Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byEmiel Bosman Modified over 5 years ago
2
boekmerk Marlise Joubert
3
boekmerk Marlise Joubert
1. kinders 2. met wange soos mossies 3. wat teen elke oggend stoei 4. hande altyd woerende vlerke 5. elke lyfie ʼn seilende gesang – vlak bo die waterspieël van ʼn klipvloergang 8. vlytig stort die druppels klank 9. oor haar uit totdat sy verbaas 10. die reuk van bittersoet jasmyn 11. uit haar skooljare proe 12. waar sy ook kon mor 13. en protesteer:
4
14. waarom is alles altyd ver
15. waarom is altyd hier 16. waarom moet ek leer 17. van optel aftrek deel 18. van dooie digters 19. uit die toentertyd 20. en watter land sit waar 21. en waarom draai die son 22. toe maak sy die dag weer oor – 23. met elke skoolklok werk sy 24. namens mossiekind: 25. kom ons pars die wind 26. met wange soos soldaatjies 27. totdat elkeen net die geur 28. van jasmyn kan boekmerk 29. teen die onheil van ons 30. ellelange reis
5
bookmark Marlise Joubert 1 children 2 with cheeks like sparrows
1 children 2 with cheeks like sparrows 3 that wrestle with every morning 4 hands always whirling wings 5 each little body a soaring hymn – 6 just above the water mirror 7 of a stone floor passage 8 diligently the drops of sound shower 9 over her until with surprise she tastes 10 the smell of bitter sweet jasmine 11 from her school years 12 where she also could grumble 13 and protest:
6
why is everything always far away why is everything always here why must I learn about adding subtracting division about dead poets from the olden days and which country is where and why the sun rotates 22 then she recreated the day – 23 she worked with every school bell 24 for the sparrow child: come let’s press the wind with cheeks like soldiers until each one only the scent of jasmine can bookmark against the misfortune of our very long journey
7
Vrye vers - aandagstrepe beklemtoon dit wat volg
Tema: invloed van ‘n onderwyser op leerders Stemming: positief en liefdevol intertekstualiteit: Matteus 10:29. Mossies is beskou as onbelangrik - tog vir God belangrik - kinders ook belangrik. Innerlike bou: progressie Sy is ‘n toeskouer Sy dink aan haar eie lewe as leerder Sy gebruik dié herinneringe om haar klas te verbeter. Haar taak is om hulle vir die lewe voor te berei. mossies (sparrows): klein vaal voëltjies met klein, ronde wit of swart gesiggies. mossie maar man – ’n persoon wat klein van postuur is, maar hom onderskei deur sy dapperheid, intelligensie wn vasberadenheid. Mossies in die Bybel: Lukas 12:6-7: (6) “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. (7) Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
8
tipografie en alleenplasing van “kinders” hef boodskap van die gedig uit.
kinders word deur ‘n toeskouer beskryf Klein voëltjies Swart of wit wange Bedek met sagte vere 1. kinders 2. met wange soos mossies 3. wat teen elke oggend stoei 4. hande altyd woerende vlerke 5. elke lyfie ʼn seilende gesang – vlak bo die waterspieël van ʼn klipvloergang w soos vergelyking w kinders sien nie uit na die dag nie w metafoor: leerders se hande word met mossies se vlerke vergelyk klanknabootsing (woerende): klank van mossies se vlerke versterk die metafoor w Inkeping dank- of pryslied onderwyser sien elke kind as pryslied wat oor skool se blink vloere beweeg soos mossies oor blink water Herhaling van die w klanke gee ritme en dra by tot die atmosfeer metafoor en personifikasie Gesang kan geestelike liedjie wees Die kind se lyf is dus kosbaar
9
Personifikasie: Die druppels maak geluide deur die klank uit te stort
Klank word oor die onderwyseres uitgestort. Sy word nou deel van die kinders se lewe en onthou haar eie skooljare en hoe sy daaroor gekla het. 8. vlytig stort die druppels klank 9. oor haar uit totdat sy verbaas 10. die reuk van bittersoet jasmyn 11. uit haar skooljare proe 12. waar sy ook kon mor 13. en protesteer: oksimoron: teenoorgesteldes in een woord sinistesie: jy kan die reuk proe o-assonansie verduideliking volg van dit waaroor sy kla
10
14. waarom is alles altyd ver
Personifikasie: Die druppels maak geluide deur die klank uit te stort Die herhaling van “waarom” beklemtoon die kinders se vrae waarom is alles altyd ver 15. waarom is altyd hier 16. waarom moet ek leer 17. van optel aftrek deel 18. van dooie digters 19. uit die toentertyd 20. en watter land sit waar 21. en waarom draai die son d-alliterasie Die onderwyser onthou haar eie skooldae en plaas haarself in die kinders se skoene. Universeel: hierdie strofe beskryf die klagtes van alle skoolkinders oor die wêreld heen.
11
Die “ons” wys dat die onderwyseres haarself as een van die kinders sien
22. toe maak sy die dag weer oor – met elke skoolklok werk sy 24. namens mossiekind kom ons pars die wind met wange soos soldaatjies pars (press): om gewig op iets te sit sodat dit plat is en droog word (mens kan druiwe, blomme en klere pars) Net soos wanneer blomblaartjies gepars word, druk die wind die mossies se wange plat Progressie: hulle het nou nie meer wange soos mossies nie, maar soos soldaatjies Vergelyking: hulle word paraat (prepared) gemaak vir die lewe sodat hulle die gevegte van die lewe suksesvol kan veg
12
sy wil elke dag boekmerk sodat leerders na elke dag kan terugblaai en na die dae kyk as dae van vrede en geluk todat elkeen net die geur van jasmyn kan boekmerk teen die onheil van ons ellelange reis die kinders sal aan hierdie tye kan terugdink as lekker tye ‘onheil’ sê vir ons dat die reis nie altyd lekker sal wees nie die spreker verwys na die uiteinde van haar veranderde houding die kinders sal weerbaar (prepared) teen die eise van die lewe raak. verwys na lewensreis/skoolloopbaan dit staan alleen want dit beklemtoon die idee
13
vrae & antwoorde
14
Die uitleg of tipografie van hierdie gedig lyk anders as ander gedigte
Die uitleg of tipografie van hierdie gedig lyk anders as ander gedigte. Waarom kan dit as funksioneel beskou word? Hierdie gedig gaan oor skoolkinders wat die skoollewe bevraagteken en wat vry wil wees. Hulle speel en beweeg en sit moeilik stil. Die enjambement, korter versreëls en min punktuasie ondersteun hierdie onskuldige, besige en eenvoudige karakter van ‘n kind. 1
15
2 Waarom dink jy, bestaan die eerste versreel net uit een woord?
Hierdie gedig word vir kinders geskryf. 2
16
Dui die klanknabootsing in strofe 1 aan.
“woerende” 3
17
Kies die korrekte antwoord. Die leerders stoei teen elke oggend, want …
4.2 hulle sukkel om gereed te maak vir die skooldag. 4
18
5 Verduidelik die betekenis van waterspieël/ van ‘n klipvloergang.
Die gange in sommige skole is glad en blink soos waterspieël. 5
19
6 Waarna verwys “druppels klank” in strofe 2?
Die tipiese klanke in ‘n skool: skoolklokke, kinders wat praat en stap in skoolgange ensovoorts. 6
20
Wie is die “haar” in strofe 2?
Die onderwyseres 7
21
8 Kies die korrekte antwoord:
“die reuk van bittersoet jasmyn” is ‘n voorbeeld van 8.3 paradoks 8
22
Hoe weet die leser dat die onderwyseres goeie en slegte tye op skool gehad het?
bittersoet dui op bitter(slegte) tye en soet(goeie) tye 9
23
Watter afleiding kan jy maak oor die onderwyseres se gevoel oor haar werk?
Sy gee om vir die leerders. Sy verstaan hulle en sy wil hulle mooi opvoed. Die kinders is kosbaar vir haar. 10
24
11.1 Haal die versreël aan waar boekmerk as ‘n werkwoord gebruik word.
”van jasmyn kan boekmerk” 11.1
25
11.2 Wat is die funksie hiervan?
Skooljare word onthou / daar word teruggedink aan die skooljare, want dit word geboekmerk. 11.2
26
12 Wat word bedoel met ‘n ellelange reis?
As jy op skool is, voel dit dat daar ‘n ellelange lewensreis voorlê met baie besluite wat geneem moet word. Die lewensreis voel lank, veral as jy die skoollewe nie geniet nie. 12
27
Hoe weet die leser dat die kinders in hierdie gedig waarskynlik laerskoolleerders is?
Woerende vlerke dui daarop dat hulle beweeg en moeilik stil sit Daar word baie van verkleinwoorde gebruik gemaak. Die kinders word met klein voëltjies vergelyk. 13
28
Pas die kolomme. Skryf die antwoord in die middelste kolom.
14.4 B 14.5 C 14
29
Noem die vakke waaroor die leerders kla en waarna daar verwys word in hierdie gedig.
Tale (poësie), wiskunde, geografie 15.1
30
Baie leerders bevraagteken die inhoud van hulle skoolvakke
Baie leerders bevraagteken die inhoud van hulle skoolvakke. Het jy al die inhoud van jou skoolvakke bevraagteken en watter vrae het jy al gevra? Eie aanvaarbare antwoord. 15.2
31
16 Verduidelik die betekenis van die vergelyking in reël 26.
Die wange soos soldaatjies verwys na kinders wat voorberei word op die lewe. Hulle sal nou paraat wees. 16
32
17 Onderstreep en benoem die halfrym in versreël 12.
“waar sy ook kon mor” assonansie 17
33
18 Wat dink jy, is die boodskap van hierdie gedig?
Onderwysers het ʼn groot invloed op leerders se ervarings op skool. 18
34
19 Waarom word sekere frases, elemente en woorde in die gedig herhaal?
Dit bind die gedig tot ʼn eenheid, bv. wange soos mossies en wange soos soldaatjies. Die herhaling van waarom, herinner ons aan die hoeveelheid vrae wat kinders vra. 19
35
20 Haal een voorbeeld van personifikasie uit die gedig aan.
“vlytig stort die druppels klank/ oor haar uit” “elke lyfie ʼn seilende gesang” 20
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.