Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published by명경 지 Modified over 5 years ago
1
BRF 224 Bietjie inligting oor myself!! My naam is Michelle Meerholz
Inleiding klas Bietjie inligting oor myself!! My naam is Michelle Meerholz Kantoor Nommer: 118 in die Stef Coetzee Gebou Telefoon nommer:
2
HANDBOEK GRONDSLAE VAN KOSTE- EN BESTUURSREKENINGKUNDE Hersiene Vyfde Uitgawe Niemand, Meyer, Botes, van Vuuren LexisNexis
3
STUDIEGIDS Belangrike inligting in die Studiegids Toets Datums
Werksprogram Klastye
4
WAT IS BRF?? Hoofdoel – om relevante inligting aangaande die onderneming aan ʼn wye verskeidenheid belanghebbendes te verskaf. Hulle gebruik dan die inligting om beter besluite te neem. Relevante inligting – rekeningkundige inligting betreffende die onderneming wat vir ʼn besondere belanghebbende met die neem van ʼn besluit nuttig is.
5
Voorbeeld van relevante inligting
As jy besig is om te besluit wat om vir jouself vir middagete te koop, watse relevante inligting het jy nodig om jou besluit te neem?? Wat is al die opsies? (pie, burger, toebroodjie) Wat is die koste van die verskillende opsies? Hoe vullend sal elke opsie wees? Is jy haastig, moet jy in ag neem watse opsie die vinnigste sal wees?
6
Met die internasionalisering van die wêreld ekonomies (waar maatskappye nie meer in net een land handel dryf nie, maar in verskeie lande regoor die wêreld) het mededinging toegeneem – maatskappye ding nou mee met plaaslike en internasionale maatskappye vir kliente. Vir dié rede is dit baie belangrik en nodig dat bestuur al die relevante inligting beskikbaar het om die beste besluite vir die maatskappy te neem, om te verseker die maatskappy bly kompeterend en so suksesvol as moontlik.
7
Voorbeeld Wanneer die verkoopsprys van ʼn produk bepaal word, moet bestuur al die relevante inligting met betrekking tot hierdie produk hê, sodat die korrekte verkoopsprys vasgestel kan word. Verkoopsprys te hoog – kliente sal eerder die kompetisie ondersteun – maatskappy sal MISLUK Verkoopsprys te laag – maatskappy sal nie hulle koste dek nie en sal op ʼn verlies handel – maatskappy sal MISLUK
8
Gebruikers van Finansiële inligting
As dit by finansiële inligting kom, is daar twee duidelike kategorieë gebruikers : Die wat die onderneming bestuur Die wat ʼn belang het in die onderneming (aandeelhouers, krediteure)
9
Die twee afdelings van Rekeningkunde
Finansiële Rekeningkunde Bestuursrekeningkunde Belangrik om die verskil te ken!!!
10
Finansiële Rekeningkunde Bestuursrekeningkunde
Gebruikers Eksterne : Aandeelhouers, Krediteure Interne : Bestuurders, Besluitnemers, Begroting afdeling Doel Voorsien ‘Algemene Doel’ finansiële state Voorsien ‘Spesifieke Doel’ state en verslae Tydigheid Verslaglewering op historiese finansiële gebeurtenisse Verslae is huidig en toekoms georiënteerd Beperkings Moet aan standaarde wat ekstern opgelê word voldoen (AARP/IFRS) Nie onderworpe aan eksterne standaarde nie
11
Finansiële Rekeningkunde Bestuursrekening-kunde
Soort Inligting Slegs finansiële maatstawe Finansiële maatstawe as ook maatstawe mbt kliente en besigheidsprosesse Karakter-trekke van inligting Objektief, betroubaar, konsekwant en presiese inligting Subjektief, oordeelkundig, geldige, relevante en redelik akkurate inligting Omvang Hoogs opsommende verslae aangaande die onderneming Interne verslae aangaande die kostedoelwitte (baie volledig) Soort rekenmeester en Registering Body Finansiële Rekenmeesters SAIGR (Suid Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters) Bestuursrekenmeesters CIMA (Chartered Institute of Management Accountants)
12
BRF is baie belangrik in ‘n onderneming vir besluitneming
BRF is baie belangrik in ‘n onderneming vir besluitneming. Twee tipe besluite : Beplanningsbesluite – stel ‘n doel vir die onderneming en ontwerp aksies om daardie doel te bereik. Beheerbesluite – die vergelyking van werklike resultate met verwagte resultate en die vaspen van verantwoordelikheid vir afwykings van die standaarde wat oorspronklik gestel is.
13
Kosteberekening Proses om koste inligting te versamel om ‘n sekere produk te vervaardig, om ‘n sekere diens te voorsien of om ‘n sekere aktiwiteit te onderneem. VYF aktiwiteite in ‘n kosteberekening stelsel: Kostebepaling Kosteboekstawing Koste-ontleding Kostebestuur Kosteverslaglewering
14
Kostebepaling Data word versamel om die koste van ‘n spesifieke produk of aktiwiteit te bepaal. Spykers Arbeid 2 ure – R 20 p/u Hout Stoel 20 spykers – 50c elk 2m – R 10 p/m Hout R 40 + R 20 + R 10 = R 70 – totale koste
15
Kosteboekstawing Inligting word van verskeie brondokumente verkry – loontydstate, leweransiers se fakture (Gebruik die loontydstate om die hoeveelheid ure en die koers per uur te kry – gebruik die twee syfers om die totale arbeidskoste te bereken.)
16
Koste-ontleding Die data wat versamel word, moet deur persone wat deeglike kennis van die kostebepalingsmetodes het, ontleed word ten einde die data nuttig en betekenisvol te maak.
17
Kostebestuur - Kosteberekening gebruik koste-ontleding om sinvolle aanbevelings oor kostebestuur te maak.
18
Kosteverslaglewering
Proses waardeur tersaaklike inligting aan besluitnemers oorgedra word. Interne verlae is gewoonlik baie volledig. Verslaglewering – Hout stoele – Voorbeeld Hout – 2 R 10 p/m 20 Arbeid – 2 ongeskoolde R 20 p/h 40 Spykers – 20 50c p/spyker 10 Totale koste
19
1.1.1 1.1.3 Lees Hoofstuk 1.2 HUISWERK
Vrae is in die handboek, aan die einde van elke hoofstuk. 1.1.1 1.1.3 Lees Hoofstuk 1.2
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.