naby, rondom die troon, was daar VIER LEWENDE WESENS, VOL OË VAN VOOR EN VAN AGTER.
7Die eerste lewende wese het soos ’n leeu gelyk en die tweede soos ’n bul; die derde het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad en die vierde het gelyk soos ’n arend wat vlieg. 8Elkeen van die vier lewende wesens het SES VLERKE gehad, wat aan die BOKANT EN AAN DIE ONDERKANT VOL OË was.

13

14 Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” 9Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10kniel die vier en twintig OUDERLINGE voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle KRONE VOOR DIE TROON NEER EN SÊ: 11“Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U ALLES GESKEP het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”

15

16 Die troon van die Satan Open 2:12 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Pergamum: 13Ek ken die plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie, selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is daar by julle waar die Satan bly nie. 14Maar Ek het ’n paar dinge teen julle. Julle het mense daar wat die leer van Bileam aanhang. Hy het vir Balak geleer om die volk Israel van My afvallig te maak, sodat hulle afgodsoffervleis geëet en onsedelikheid bedrywe het.

17

18

19 IS GOD nou eintlik in BEHEER?
Open 16:10 Die vyfde engel het toe sy bak op die troon van die dier uitgegooi, en daar het duisternis oor die koninkryk van die dier gekom. Die mense het hulle tonge stukkend gebyt van die pyn 11en het die God van die hemel gelaster oor die pyn wat hulle moet verduur, en oor die swere. En hulle het hulle nie bekeer van hulle verkeerde praktyke nie. IS GOD nou eintlik in BEHEER?

20

21 Vuurpoel Koning in beheer NUWE JERUSALEM Skermutselings Skermutselings
werk Christenskap nog? werk Christenskap nog? Vuurpoel Skermutselings

22 Fasette rakende die Christologie van Johannes
   1. Die openbaringsfunksie van Jesus.  Open. 1:1-2, 5, 9, 10; 3:8, 10, 14, 20; 4:1; 6:9; 12:17; 19:10; 20:4; 22:16. 2. Die lyding van Jesus.  Open. 1:5, 7; 5:6, 8, 11, 13; 6:1, 9, 12, 16; 7:9, 10, 14, 17; 8:1; 12:11; 13:8; 14:1, 4, 10; 15:3; 17:14; 19:7, 9; 21:9, 14, 23, 27; 22:1, 3. 3. Jesus as heerser, met waardigheid en gesag.  Open. 1:5; 2:27; 3:7, 9; 5:5, 7, 9, 12, 13; 6:10, 16; 12:5, 10; 14:14; 15:3, 4; 17:14; 20:4, 6; 22:3.

23 4. Soteriologie.  Open. 1:5, 6; 2:7, 10, 17, 26, 28; 3:4, 5, 12, 18, 21; 5:9, 10; 7:14, 17; 13:8; 14:4; 19:7, 9; 20:6; 21:27; 22:12. 5. Elemente wat met verhoudings verband hou.  Open. 1:5, 9; 2:3, 4, 13; 3:8, 9, 19, 20; 12:11; 14:1, 12, 13; 21:9, 14, 22. 6. Heerlikheid van Jesus.  Open. 1:6; 5:12, 13; 12:5; 15:3-4. 7. Wederkoms.  Open. 1:7; 2:25; 3:4, 11; 22:7, 12, 20.

24 8. Titels van Jesus.1:1, 2, 4, 13; 2:18; 3:7; 5:5, 6; 11:4, 8, 15; 12:4, 5; 14:14; 17:6; 19:10, 19, 21; 20:4; 22:7, 12, 13, 16, 20, 21. 9. Oordeel. 1:7; 2:5, 10, 16, 22, 23; 3:3, 16, 19; 6:10, 17; 14:14, 15, 16; 15:21; 19:21. 10. 'Etiese duplikaat'.  2:6, 26; 14:4. 11. Alwetendheid. 2:23; 3:1, 8, 15.  12. Verhouding tussen Vader en Seun. 2:28; 3:2, 12. 13. Bewaring deur Jesus. Open. 3:8, 10.  14. Skepper.  Open 3:14.

25 3 beelde Beskrywings van Jesus in Openbaring: - Open 5:5-13
King of Kings and Lord of Lords (REV. 19:11-16) Beskrywings van Jesus in Openbaring: 3 beelde - Open 5:5-13 - Open 19:11-21 - Open 1:12-20

26 5:1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek ’n boekrol (βιβλίον) gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was. 2Toe het ek ’n sterk engel gesien wat met ’n harde stem uitroep: “Wie is waardig (ἄξιος) om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?” 3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. 4Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie.

27 Wat gebeur rondom die troon? (5:5-13)
5:5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die LEEU uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.”

28 6Toe het ek voor die troon... ’n LAM sien staan,
die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. 7Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.

29 5:9 Toe sing hulle (vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge) ’n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak OMDAT U GESLAG is en met u BLOED mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. 10U het hulle ’n KONINKRYK EN PRIESTERS VIR ONS GOD GEMAAK en hulle sal oor die aarde regeer.”

30 ’n Groot menigte engele - duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene:
“Die Lam wat geslag was, is waardig (ἄξιος) om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” Die hele skepping: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.”

31 Die LAM in Openbaring * 5:9; 7:14,17; 12:11; 14:1; 22:1 – Hy red
- Hy beskerm en lei (14:1, 4) - Hy is die hemelse bruidegom (19:7,9; 21:9) * 17:14 – Hy maak oorlog en wen 6:16; 13:8; 14:10; 21:27 – Hy oordeel/ boek van die Lam * 5:12,13; 15:3; 17:14; 22:1,3 – Hy word vereer – Hy is Koning van die konings * 21:22,23 – Hy is die tempel - Hy is glorieryk

32 Jesus – die Ruiter op die wit perd (19:11-21)
Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. 12Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was ’n NAAM op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. 13Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: “Die Woord van God.” Uit sy mond het daar ’n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met ’n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. 16Op sy klere, by sy heupe, was daar ’n NAAM geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.”

33 Van die laaste opmerkings (Op 22)
22:3 Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 22:12 Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. 13Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. 22:16 Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.”

34 Verwagtinge in die OU Testament
Dan 7: Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ’n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae (wat ewig lewe), en hulle het Hom nader gebring voor Hom. 14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. Ballingskap Nuwe Jerusalem Vrede Heerskappy Jesus Profesieë

35 Wie was Jesus? (vs. die keiser)
Hooflyne… - God se Messias en bemiddelaar Redder van sy mense - Stryder teen en oorwinnaar van die bose - Koning en regter - God se teenwoordigheid – die glorieryke, regverdige, ware…


Download ppt "‘N PROFETIESE BOODSKAP"

Similar presentations


Ads by Google