Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Probleemaspekte by die onderrig VAN LETTERKUNDE

Similar presentations


Presentation on theme: "Probleemaspekte by die onderrig VAN LETTERKUNDE"— Presentation transcript:

1 Probleemaspekte by die onderrig VAN LETTERKUNDE
13 September 2019

2 HUISTAALSKOLE AFRIKAANSMEDIUMSKOLE Limpopo 4 KwaZulu-Natal 7 Noordwes 18 Noord-Kaap 21 Mpumalanga 24 Oos-Kaap 28 Vrystaat & Gauteng 76 (38 elk) Wes-Kaap 86 Vr. 1: 57; Vr. 3: 65; Vr. 2: ??

3 ENKELE VERTREKPUNTE Brood v/d lewe is liefde; sout v/d lewe is werk; water v/d lewe is hoop, MAAR die soet v lewe is LETTERKUNDE. As letterkundeonderrig soos kleintoontjiestamp voel, gaan gesindheid, belangstelling, entoesiasme en samewerking verlore. ‘n BLIKSKOTTEL!!- (wow!!-)benadering in onderrig verseker ‘n positiewe ingesteldheid jeens letterkunde. Leerders behoort “oorreed” te word om OOP te maak vir die letterkunde: oop kop, oë, arms en hart. Vermy verstarde, geykte, voorspelbare metodes in onderrigpraktyk; vernuwe onderrigbenaderings voortdurend. Voortdurende uitbreiding van leeservaring m.b.t. tot ‘n verskeidenheid genres en tekssoorte verbeter onderwysers se insig en metodiek. Moenie net KEN (teorie) onderrig nie, maar ook KAN (toepassing), met maksimum KREATIEWE aktiwiteit deur leerders. (Onderwysers moet minder “voer”, met leerders wat meer selfleer, ontdek en teorie by VERSTAAN uitbring.)

4 HOE LYK DIE IDEALE LETTERKUNDEONDERWYSER?
Ken die KABV; raadpleeg dit ELKE DAG en onderrig die kurrikuluminhoude daarin vervat. Studiegidse is bloot gidse; gebruik hulle BAIE krities en moenie hulle interpretasiefoute slaafs aanvaar en navolg nie. Selfs huistaalleerders het deesdae GEREELDE WOORDE-SKATUITBREIDINGSoefeninge nodig (vakterme ingesluit). Integreer ONDERRIG & ASSESSERING op ‘n daaglikse grondslag – ploeg assesseringsuitkomste terug in die onderrigsituasies op ‘n SINVOLLE wyse. Volg nasionale assesseringsbeginsels – beskikbaar van provinsiale interne moderatore en hoofeksaminatore 40: 40: 20 kognitiewevlakverdeling – dis nie dieselfde as MOEILIKHEIDSGRAAD nie. Vlak 1 kan maklik, gemiddeld en moeilik wees. Dieselfde met die ander kognitiewe vlakke.

5 Antwoorde met 2 KANTE vir 1 PUNT
Die beginsel is: 1 punt per 1 feit (kan nie 1 punt toeken vir 2/3 feite nie, ook nie 3 punte vir 1 feit nie) MAAR: ‘n VERSKIL het 2 kante om ‘n verskil aan te dui (1 kant is nie ‘n verskil nie – ‘n verskil het 2 kante om ‘n verskil te wees en is daarom net 1 punt werd) Dieselfde met: TEENSTELLING, IRONIE, KONFLIK: INNERLIK (botsende emosies - hartseer/woede is nie innerlike konflik nie); UITERLIK (2 botsende kante is nodig vir konflik), sarkasme en OOREENKOMS (albei …) As ‘n AANHALING gevra word, moet PRESIESE woorde gegee word – geen woord mag bygevoeg of weggelaat word nie. (Onderskei tussen 3 opeenvolgende woorde en net “3 woorde”.) GENERIESE antwoorde moet binne verband van teks gegee word, bv.: bloot “vir beklemtoning” is onaanvaarbaar – WAT word beklemtoon?

6 AARD VAN VRAE Begin met maklike vlakeenvraag by gedigte en konstekstuele vrae; volg op met maklike, gemiddelde en moeilike hoërordevrae. Waak teen vooropgestelde antwoorde op lompgeformuleerde vrae wat oop is vir ander interpretasies. Oorweeg alle moontlike (redelike) antwoorde. Vra vrae oor verbande (tussen sinne/paragrawe/sienings/ menings, ens.) – MAAR ONDERRIG DIT EERS BEHOORLIK Veelkeusevrae: alle antw. moet oorweeg kan word: Greg is a) die hoofseun b) in graad 12 c) ‘n rugbyspeler d) ‘n ander skool se opsigter – laaste antwoord is onsinnig en kan duidelik nie oorweeg word nie; kan nie 1 antwoord in ontken-nende vorm en 3 positief nie; kan nie 1 teenwoordige tyd en 3 verlede tyd nie; kan nie 1 lydende vorm en 3 bedrywende vorm nie; kan nie 3 lang antwoorde en 1 eenwoordantwoord nie – al 4 antwoorde moet gelykwaardig wees in konstruksie en formulering, en moet oorweeg kan word.

7 Uiteindelik is LETTERKUNDE die SOET van die lewe!
Duidelike formulering: Waar? Hoe? Wanneer? kan dikwels verskillende soorte antwoorde ontlok, afhangende van die verband, bv. in die vraag “Waar sal hulle jou begrawe?” in die volgende reëls: Vandag sal hulle jou weglê in die aarde, die groen heuwelland van die Noord-Vrystaat … Verskillende antwoorde is moontlik: In die aarde/grond/groen heuwel-land/Noord-Vrystaat/Vrystaat/graf/begraafplaas. Watter een is reg? (Tog nie almal nie!?) By KONTEKSTUELE vrae is die leesstuk/uittreksel ‘n VERTREKPUNT vir vrae oor STRUKTUUR van die HELE drama/prosawerk. Dis nie ‘n begripsleesvraag soos by TEKS A in Afdeling A van Vraestel 1 nie. Die kontekstuele vrae wil kennis en begrip van die letterkundewerk in die geheel toets, nie bloot die inhoud van die leesstuk/uittreksel nie. OOP VRAE word gekenmerk deur die woorde “dink jy”. Daar is ‘n verskil tussen NOEM/BESPREEK/VERDUIDELIK/BESKRYF Verstaan en waardeer (letterkundekennis & -vaardighede) lê aan die wortel van alle lewensterreine en uitdagings. Uiteindelik is LETTERKUNDE die SOET van die lewe!

8 If reading becomes a bore, mental death is on the way
If reading becomes a bore, mental death is on the way. Children taught to read by tedious mechanical means, rapidly learn to skim over the dull text without bothering to delve into its implications … - Joan Aiken)


Download ppt "Probleemaspekte by die onderrig VAN LETTERKUNDE"

Similar presentations


Ads by Google